Schweizer-onnie dankbaar vir ‘ondersteuningspad’

Dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, en Elana Barkhuizen in die hof. Foto: Twitter via @solidariteit

“Ek vind dit moeilik om my emosies te verwoord. Ek is net vol dankbaarheid en blydskap en ʼn wete dat geregtigheid geskied het. Dit is ongelooflik, ek sukkel om dit in woorde te beskryf.”

Só het Elana Barkhuizen, ʼn onderwyseres van Laerskool Schweizer-Reneke, Donderdag buite die arbeidshof in Johannesburg gesê nadat haar onlangse skorsing deur die hof ter syde gestel is. Solidariteit het vandag ʼn dringende aansoek voor die hof gebring om Barkhuizen se skorsing met onmiddellike effek ter syde te stel nadat sy vroeër oor ʼn omstrede foto van ʼn gr. R-klas geskors is.

Regter Connie Prinsloo het beslis Barkhuizen se skorsing was onwettig aangesien sy nie deur die departement van onderwys in diens geneem is nie en dus nie deur die LUR geskors kon word nie.

Prinsloo het ook beslis die korrekte proses is nie gevolg toe Barkhuizen geskors is nie en dat daar geen werklike gronde was wat haar skorsing regverdig het nie. Volgens Prinsloo se beslissing kan Barkhuizen reeds môre terugkeer skool toe.

Dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, sê dit is egter nie nou duidelik presies wanneer Barkhuizen sal terugkeer nie. “Ons sal eers met die beheerliggaam gesels en saam besluit wanneer sy sal terugkeer,” sê Hermann.

Barkhuizen sê wel sy is opgewonde om terug te keer en sien veral uit om die leerders in haar klas te sien. “Ek kan nie wag om my kinders [leerders] te sien en hulle elkeen ʼn stywe druk te gee nie. Ek is net so opgewonde om my gesin ook te sien, want ek het hulle nou vir ʼn lang ruk nie gesien nie,” sê sy.

Hermann voeg by dat Barkhuizen se opgewondenheid om terug te keer aanduidend is van haar passie vir die onderwys en liefde vir die leerders wat sy onderrig. “Sy is net ʼn juffrou wat wil skoolgee, ʼn juffrou wat omgee oor die kinders in haar klas. Dit is duidelik.”

Dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, en Elana Barkhuizen in die hof. Foto: Twitter via @solidariteit

Hoewel Barkhuizen graag die negatiewe gebeure agter haar wil sit, besef sy dat ʼn groter kwessie hier ter sprake is en ʼn groter les uit die gebeure te leer is. “Dit gaan nie net oor die politieke deel hiervan nie, maar oor elke onderwyser en elke kind wat van ʼn spesiale eerste skooldag ontneem is.

“Hierdie is nie net oor my nie, maar dit is vir elke onderwyser wat moet weet wat hul regte is. Die les hier is dat magspersone ook nie die reëls mag breek nie. Ons almal bly by die reëls, ongeag wie jy is,” sê sy.

Sy het haar dank uitgespreek teenoor haar familie, vriende en Solidariteit, asook elke persoon wat haar in hierdie moeilike tyd bygestaan het.

“Ek het die boodskappe en ondersteuning op sosiale media gesien en ek wens ek kon op elke liewe boodskap reageer en dankie sê, maar daar was net te veel. Ek het so ver moontlik elke boodskap probeer lees en elkeen het vir my so baie beteken. Dit was net ʼn ongelooflike pad van ondersteuning, van mense wat by my gestaan het en my sterk gehou het. Ek kan net dankie sê.”

Sello Lehari, LUR vir onderwys in Noordwes, het vroeër gesê hy sal wag tot die arbeidshof uitspraak gelewer het voor hy sal besluit oor moontlik verdere stappe teen ander personeel by Laerskool Schweizer-Reneke.

Hermann sê hy doen ʼn beroep op Lehari om nie met verdere stappe teen ander onderwysers voort te gaan nie.

