SA’ner sterf in heli-ongeluk in DRK

Hein Heath (Foto: Facebook)

ʼn Suid-Afrikaner en nog twee mense is dood nadat ʼn helikopter vroeër die week in die Demokratiese Republiek die Kongo neergestort het.

Die helikopter het Maandag, etlike minute nadat dit in gure weer by ’n myn by Kambove in die Haut-Katanga-provinsie opgestyg het, in ’n ravyn neergestort.

ʼn Franse vlieënier, die Suid-Afrikaner en ’n Poolse burger is in die ongeluk dood. Die helikopter, wat deur ’n kobalt-en-koperfirma genaamd Boss Mining besit word, was onderweg na Kolwezi in die naburige Lualaba-provinsie.

Die Suid-Afrikaner is intussen as die 34-jarige Hein Heath geïdentifiseer, ʼn oudleerling van die Hoërskool Brandwag in Kariega.

Heath was ten tyde van sy dood aan die G4S-veiligheidsmaatskappy verbonde nadat hy vroeër in die Franse Vreemdelegioen gedien het.

“Ons het geen antwoorde, moet asb nie vrae vra nie [sic],” het Susan Heath, Hein se ma, in ʼn Facebook-inskrywing gesê met ʼn foto van haar seun. “Rus sag my liefste jongseun. So trots op jou.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Harley Davidson ·

Baie hartseer dat soveel wit mense in ander lande moet werk agv die diskriminasie teen wit minderhede in Suid-Afrika, sterkte aan die naasbestaandes.

Skappie ·

Sterkte aan sy gesin en almal wat hom geken het. Mag onse Liewe Heer julle deur hierdie moeilike tyd wat nou voorle, dra.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.