Seksvoorligting: Departement probeer ‘aandag aflei van grafiese inhoud’

Van die beplande inhoud vir seksvoorligting in skole. (Foto: skermgreep)

Die organisasie Freedom of Religion SA (FOR SA) het teruggekap ná die departement van onderwys vandeesweek die “opsetlike wanvoorstelling” van feite rakende sommige aspekte van die inhoud in die vak lewensoriëntering met minagting verwerp het.

Maroela Media het vroeër berig dat die departement se nuwe omvattende kurrikulum vir seksuele onderrig glo behels dat leerders hul geslagsdele in die klas identifiseer, kommentaar lewer op naakfoto’s wat gebruik is in seksklets-boodskappe (sex texting) en leer wat behels vaginale, orale en anale seks.

Die inhoud is onlangs aan lede van die parlement beskikbaar gestel en op die groep FOR SA se webwerf geplaas.

Dit het ʼn herrie laat losbars.

Die departement het op elk van FOR SA se bewerings gereageer, maar die organisasie sê die departement probeer FOR SA en ander nou die sondebokke maak vir sy eie nalatigheid.

“Sodoende probeer hulle ook die aandag aflei van die grafiese visuele en beskrywende inhoud van die kurrikulum,” het Michael Swain, uitvoerende hoof van FOR SA, gesê.

Swain sê die organisasie bly bekommerd omdat nóg onderwysers nóg ouers behoorlik geraadpleeg is. Hy sê ouers moet die lesmateriaal te siene kry voordat dit aangebied word en moet ook die reg hê om te besluit wat is – en wat is nié – gepas wanneer hul kinders oor seks en seksualiteit onderrig word.

Hy sê ouers moet ook toegelaat word om hul kinders aan die klas te onttrek sonder enige straf daarvoor.

Die organisasie sê onlangse studies wys die leermateriaal gaan die teenoorgestelde gevolge inhou van dít wat die departement beloof. Dié studies lewer bewyse van vroeëre seksuele aktiwiteit, meer seksmaats, minder kondoomgebruik, hoër vlakke van seksueel oordraagbare siektes en MIV, asook selfs ʼn toename in seksuele geweld weens blootstelling aan seksuele inhoud van ʼn soortgelyke aard.

Die departement het vandeesweek gesê hy verwerp die idee dat die seksvoorligting kinders seksualiseer en bestempel die aanhaling van enkele sinne uit die voorgeskrewe lesplanne as “moedswillig”.

FOR SA sê kinders is van nature ondersoekend en ʼn graad 8-les met ʼn beskrywing van vaginale, anale en orale seks hou die gevaar in dat kinders voortydig geseksualiseer gaan word.

Die beplande inhoud vir seksvoorligting in skole.

“FOR SA het dit nog nooit betwis dat daar ernstige bestaande maatskaplike probleme met tienerswangerskappe, MIV-besmetting en seksuele geweld is nie. Ons het al in die openbaar gesê die departement het grondige rede om seksonderrig in die lewensoriënteringsillabus in te sluit en het ook met die departement vergader om die kwessie te bespreek,” het Swain gesê.

“Die departement het erken dat ouers en onderwysers nie behoorlik tydens die kurrikulumontwikkelingsproses geraadpleeg is nie. Hy het ook gesê hy gaan ‘Afrika-oplossings vir Afrika-probleme’ ontwikkel.

“Die feit dat die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (Fedsas) en die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie (SAOU) hewig kapsie maak teen die gebrek aan raadpleging en selfs vir ʼn boikot vra, is ʼn duidelike bewys dat daar nie behoorlik oorleg gepleeg is nie,” het Swain gesê.

Swain sê FOR SA se grootste beswaar is dat ouers se insette geïgnoreer word. Hy sê seksvoorligting is nie ʼn neutrale vak soos wiskunde nie, en dit is onmoontlik om aan te bied sonder om ʼn morele standpunt oor te dra.

Hy sê hoewel sommige ouers tevrede daarmee is om die besluit oor wat hul kinders oor seks en seksualiteit geleer word aan die staat oor te laat, wil talle ander ouers hul eie waardestelsel aan hul kinders oordra.

“Die departement blyk minagtend te wees jeens die gevestigde regte en geldige kommer van ouers wanneer hy sê dit ‘is ons beginsel om ouers te oriënteer wanneer nuwe lesplanne ingestel word’.

“Oriëntering is nie raadpleging nie,” het Swain gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

47 Kommentare

Wicus ·

Daar sit jou 14 jarige dogter in dieselfde klas as ‘n 18 jarige man. So bly ek het nie kinders nie !

Feite ·

Dieselfde hier! Die beste besluit wat ons nog in hierdie Afrika land gemaak het!

Johan ·

Met implementering sal my 12 jarige seun nie die klass bywoon nie. Ek sal die skool ook dienooreenkomstig inlig. Nie enige individu of skool of instelling hetsy staat of privaat sal my ouerlike plig en belofte aan God, met sy doop ongeag groot of klein in die niet maak nie. Basta!!