“Die skade wat hy reeds berokken het, is genoeg. Dit is tyd dat hy ʼn verskoning aan al die betrokke rolspelers wat in dié proses seergekry het, bied. ʼn Volwasse politikus sal eerder die kwessie tot ʼn einde bring as om dit voort te sit,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

52 Kommentare

Johann M van Heerden ·

En wat gebeur nou. Wat gaan met LUR, beheerliggaam en skoolhoof gebeur? Die mense het groot droog gemaak en gespeel net die onderwyser en kinders se lewens. Dit moet verder geneem word.

PWV ·

Presies.
Kom ek antwoord jou gou: NIKS!
Presies ‘n Carbon Copy as ene meneer Ashwin Willemse se saga op supersport. Iemand maak droog, speel die politieke rasse kaart, mense word onmiddelik sonder die regte prosedure geskors en dan by geregtelike ondersoek onskuldig bevind. En die gene wat verantwoordelik was vir die gemors…. hulle gaan aan asof niks gebeur het nie en die hele storie sterf ‘n stille dood. Tot die volgende geval, dan herhaal die geskiedenis homself.

Thinus Erasmus ·

En toe is die DA baie vinnig om te se hoe bly is hulle die skorsing is onwettig, tweegesig opportuniste!

VanAfrika ·

Aaaah uiteindelik n glimlag op daardie gesiggie. Baie geluk Elana en Solidariteit en sommer dankie aan Regter Connie Prinsloo ook. Kindertjies, julle juffrou kom klas toe☺

Jan Nel ·

Nou hoekom wil jy hê die LUR se arme regsverteenwoordiger/s die koste (de bonis propriis) betaal? Ek sou sê hyself of sy dept moet dit betaal as hy in amptelike hoedanigheid opgetree het?

M ·

@Jan … Jammer waarvan praat jy ? Die LUR moet kostes uit sy eie sak betaal … AI !!!!

Zumie ·

Koste de bonis propriis is waar die hof gelas dat die party se regsverteenwoordiger die koste van die aangeleentheid moet betaal. EK twyfel of dit hier van toepassing is. Jy bedoel seker “bestraffende koste bevel” wat beteken ‘n kostebevel op ‘n hoer skaal…maw meer geld

Jan Nel ·

Dankie Zumie, jy is heeltemal reg. In SA reg is die de bonis propriis bevel normaalweg gereserveer vir regsverteenwoordigers wat hulle aan growwe moedswillige gedrag in die hofproses skuldig maak.

Dit kan ook gegee word teen bv die trustee van ‘n trust wat maak dat die trust deurs sy ook growwe moedswillige gedrag, skade ly.

In gewone praktyk word straffende koste bevele (genoem prokureur-kliënt-skaal) teen moedswillige partye gegee word, wat die hofproses misbruik. Die hof kan wel gelas dat die LUR dit self die koste moet betaal op hierdie prokureur-kliënt-skaal, maar in SA reg sal dit nie bekend staan as ‘n de bonis propriis bevel nie.

Adam ·

Jan ek het jou kommentaar geniet. Dit is so jammer dat party mense dink dat Google 5 jaar op universiteit en 2 jaar klerkskap kan vervang. Prof AC Cilliers se “Law of Costs” sal ‘n handige kersgeskenk vir hulle wees. Laat mens weer dink aan Oscar en die dolus eventualis “spesialiste”.

Wat wou.... ·

Nee man…..laat die LUR aanhou met sy strooi en dan sleep julle hom in sy persoonlike hoedanigheid hof toe sodat hy kan leer wanneer om op te hou krap waar dit nie jeuk nie!!!

So nou ·

Het jy al ooit n skoolhoof met ruggraat teegekom @Hoe nou? N beheerliggaam met 100% integriteit? 90% van hulle weet buitendien hulle is daar oor hulle amp/nering, hulle is nie eers verteenwoordigend van die skoliere nie. Ons wil lehati geskors siem! Ons wil lehari aamgekla sien vir onbevoegdheid. Ons wil lehari aangekla sien van rassisme! Ons wil lehari aangekla sien van vals speling van die raskaart. Ek is seker me barkhuizen kan doen !et R150 000.

jaco ·

onthou net hierdie skoolhoof is n wit afrikaanssprekende man. As hy ENIGSINS iets buite die onderwysdept se reels en regulasies doen, word hy ONMIDDELIK afgedank NET omdat hy n wit man is.

