‘SA’ners al hongerder terwyl ANC-ministers in weelde leef’

Pres. Cyril Ramaphosa (Foto: GCIS)

Terwyl Suid-Afrika die einde van sy sesde parlement nader, weet landsburgers steeds nie hoeveel van hul ministers ANC-skelms is nie.

“Dit is nou byna ses jaar sedert pres. Cyril Ramaphosa belowe het om leefstyl-oudits op lede van die nasionale uitvoerende raad uit te voer, maar hierdie proses is nog steeds skokkend onvolledig en onoortuigend,” sê John Steenhuisen, leier van die DA.

“Dié onthulling deur Ramaphosa in reaksie op my parlementêre vraag vandag, is selfs meer verdoemend as die talle onthullings in die media en ondersoeke wat bewys het dat sy eie adjunkpresident, Paul Mashatile, onder andere, ʼn lewe van weelde ver bo sy vermoë leef, wat befonds word deur diegene wat by staatskaping geïmpliseer word.”

Volgens Steenhuisen sal die DA aanhou om skriftelike vrae aan die president te rig en om die proses van leefstyloudits vir die uitvoerende bestuur te monitor.

“Suid-Afrikaners moet vir eens en vir altyd die omvang van ANC-korrupsie aan die hoof van ons regering kan sien. Ons verdien om te weet watter ministers korrup is en in die tronk hoort,” sê Steenhuisen.

Hy meen Ramaphosa se erkenning is ʼn bewys dat sy belofte om die korrupte ANC-regering op te ruim net leë woorde is, en dat “korrupsie en staatskaping nie opgehou het nie, maar onder Ramaphosa se ampstermyn bloot verleng is”.

“Ramaphosa is inderdaad niks beter as sy voorganger, Jacob Zuma nie.

“Die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, het binne ses maande nadat hy dieselfde belofte as Ramaphosa gemaak het, deeglike en omvattende leefstyloudits van alle lede van sy provinsiale uitvoerende gesag – wat ten alle tye deursigtig en toeganklik vir die publiek gemaak is – afgehandel,” sê Steenhuisen.

“Dit is eenvoudig onaanvaarbaar dat dieselfde proses deur ‘n ANC-president nie kan of wil herhaal word nie. Hoeveel ANC-geraamtes probeer president Ramaphosa nog wegsteek?”

Volgens Steenhuisen is dit ewe onaanvaarbaar dat Ramaphosa die vertraging in hierdie proses op ‘n verandering van diensverskaffers blameer.

“Suid-Afrikaners is moeg vir die verskonings wat gemaak word om wetteloosheid onder hierdie regering te laat regeer. Suid-Afrikaners is moeg daarvoor om armer, hongerder en meer desperaat te word terwyl ANC-ministers ‘n luukse lewe lei wat steeds onverhinderd bly.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

M ·

Ek begeer uit die diepte van my hart dat die stemvee van die duisende plattelandse gebied, woon areas, bewus gemaak kan word hiervan … dat beeldmateriaal aan hulle voorsien word ( op welke uitgebreide en omvangryke basis/grondslag ookal ) om aan “hulle” te wys waarvoor ” hulle” stem tydens verkiesings.

Republikein in die Wes Kaap ·

Die platteland staan bankvas agter die regime.

Sonblom ·

En dié wat so in weelde leef, gee nie om oor die res nie. Solank hulle net kan ry op hulle soustrein.

Hendrik ·

Ons pleit, dit is dringend noodsaaklik dat elke stemgeregdige blanke sal stem. Dit gaan oor jou en jou kinders se toekoms!!!!!

Danie ·

In ’92 is dan juis die kinders se toekoms op ‘n skinkbord weg gegee. Hoe wil mense nou skielik dit verander… Het hulle dan nie geluister nie…

Anon ·

Nou wie van ons het die land sommer net oorhandig? Het ek of vele ander daarvoor gestem? Maar hierdie ding word al van die 80s beplan en is veel groter as De Klerk. Kom nou.

Cherokee ·

So probeer julle verantwoordelikheid ontduik. Dit is iemand anders se skuld. De Klerk kon net een kruisie trek. Die HNP se voorspellings is minagtend weggelag.

Michael ·

Hendrik dit gaan geen verskil maak nie. Al stem elke blanke volwassene, kind en baba sal dit niks verander nie. Die ANC sal NOOIT die mag oorgee nie al wen wie ookal die verkiesings. In Afrika word regimeveranderings nooit by die stembus gemaak nie, so stem maar lustig voort

melaney ·

Steenhuizen vra die regte vrae. Ramaphosa steur hom glad nie daaraan nie. Dalk is dit tyd dat John meer tyd spandeer om sy ‘koalisie vennote’ beter te leer ken en die nodige voorbereiding doen vir die komende verkiesing. Tyd raak min.

Danie ·

Baie mense luister maar hoor nie. Gaan luister na Wynand du Toit op Youtube wat elke dag waarsku en maak jul oe oop want as julle nog nie die moeilikheid raak sien nie dan is julle blind.

Martie Smartie ·

Ramaphosa is die een wat Zuma se tweede-in-bevel was vir 8 jaar en hy wis glo NIKS van Guptas en staatskaping. Ramaphosa is die een wat geweet het daar word miljoene dollars op sy plaas aangebring en versteek, maar hy wis glo niks. Hy is die een wat weet leefstyl-oudits is ‘n onnodige doring in die vlees. Dis in elk geval maklik om bates te versteek onder familie se name en maatskappye van familie. So, ek weet nie waarvoor is hy bang nie. Grap van ‘n ANC sindikaat wat hulle self ‘n regering noem.

Manie ·

Ek lees elders dat die DA in Johannesburg saam met die ANC gestem het vir raadslede se salaris verhogings. Uiters laakbaar.

Michael ·

Dis mos hoe Afrika werk. Die leiers leef en weelde en die volk in uiterste armoede-ons is nou byna daar. Sal NOOIT verander nie

Theuns ·

Ramaposa is erger as Zuma en gladdemond wat mensecmezmeraais. Soort doek soort.
‘N leefstyl oudit op slak ramaposa en sy familir sal die verrotting uitwys.
Useless hot air blower.

Ronél ·

Die regering se volgeling wat in die botter geval het by Maatskappye regoor SA, gee niks vir hul medemens om nie.

Lourens ·

“weet landsburgers steeds nie hoeveel van hul ministers ANC-skelms is nie”
Ons weet. Die antwoord is “almal”, behalwe PAC-Pat. Sy is ‘n PAC-skelm.

JohanR ·

En daar het ons gedink die nuwe Moses het in 2019 gekom! Hy was al nutteloos vandat hy die beveel gegee het by Marikana om te skiet.

Nonnie ·

Maar kom die verkiesing volgende jaar dan stem die kastige ‘hongeriges’ weer vir die anc…of nog erger, die eff….

Onnie ·

Ramsposa is ‘n selfs slegter president as Zuma; en dit wil gedoen wees!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.