Hanna Hoekom ·

Daar sit soms jong volwassenes van 21 en ouer langs ons kinders in die klas! In my kinders se skool is daar tans n 22 jarige in Matriek. Hier kom mos outomaties groot moeilikheid! Kultuurverskille het blykbaar geen rol in die silabus gespeel nie… Die enigste manier om tienerswangerskappe te stop, is om die kindertoelae vir hierdie jongetjies sumier te stop. Geen seksvoorligting gaan in hierdie verband help nie.

Afwesig ·

Johan, as die meerderheid van die ander kinders in jou kinders se portuur groep wel die klasse bywoon, sal die denkwyse, verwysingsraamwerk en gesprekke van die groep wel aangetas word, en noodwendig jou kinders blootstel aan hierdie ongewenste invloed. Dit is ‘n baie moeilike situasie en stel ouers wat geloofs- en kulturele besware hierteen het voor groot besluite wat hul kinders se opvoeding aan betref te staan.

Ongeduldig ·

Ek sal ook weier!!! Wat het van ONS regte as ouers geword???? Hulle leer van menseregte…of kinders se regte, maar hierdie is so teenstrydig met die woord REGTE! Die ouers word nie geken in die saak nie…..Maar ek SAL my reg gebruik om te weier!!!

Boervrou ·

Vir my part kan hul die vak verwyder uit die skool.Gelukkig maak my kind klaar met skool die einde van die jaar.

Bekommerd ·

Het my kinders (12 en 15) vertel van die nuwe lesse. My 12 jaarige het gese hy sal eerder uit die klas loop voor hy daarna luister. My 15 jaarige vra hoekom moet n persoon wat nie n ouer is vir haar van die goed vertel, sy vra mos vir mamma of pappa as sy iets wil weet. Hulle voel ook baie ongelukkig omdat dit in gemengde (seuns en dogters) klasse gaan gebeur.

Uilspieel ·

Nou wil hulle hierdie twak vir ons kinders aanbied maar Godsdiens is verbode. Vir sommige swart mense is dit natuurlik en normaal dat jong meisies se borste kaal vertoon word, maar vir meeste blanke dogters is naaktheid van borste gladnie aanvaarbaar nie. Die kulture is te verskillend. Nooit ooit gaan dit mos werk nie. Indieer kinders maak tot hul bene, arms en koppe toe. Hoe gaan julle nou daar verby kom? Ag nee man. Skool is vir somme maak en om te leer lees. Hou tog daar by.

LHS ·

Die absolute arrogansie waarmee deur departemente opgetree word wanneer hulle kundige teenkanting of advies gegee word bewys telkens maar net die dieperliggende minderwaardigheidskompleks wat lede het teenoor almal wat hulle durf teregwys of van raad wil voorsien. Foute word herhaaldelik gemaak gefinansier deur belastinggeld en die vrees om van die soustrein af gegooi te word, lei tot hierdie idiotiese houding van ons weet alles.

Potjie ·

Ek sien in sonmige van die voorgestelde prente dat verskillende groepe gebruik word om die daad te illustreer. My opinie is dat ñ bosduif nie met ñ tortelduif paar nie, tog is albei duiwe. ñ Goud vink paar nie met n Zebra vink nie en tog is albei vinke. En dan, ñ kat en ñ hond paar nie. Soort paar met soort. As die kinders geleer word van die dat die kleurgrens oorskry moet word, kan ons koebaai sê vir ons erfenis en kultuur.

Martie ·

Wat kan mens verwag van ‘n regering wat godsdiens uit die skool haal en lyfstraf verbied?

Jozi ·

Ek weet onse kindertjies moet leer van die voeltjies en die bytjies en al daai lekker dinge, maar wat die Departement van Onderwys hier beplan is onaanvaarbaar.
Seks en alles wat daarmee gepaard gaan, word in die leerders se kele afgedruk – of hulle reg is daarvoor of nie.
Die hormone gaan ontplof, almal gaan vir almal gryp en die kinders en ouers gaan sit met die gevolge van maar net nog ‘n uiterste swak besluit van die Regering se kant af.
Nog seksueel oordraagbare siektes, nog verkragtings, nog onaanvaarbare gedrag, geen respek vir eie of ‘n ander se liggaam nie, nog social grants vir al die babas wat uitgebroei gaan word, en wat nie gevra het om gebore te word nie.
Hartseer saak…

Cheryl Mostert ·

Ek stem saam met jou Johan. Klas sal net nie bygewoon word nie. Ikabot… vroeg ryp, vroeg vrot!!!!! Wat is fout met Biologie? Hoekom so in diepte….

skurweberg ·

Die “gees” wat die departement inspireer en oortuig van die beginsels en die toepassing van hierdie leerinhoude, is nie dieselfde “Gees” wat ander inspireer en oortuig van dieselfde leerinhoude nie. Dit maak die saak baie meer gekompliseerd.