De Villiers ·

Jaco, jy is reg. Weens sy velkleur sal hy boet as hy enigsins buite die departement se reëls werk. MAAR, dit beteken glad nie dat hy verkeerd is as hy binne die reëls optree terwyl die departement ‘n ander optrede van hom verwag wat buite die reëls val nie. Die skoolhoof (en beheerraad) moes hulself éérs van die ware feite vergewis en daarna regskennis ingewin het voordat hulle impulsief opgetree het. Die uitkoms sou heel anders, en rustiger uitgedraai het, en heel moontlik nie eens groot nuus gewees het nie.

Pierre ·

Ek staan verbaas as ek sien hoe die skoolhoof nou as ruggraatloos beskryf word. Indien jy feite het om dit op te baseer, gee dit. Gaan dink net vir ‘n oomblik, ongeag dat sy deur die beheerliggaam betaal word is sy deel van ‘n instelling wat deur die staat voorgeskryf word. Ek glo dat die hoof nie net goedsmoeds opgetree het nie maar was daar ‘n groot rol van intimidasie deur ‘n LUR wat ‘n chip op sy skouers het. Jy weet net so goed soos ek dat elke blanke Afrikaner van hierdie land die teiken is van sogenaamde rassiste, dus sal dit altyd die swartmense van hierdie land wees wat voordeel trek uit so situasie, sovvel te meer nou voor die verkiesing. Kom ons gee aan die hoof en sy Beheerliggaam die geleentheid om hulle kant te stel, en kom ons kyk wat sit werklik agter die LUR se optrede, of hy gaan verskoning aanbied…. kom ons wag en sien.

SO BLY ·

Ek is so bly vir haar! Baie geluk en sterkte met die pad voorentoe.

So, wat gebeur met die skoolhoof en die beheerliggaam? Duidelik is daar bewyse dat hul nie die kennis het hoe om op te tree in so ‘n sitsuasie nie. Beheerliggaam, ek hoop jul is regtig trots op julle self. Dit is net ‘n bewys dat jul geen kennis het van so ‘n sitsuasie nie. Jul het met kinders en ander onderwysers se lewens gespeel. Jul het nie 2 keer gedink om eers jul FEITE agtermekaar te kry voordat jul die onderwyser gaan aangee het nie. Elkeen van julle moet uit die beheerliggaam uit tree. Jul is nie bevoeg genoeg vir die ‘pos’ nie en duidelik is die kinders se lewens nie jul eerste prioriteit nie. Aan die skoolhoof, kry vir jou ‘n ander span, want die spannetjie gaan vir jou nog baie moeilikheid veroorsaak. Volgende keer, dink twee keer voor jy hul opinie vat, want dit wys vir my dat jy nie bevoeg genoeg is om jou eie besluite te maak nie.

Leonard van der Dussen ·

Kom ons maak nie dieselfde fout as die LUR , die DA en andere en besluit sommer dadelik wie skuldig is en wie nie en wat hulle gedoen het of nie en begin op hulle skree voor ons die saak gehoor het nie. Dis moontlik dat die skoolhoof en beheerliggaam kritiek verdien, maar die moontlikheid van intimidasie en erge viktimisering is ook daar. Net mense wat direk self in ‘n skoolhoof se stoel vandag sit, en beheerliggame se voorsitters en so meer sal weet wat dit verg om deurentyd ‘n skool te probeer bedryf ten spyte van en nie met die ondersteuning van die onderwysdepartement nie.

Donna ·

Ek kan nie mooi verstaan waarom die beheerliggaam geraadpleeg moet word nie. Ek dog hulle het gesê hulle sal die hof se uitspraak aanvaar.

