SAL: Ons kan nie 8%-verhoging bekostig

SAL-werkers staak vir groter salarisse (Foto: AP /Themba Hadebe)

Die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) het Dinsdag volstaan met sy aanbod van ʼn 5,9%-salarisverhoging aan stakende werkers. Tydens vergaderings met vakbonde en Pravin Gordhan, minister van openbare werke, het die lugdiens volgehou hy kan slegs ʼn salarisverhoging van 5,9% vanaf Maart 2020 bekostig – en dít net indien daar volgende jaar geld beskikbaar is. Vakbonde eis ʼn 8%-salarisverhoging.

SAL het honderde vlugte gekanselleer sedert die staking Vrydag begin het. Die staking kos die lugdiens sowat R50 miljoen ʼn dag. Die staatsinstelling het in 2011 laas ʼn wins getoon. Alle internasionale vlugte en vlugte na Accra, Lagos, Lusaka, Maputo, Windhoek en Harare in Afrika gaan wel normaalweg voort.

Die lugdiens probeer passasiers op sy plaaslike vlugte deur Mango-vlugte akkommodeer en beplan om teen Donderdag enkele plaaslike vlugte te hervat – een tussen Kaapstad en Johannesburg en een tussen Johannesburg en Durban.

Die lugdiens het Dinsdag ook ʼn beroep op stakende werkers gedoen om terug te keer werk toe. “Ons vra ons werknemers om te verstaan dat die lugdiens nie ʼn verhoging in salarisse kan bekostig nie. Dit is net deur hulle vertroue dat ons die toekoms van die lugredery en ons waardevolle bydrae tot die land se ekonomie kan verseker,” het SAL se uitvoerende hoof, Zuks Ramasia, gesê.

Hy het ook werkers wat nié staak nie bedank dat hulle verstaan dat ʼn salarisverhoging van 8% buite die kwessie is “weens die finansiële probleme wat SAL ervaar”. Die vakbond Solidariteit het Maandag aangekondig dat sy lede nie aan die staking gaan deelneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

Sobymykoolkop ·

Netnou ń praatjie op rsg geluister dat ń vakbond verteenwoordiger gesê het dat senior amptenare van SAL meer as 100% persent verhoging gekry het. My simpatie was min met die stakers maar nou ondersteun en verstaan ek beter.

SeMaarNet ·

Twyfel of dit die waarheid is… behalwe as die persoon in ‘n nuwe posisie ingeskuif het…. In privaatindustrie is jy gelukkig as jy 5% verhoging kry… tyd dat mense in staatsinstansies leer as daar nie wins is nie, is daar nie geld vir verhogings nie… en nog minder vir bonusse… en dit geld deur die bank vir almal….

My Opinie ·

Ek hoop van harte nie dis die geval nie.
Dit sal bloot skandelik wees.

Nee Wat. ·

RSG???????????????. Luister liewers na Pretoria FM wat nie nonsens uitsaai nie.

Griet ·

Vakbondverteenwoordigers sal enige stories vertel om hulle eise te regverdig, dit is nie noodwendig die volle waarheid nie. Vir hulle is ENIGE waarheid relatief tot hulle universe…..

Chris Ws ·

Ek glo ook dat daar gekyk moet word na SAL se Raad en senior bestuur se salarisse om seker te maak hulle is nie deel van die oorsaak van die SAL se finansiele treurmare nie.Maar stakende werkers moet ‘n ultimatum kry om of terug te keer werk toe of hul diens te laat beeindig.

Shawn ·

Hulle moet SAL mmar net toemaak. Dan kan die mense maar by die huis bly v paar jaar.

John ·

Nou glo jy dit sommer… soos hul bewerings dat onopgeleide vlieèniers… seker ook geblinddoek en dalk sonder arms en tonge… die vliegtuie beman. Die unies moet hul sin kry… nee sommer veel meer… Gratis vlugte vir alle uniebase en hul uitgebreide gesinne en who ever, en gratis behuising waar hulle verkies en vir alle unielede 200% verhoging en die aanstel van nog 200 000 personeel. En boems! weg is die SAL… Vinnige oplossing…

My Opinie ·

Volgens my wiskunde is dit beter vir n lugdiens wat teen n verlies werk, om gesluit te wees.
Die staking maak dus, volgens my, dat daar huidiglik n kleiner verlies is as wanneer die lugdiens voluit aan die gang is. Geen geld is meer as n minusbedrag…
Die stakers spaar dus vir hul werkgewer geld in die vorm van n kleiner verlies.
Doen so voort.

Dis belaglik om soveel van n werkgewer te eis dat die werknemer die skip waarop hy self vaar, sink.

SjN ·

5.9 persent is nog steeds te veel vir enige besigheid wat op verlies werk, gulde geleentheid om te sluit.

waskom ·

Gaan leer selfdisdispline by die lede wat nie staak nie, omdat hulle nie kortsigtig is nie. Julle wat staak slag die gans wat goue eiers le. Maak julle oe oop. Simpel vraag Waar is die geld? Julle behoort te weet

Sakkie ·

Kyk hoe spekvet is van die stakers. Dit is n teken van te veel geld en te min werk.

