Seekoei ontsnap weens ‘gesteelde pale’

(Foto: Ray’s Assist/Facebook)

Die jong seekoeibul wat Sondagoggend in Pretoria doodgery is, het glo deur ’n beskadigde heining by die Rietvlei-natuurreservaat ontsnap.

 Katlego Mathebe, die Tshwane-metro se burgemeesterskomiteelid vir omgewings- en landboubestuur, het Maandag gesê daar is by nadere ondersoek ontdek dat die omheiningspale aan die westekant van die oordgebied gesteel is, wat ’n gaping in die hoofomheining veroorsaak het.

Mathebe sê die seekoei het gedurende die nag na die oord se chaletgebied gedwaal om te wei omdat hy deur ’n ander dominante seekoeibul uit die trop verjaag is.

(Foto: Ray’s Assist/Facebook)

“Die seekoei het deur die dam toegang tot die oordgebied van die reservaat verkry. Omdat seekoeie snags wei, sou hy die chaletgebied ná donker binnegaan om daar te wei.

“Dis seker toe dat hy op die gaping in die heining afgekom het.”

Volgens Mathebe het die seekoei deur ’n groot oop stuk veld tot by die M57-pad geloop waar hy deur ’n voertuig getref is.

“Spanne sal ontplooi word om die gaping in die heining reg te maak om ’n soortgelyke voorval te voorkom.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Toy ·

Diefstal het ‘n rippeleffek, kyk nou wat het als gebeur net omdat mense hulle hande van ander se eiendom nie kan afhou nie.

Windhond ·

Anel, – Dis n seekoei, nie n nasionale sleutel punt nie

Michele ·

Windhond – Dis n nasionale park met renosters in so daar moet wagte wees

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.