Peet Schabort ·

Moontlik om hulle ‘n kans te gee om reg te maak wat hulle verbrou het. Immers is hulle, hoe onbeholpe ookal, nog die baas vd plaas. Pragtig Elana, jy IS ‘n uitstekende voorbeeld van onderwyser. Onthou net om by die groetproses politieskorrek op te tree.

Attie ·

Baie dankbaar vir die uitspraak en dat jy in jou liefde vir jou skoolkinders kan uitleef – 0ns bid die Here se beskerming en krag oor jou om voort te beweeg en in STERKTE !

Nel ·

Elana Barkhuizen is duidelik ‘n vrou van integriteit. Dit is vir my as mens verstommend dat su opgewonde is om terug te keer na ‘n gebied waar senior personeel haar nie bygestaan het en skorsing aanvaar het. Maar sy is duidelik ‘n mens wat vergifnis “leef”. Sterkte vir jou Elana Barhuizen en geniet jou passie.
Ek hoop van harte dat dié wat jou soveel hartseer aangedoen het, jou die nodige verskoning sal bied. Maar uit dít wat ek van jou aanskou het, is jy nie die persoon wat so iets sal verwag nie. Sterkte!! ❤

Jo ·

Stem volmondig saam! As ek in haar skoene was het ek lankal vir my ander werk gaan soek waar daar meer ondersteuning is!

Rooikop ·

Kom nou Lehari …………… Weet nie hoe het jy die pos van LUR gekry nie ??????????

Ore ·

…..en more oggend staan die voorsitter van die beheerliggaam op die verhoog en verwelkom haar terug.Sal ook die beheerraad se ondersteuning aanbied! Kan MM die name met foto’s vsn die beheerraad publiseer? Sies vir julle.

CW ·

Asseblief, die volk moet weet wie is die verraaiers in hul midde

Melanie ·

En Maimane sit vandag op sy stoep, hande op sy kop, en vra homself “wat ‘n mislukking! Wonder waar kan ek nou gaan dinge omkrap? Die verkiesing is op pad!” Maimane, jy het nie eers die dame om verskoning gevra nie. Jy gaam BAIE stemme verloor!

Jc ·

Jy is reg. Hulle gaan baie stemme verloor. Laat dit vir hulle ‘n les wees wat hulle nie sal vergeet nie.

Johannes ·

Net so! Baie geluk juffrou Barkhuizen. Saam met jou bly. Ek wonder of die papbroekige DA om verskoning gaan vra vir hulle ongevraagde kommentaar?

jaco ·

die uitspraak is deur n wit regter gemaak, so “mark my words”: daar gaan nou weer betogings wees oor “gebrek aan transformasie” van die regbank.

Willehond ·

Publiseer die name van die sogenaamde beheerraad en die “hoof”!! Dan sal ons in die die toekoms sien met wat ons te doen het! Rugraatloos! Dis hoekom die land is wat is wat hy is. NIKS!!!

Leonard van der Dussen ·

Kom ons hoor darem net eers of dit wat ons dink gebeur het, is wat eintlik gebeur het, voordat ons op mense begin skree. Dalk verdien hulle die kritiek, maar dalk is daar meer aan die saak as waarvan ons weet.

Chris ·

Ek stem saam met Leonard – sonder die feite kan almal skreeu maar niemand sal hoor nie – “assumptions are the basis of all stuff-ups”.

willem Botha ·

Ons moet Solidariteit finansieel so sterk maak dat hulle die regering kan aanvat op al wat diskriminasie is teen minderhede en ophou om die DA in n posisie te sit waar hulle in elkgeval niks vir minderhede voel of doen nie.

Hennie ·

Laat die voorsitter onmiddelik bedank hy is nie n voorsitter se ou skoene werd nie of hy nou wit of swart pienk of pers is sy doppie is geklink .Solidariteit julle onderhandel nie met so n persoon nie dis taboe.Wat die hoof aan betref hy moet sy eie saak met homself uitklaar.