Willie ·

Die grootste probleem lê by die stakendes, want hulle kan nie somme maak nie! Al kry hulle aan die einde van hulle staking die verhoging waarvoor hulle gestaak het sal dit nooit opmaak waarvoor hulle gestaak het nie! Vakbonde regeer en is SA se ondergang weens selfsug en onkunde!

Johan Maritz ·

Julle bluf julself as julle dink die SAL gaan gesluit word ontplooide kaders verdien te groot salarisse daar . Jan-publiek gaan die staats instelling bly subsideer. Onthou net een ding hulle is beloof as die land oorgeneem(weggegee) word sal hulle almal ryk wees want ATM gee mos geld mahala. Geld kan ook net weer geprint word.

Boertjie ·

Kan iemand ons inlig hoeveel belasting geld word ingesamel en die presentasie van die bevolking wat belasting betaal.

Martin ·

As my inligting korrek is, is daar netso oor die 20 miljoen belasting betalers uit n bevolking van +\ – 58 miljoen.

Jaco ·

Laas jaar was dit 4 miljoen belasting betalers uit n bevolking van amper 60 miljoen

Leza Hyman ·

Ek verstaan nie hoe die mense se koppe werk nie .. daar is nie geld nie … maar staak sal hulle staak vir meer geld. Wat die geld waar vandaan moet kom … hulle werk mos nie hoe moet die SAL geldmaak. Jy het ‘n werk, doen jou werk en wees dankbaar … ander het nie werk nie

Trol ·

Deel bedankings vorms unit. As hulle salarisse en verhogings hulle nie geval nie staan dit hulle vry on elders te gaan werk.

Riana ·

Wel either vat 5.9% of shut it down en al 5000+ werkers sit sonder inkomste… seeiously die staats departemente en unions moet wakker skrik… in privaat sector het ek in afgelope 4 jaar slegs tussen 3.5 en 6 % verhoging gekry. My werk load het verdriedubble maar sorry 4 u as jy nie happy is nie…. daar is die deur…. wake up msn sê dankie jy het ‘n job wat jou ‘n increase kan gee……

Nee Wat. ·

RSG???????????????. Luister liewers na Pretoria FM wat nie nonsens uitsaai nie.

HPV ·

Elke sent verhoging kom uit belastingbetalers se sakke, die bankrot spulletjie kon al vir jare nie eers een sent wins toon nie. Waarom moet ander besighede die plek aan die gang hou, as belastingbetalere teken ek beswaar aan om vir die ANC se “suksesverhale” te betaal. Die land kan eenvoudig die ANC, SAL,SABC, ESKOM, ens net nie meer bekostig nie. Ook nie die pratende niksdoenende DA nie.

HHeksie ·

dank amal af wat ontdankbaar is. daars baie mense met ondervinding wat smag na n werkie wat tevrede sal wees om net n salaris te kan verdien. om kos op die tafel te sit vir die kinders. die klomp wil net spring en dans en raas ontdankbaar dit is wat hulle is. die land het nie meer geld nie ons moet tevrede wees met wat ons kry.

Manna ·

Belasting betalers het ook nie meer geld om die wit olifant te subsideer nie. So maak die SAL toe.

Jaco ·

Daardie foto op berig se alles wat verkeerd is met SAL en ander Stasts instansies. Vol vlugte beteken nie wins nie. As bedryfs koste hoer is as inkomste kan jy maar n roofrack opsit vir meer mense en bagasie jy gaan nog steeds nie geld maak. Sny die bedryfskoste. Net SAL en BA gee nog kos op vlugte. BA kan dit bekostig SAL nie begin daar

J J Schoeman ·

Skenk die hele SAL aan die vakbonde, gee dit gratis vir hulle weg. Dan kan hulle vir die wêrels wys hoe word ‘n lugredery suksesvol bedryf……

Wonder ·

Ek hoop mnr Blah Blah Gordhan en sy kollega mnr Etol Mboweni gaan hierdie volgende jaar vir die staatsdiens ook sê. Die staatsdiens is hopeloos oorbetaal en kry elke jaar hopeloos te veel verhoging. En wl wat ons kry daarvoor is patetiese diens oor die algemeen. Soos ek dit sien, as die SAL in elk geval reuse verliese ly, verloor hulle nie solank die staking voortduur nie, hulle spaar geld. Al wat hulle verloor is salarisse maar spaar omdat hulle in elke geval teen ‘n verlies opereer. Hoe langer die stalking duur hoe beter gaan hulle finansiele state lyk oor ‘n jaar

Heksie ·

Maak die deure toe!
Bankrot besighede word gelikwideer!
Hierdie is net nog ‘n SOE met ‘n bodemlose put!

Waar kom die verlies vandaan? ·

Indien dit so is dat hulle R50m verlies per dag maak, beteken dit mos wanneer die werkers nie staak nie, hulle R50m wins per dag moet maak…… Waarom kon hulle dan sedert 2011 nog nooit ‘n wins wys nie, of verstaan ek die somme nie mooi nie?

Jan ·

R50 miloen n dag dis ongeveer duisend vyf honderd miljoen n maand R1.5 miljard…….hoe kan hulle met so inkomste miljarde in die rooi wees……of lieg iemand dalj verskriklik

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.