SA’ner glo onder Hamas-gyselaars

Die Jerusalem-munisipaliteit het ‘n installasie wat uit 224 ligpilare bestaan buite Teddy-stadion opgerig vir die gyselaars wat tydens die 7 Oktober-aanval deur Palestynse militante ontvoer is en tans in die Gazastrook aangehou word. (Foto: AHMAD GHARABLI/AFP)

Daar word berig dat minstens een Suid-Afrikaner deur Hamas in Israel ontvoer is en in Gaza as gyselaar gehou word.

BBC het berig die Israeliese regering het gesê ʼn Suid-Afrikaner is onder die 224 gyselaars wat deur Hamas aangehou word. Volgens ander berigte word twee Suid-Afrikaners moontlik gyselaar gehou. Die Suid-Afrikaanse regering het egter nog geen bevestiging hiervan gegee nie. Daar is wel vroeër bevestig dat twee Suid-Afrikaners in die geweld dood is.

Gevegte in die oorloggeteisterde Gazastrook het intussen vir ’n 20ste dag gewoed na Hamas-militante se verrassingsaanval op Israel, wat volgens Israeliese amptenare tot die dood van minstens 1 400 mense, meestal burgerlikes, gelei het.

Volgens Gaza se ministerie van gesondheid, wat deur Hamas bestuur word, is meer as 7 000 Palestyne dood in Israel se teenaanvalle.

EU-leiers het Donderdag gevra vir onderbrekings ten einde humanitêre hulp in Gaza te kry, terwyl die Verenigde Nasies (VN) ʼn skietstilstand versoek het.

Die Europese blok van 27 nasies is lank reeds verdeel tussen meer pro-Palestynse lede soos Ierland en Spanje, en getroue ondersteuners van Israel, onder meer Duitsland en Oostenryk.

Die blok het gevra dat daar binnekort ’n internasionale vredeskonferensie gehou moet word om te bespreek hoe om ’n blywende twee-staat-oplossing te vind.

Die VN het gewaarsku dat dit “nêrens veilig is nie” in Gaza, aangesien Israel sy bombardemente verskerp het ter voorbereiding van ’n wydverwagte grondoffensief.

Die Palestynse owerheid se minister van buitelandse sake, Riyad al-Maliki, het Israel se Gaza-offensief as ’n “wraakoorlog” veroordeel, ’n dag nadat hy met lede van die Internasionale Strafhof in Den Haag vergader het.

Intussen het Amerikaanse wetgewers ’n resolusie aanvaar wat solidariteit met Israel uitspreek in sy oorlog met Hamas.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Raadsman ·

Geen kommentaar van ANC Regering nie. Hoe dan anders as hulle ‘n kommunistiese organisasie soos Hamas ondersteun. Hulle naratief is belangriker as om ‘n suida-frikaner te probeer bevry.

George ·

Volgens die ANC kan dit nie ontvoering wees as jy hulle ondersteun nie.

annie ·

‘n Oorlog word meestal tussen twee groepebgevoer oor ‘n erge kwessie. Die onderskeie kante kan aangevul word met ondersteuners. Andersins noem mens dit nie ‘n oorlog nie. Hamas wil voorgee dat Israel sommer so uit die bloute woedend is… ? Wat sou ‘n tweestaat oplossing wees? Die kongres sal net so lank duur soos die oorlog wat beteken dit sal ‘n permante instelling word. Kan Pandor en Malema solank opgekommandeer word. Asb!

Willem ·

Ons kan mos ook ons troepe na Gaza toe stuur om die terroriste te help oorlog maak teen die res van die beskaafde wereld. Ons moet net n vliegtuig iewers leen – dalk by Zimbabwe.

Vriendelike Frikkie ·

Gaan nie help nie. Ons het die laaste bietjie wapens wat gewerk het op Lady R vir Rusland gegee.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.