‘Samwu moet vir vullisverwydering betaal’

Busdienste en vullisverwydering is onder die dienste wat ontwrig is. (Foto: @smith_tshepi/Twitter)

Die Tshwane-metro gaan tans steeds gebuk onder swak dienslewering weens die onwettige staking wat reeds einde Julie begin het.

Die burgerregteorganisasie, AfriForum, sê die Tshwane-metro moet die geld wat hulle tydens die onwettige staking verloor van die vakbond vir munisipale werkers, Samwu, eis en nie rekeninge vir vullisverwydering aan inwoners stuur vir dienste wat nie gelewer word nie.

Petrus Coetzee, AfriForum se raadgewer vir plaaslikeregeringsake, sê byna geen vullisverwyderingsdienste word die afgelope twee maande in die Pretoria-omgewing deur die metro gelewer nie.

“Tog word daar steeds van inwoners verwag om hiervoor te betaal. Ons verstaan dat Tshwane hierdie inkomste broodnodig het, maar dit is onbillik om te verwag dat inwoners vir ’n diens moet betaal wat hulle nie ontvang nie.

“Die metro moet Samwu eerder aanspreeklik hou vir die verlies aan inkomste in plaas daarvan dat rekeninge aan die inwoners gestuur word.”

Coetzee meen indien die polisie hierdie onwettige staking nie proaktief takel nie, kan dit moontlik ’n presedent skep wat tot soortgelyke ontwrigtings in ander munisipaliteite kan lei.

“Sulke wetteloosheid bedreig nie net die oppergesag van die reg nie, maar swig ook voor ’n skelm styl van protes wat onversoenbaar is met ons grondwetlike demokrasie. AfriForum sal regstappe oorweeg indien die polisie nie toetree om die situasie in Pretoria te beredder nie.”

Coetzee sê AfriForum is ook in staat om dienste te lewer waar dit nie tans vir die metro moontlik is nie en wil graag hierdie opsie aan hulle bied.

“Ons sal voortgaan om – waar ons kan – oplossings vir die krisis te bied.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Anel ·

Soos wat Afriforun Wierdaweg help reg maak het. Soos hulle slaggate in ons buurtes regmaak, soos wat hulle parke se gras sny en nog baie meer. Soos wat hulle ‘n herwinnigs projek begin het en help om die asblikgrawers uit ons asblikke te hou. Met die herwinning kan ons meer as ‘n maand gaan sinder dat dit nodig is om ins drom leeg te maak. So dankie, Afriforum en eis die geld van SAMWU!!!!

Gertdup ·

SAMU moet verseker verantwoordelik gehou word vir die rek aangaande vullisverwydering asook skade tov die voertuie wat aan die brand gesteek is.Ons is behoorlik keelvol vir al die stakings.!!!

Pierre ·

Kan ons ook ons geld terugkry wat ons sover elke maand betaal vir vullisverwydering, aangesien ons nou privaat mense betaal om dit te doen?

Dirk ·

Ek stem. Dit is die grootste frustrasie om te weet ‘n mens betaal dubbel

Kobus ·

Ai ai ai, dis nou een ding wat ons van ons mede landsburgers kan leer en dit is om saam te staan. Regeer die ANC en dienslewering is swak, dan eis niemand geld terug nie. Mnt Brink doen sy bes en het / kry geen hulp van SAPD nie en nou kla almal. Wat wil julle nou einlik hê? Magties, byt tog net vas, die klomp kriminele moet op ‘n stadium vasgevat word. Word die belastings verhoog om hulle te betaal gaan julle ook kla.

Johan ·

Eks so moeg vir dit. Riool oral, Jean ln, Amkor en Rivier straat is n riool fontein.

annie ·

Die ANC wil die inwoners ongelukkig hou en opstandig om die Afrkaanse DA-burgemeester se lewe ondraaglik te maak. Dit sal nie ophou nie. Suid-Afrika is ‘n varkhok en bankkrot en Afrika is gewoond daaraan. G’n geld vir ontwikkeling en vooruitgang word geduld nie. Selfverryking en misdaad is bobaas aktiwiteite. Die besluite in 1989-1994 was duidelik gebou op verkeerde aannames.

Frank ·

Dalk jou aannames ook verder terugvan na Jan van Riebeeck, of wat van Noag? Terloops, laat ons bietjie hoor wat jou aannames is vir 2053

houopkruip ·

Jy weet nie waarvan jy praat nie.
Onder watter klip ……. ?
Standerd 3 ……. ?

Blikkies ·

A Samwu en hulle maaitjies die gemors nie moet skoonmaak nie, sal hulle nie. Hulle worry nie, hulle sal soos varke in hulle eie gemors ploeter, dit is mos wat hulle wil hê. Nie saak met die res van die opgevoede burgers nie.

Elize ·

Ek het wit bure en hulle is net so morsig. Lyk soos die asgate hier by hulle en praat help niks. Die skouers word net opgetrek en gooi die gemors langs die asblik neer.

Cassie Carstens ·

Kyk ek weet Afriforum lewer goeie dienste in die gemeenskap, maar om van SAMWU te verwag om die rekenings te betaal soos voorgestel, is ‘n baie swak idee. Hoe gaan jy geld uit SAMWU kry? Hulle se klaar dis nie hulle lede wat staak en die probleme veroorsaak nie, so watter verweer het jy teen die massas in ‘n hof?

Franz ·

Laat die stakers vervang wird met mense wat werk soek.Wit en swart aanstellings.

Elize ·

Morsig ken nie kleur nie hoor. Van ons eie mense is morsig soos varke en volgens hulle is daar niks mee verkeerd nie. Het sulke bure

Tsek! ·

Laat die EFF betaal…hulle het moes genoeg geld a,g,v economic freedom.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.