Sassa staak in drie provinsies

Argieffoto (Foto: ANA)

Werknemers by drie Sassa-kantore in Mpumalanga, Gauteng en die Noord-Kaap staak weens sistemiese kwessies wat nie aangeroer is nie.

“Dit vererger dienslewering selfs nog verder vir kwesbare Suid-Afrikaners, selfs al moet Sassa-begunstigdes reeds deurlopend bekommerd wees of hulle betyds betaling gaan kry en onmenslike omstandighede deurmaak wanneer hulle ʼn Sassa-kantoor vir bystand besoek,” sê Bridget Masango, die DA se skaduminister oor maatskaplike ontwikkeling.

Uit inligting wat die DA ontvang het, blyk dit dat personeel by die Sassa-streekskantoor in Nelspruit breekpunt bereik het met ʼn senior bestuurder en staak al byna ʼn maand lank. “Klagtes aan die uitvoerende hoof in dié verband is nie ondersoek nie. Daar is ook bewerings dat die betrokke senior bestuurder, in die departement van menslikekapitaalbestuur, moontlik die lewens van personeel en Sassa-begunstigdes in gevaar stel deur ʼn vuurwapen op die perseel te bring.”

Die Sassa-kantoor in die Noord-Kaap loop skynbaar deur onder ontstoke beamptes wat die perseel met ontlasting en vullis gevandaliseer het.

Nou staak die personeel by Sassa se kantoor in Soshanguve ook.

“Dit is hoog tyd dat die minister van maatskaplike ontwikkeling, Lindiwe Zulu, beheer neem van haar departement en van Sassa en vir eens en vir altyd die sistemiese chaos oplos. Anders sal sy waarskynlik nie die volgende kabinetskommeling oorleef nie. Dit is absoluut tragies dat ʼn departement, wat deur deernis gekenmerk moet word, deurlopend sy gevoelloosheid bewys.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Papsak ·

As hulle nie hulle sin kry nie us staak die antw dit seker al wat hulle geleer het op skool onthou daai woord staak baie goed

Amelia ·

En wat van die mense wat nou op pensioen moet gaan wat gedeelte van hul geld terug gehou word vir pensioen as jy te oud is vir werk as dit so gaan wat gaaan van ons pensioen geld word wat jy vir jare voor moes werk As klomp besluit strike sit jy in elk geval sonder jou eie pensiioenwat jy in elk geval self moes inbetaal

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.