Fanie Cremer ·

Danksy Solidariteit en Afriforum het ons blanke Afrikaners weer ‘n stem en hoop.
Sterkte Elana, jy moet ‘n wonderlike jaar hê want die onderwys is deesdae taai. Ek hoop die lafhartige beheerraad gee jou ‘n groot verhoging vir jou trauma waardeur jy is.

Jc ·

Jy is reg. Hulle gaan baie stemme verloor. Laat dit vir hulle ‘n les wees wat hulle nie sal vergeet nie.

De Villiers ·

Dankie Solidariteit en almal wat haar ondersteun het, maar GROOT dank Hom wat baie gebede verhoor het vir hierdie saak. God is groot, en sien om na Sy kinders.

Johannes ·

Baie geluk juffrou Barkhuizen. Saam met jou bly. Ek wonder of die papbroekige DA om verskoning gaan vra vir hulle ongevraagde kommentaar?

Chris Ws ·

Solidariteit,dagvaar die LUR vir onderwys in Noordwes vir skade vergoeding.Hy het net groot skade aan die skool en onderwysers gedoen.

Philip ·

Baie bly vir u juffrou. Nou moet die fools wat die ding begin het in die bek geruk word. Afriforum gee hulle gas.

JPV ·

Lekker, lekker, lekker baie baie lekker tot in my diepste binneste!
…… maar ruggraatlose beheerliggaam……!

Jax ·

Elana, Baie geluk. Ons het baie gebid dat reg en regverdigheid sal geskied. God is groot! Dankie aan almal wat jou bygestaan het en gehelp het om jou onskuld te bewys en terug te keer na jou geliefdes en jou leerlinge!
Ek bid jou n geseënde jaar toe.
Vir die wat probeer het om n uitstekende onderwyserres se loopbaan te be-eindig – my voorstel: gaan na jou binne kamer en ondersoek jou hart – daar is beslis n baie groot probleem (dalk selfs probleme).

lewies ·

As iemand skuldig bevind is aan rasisme word die skuldige beboet, maar as die persoon onskuldig van rasisme aangekla word deur wie ook al, word hulle vrygespreek, met geen boete vir die persoon wat ‘n valse klag ingedien het nie. Dit rym mos nie. Hoe gaan die hof ooit rassehaat stopsit as hierdie saak nie twee kante toe sny nie. Dit is mos nou in die hof bewys dat jy rasisme of nie rasisme kan bewys. BOETES MOET IN BEIDE GEVALLE TERSPRAKE WEES.

HPV ·

Lê haar skorsing voor die deur van die beheerraad, hulle moes haar bystaan en beskerm het want sy is deur hulle aangestel. Met sulke vriende het mens nie vyande nodig.

Jakobie ·

Ek dink, Lehari wys al vir n geruime tydjie dat hy n persoonlike vendettta teen Afrikaanse skole het. Die polisie wat die skool verplig het om betogers toegang te gee, moet ook voor die kaak gestel word. Dis n dieper saak as om te gaan fout vind met die hoof en beheerraad . Hoeveel skade kon die skool en Elana verduur het, met die polisie wat ook spring vir Lehari? Sterkte Elana, jy’s braaf en ons staan agter jou.

André Groenewald ·

En nog steeds is FEDSAS stil? Hoekom? As ons kyk na die prominente rol wat hierdie liggaam by Grey Kollege speel, raak die vraag nog dringender.

So nou ·

Het jy al ooit n skoolhoof met ruggraat teegekom @Hoe nou? N beheerliggaam met 100% integriteit? 90% van hulle weet buitendien hulle is daar oor hulle amp/nering, hulle is nie eers verteenwoordigend van die skoliere nie. Ons wil lehati geskors siem! Ons wil lehari aamgekla sien vir onbevoegdheid. Ons wil lehari aangekla sien van rassisme! Ons wil lehari aangekla sien van vals speling van die raskaart. Ek is seker me barkhuizen kan doen !et R150 000.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.