Hanna Hoekom ·

Daar sit soms jong volwassenes van 21 en ouer langs ons kinders in die klas! In my kinders se skool is daar tans n 22 jarige in Matriek. Hier kom mos outomaties groot moeilikheid! Kultuurverskille het blykbaar geen rol in die silabus gespeel nie… Die enigste manier om tienerswangerskappe te stop, is om die kindertoelae vir hierdie jongetjies sumier te stop. Geen seksvoorligting gaan in hierdie verband help nie.

Adam ·

Kom ons vergeet vir ‘n oomblik van seksvoorliging en dink aan hoe ons leerders vaar met wiskunde en wetenskappe,. Almal sal saamstem dat ons van die swakste in die siiplines in die wereld is. Is dit nie ‘n beter idee om daardie probleem aan te spreek nie. Ons bulle en koeie op die plaas kry nie seksvoorligting nie en hulle kwyt hulle baie goed van hulle taak

Ansie ·

Dis nog ‘n voorbeeld van staatskaping. Noem dit net oorname van alle opvoeding self die van ouers. Ek is bekommerd oor my kleinkinders wat nog op laerskool is. Plaas hulle liewer kinders basiese maniere en etiket leer.

Michelle ·

My kind gaan volgende jaar graad 4 toe.. en ek as ouer voel dat graad 4 kinders wat slegs 9-10 jaar oud is nog nie nodig het om te weet wat sex is nie.. dis waar die al die probleme begin, kinders wat te vroeg dinge weet wat hulle nog nie moet weet nie. Ek voel as hulle sex voorligting wil doen, hou dit eerder vir hoërskool jare, maar graad 4!!!! kinders moet nog speel op daai ouderdom, en wil hulle nou die snert leer vir die kinders, gaan dit hulle onskuldigheid heeltemal wegvat. En ons as ouers sit met probleme, met kinders wat dinge wil weet wat hulle nog nie voor reg is nie.

Praat jy ·

‘n Kind is eers reg vir (teoretiese) sekskennis as hulle vanself begin uitvra. Enige afwyking van die bogenoemde vra vir moeilikheid.

R ·

Hierdie agenda om ‘n nuwe ‘normaal’ in plek te kry met die afbraak van sedes en waardes word tans reg oor die wereld gesien. Satan se stryd verhard en dit is elke ouer se plig om ons kinders groot te maak volgens ons geloofs- en kultuur agtergrond. Sonder dit is die basis (kern) van geestelike en persoonlikheids leiding afwesig. Ons kan BAIE duidelik in Suid Afrika(Babwe) sien wat dit veroorsaak. Hierdie is ‘n beginsel saak en ‘n mense staan vas by beginselsake, ongeag die teenstand.

Koos de Meyer. ·

Laat hulle dit maar vir hulle kinders in hulle skole leer. Hulle het dit nodig.

koos ·

Kom ons plaas vir een oomblik die kinders op die agtergrond en dink aan die onderwysers.
Daar is baie jong onderwysers en ek reken nogal dat van hulle maagde kan wees. Hoe moet hulle die onderwerp oordra? Verder is daar ook baie onderwysers wat nie die onderwerp wil bespreek nie, en hulle hulself sodoende aan disiplinere aksies bloot stel. Kyk maar hoe daai dokter aangekla is omdat hy teen aborsies is en die vrou afgeraai het om dit te laat doen. Gaan dieselfde hier gebeur?

Tb ·

Eks heeltemal gekant teen die instelling. Dis nie die departement se plig om ons kinders seksuele opvoeding te gee nie. Dis ons as ouers se plig, op eie tyd en plek.

Nie aanvaarbaar ·

Dis genoeg. Die hele land in sy geheel is eenvoudig nie aanvaarbaar nie en hierdie is maar net een van die duisende gruwels. Ons het besluit om te gaan. Ons kinders kan nie hier groot word nie.

Adél ·

My 12 jarige dogter het nou sopas vir my vertel dat hulle vandag in PSW van seks geleer het en van hoe vigs oorgedra word en van ñ 8 jarige dogtertjie wat ñ ma is. En ook van wat ñ “virgin” is ens. Ek is skoon naar van ontsteltenis. Ek het haar gesê sy stap dadelik uit daardie klas as hul more weer oor dit praat. My seun gaan gr 5 toe en hy sal ook nie daardie klasse bywoon nie. Hulle kan op die veld of buite die klas gaan sit. Dit is my reg as ouer om te besluit wanneer my kinders van sulke dinge sal leer en niemand sal anders besluit nie.

Lewis ·

Mooi so, dis al wat nodig om die departement tot hulle sinne te bring. Protes!!!!!

Louw ·

Ek het vir minder as ‘n jaar by ‘n Christen privaat skool uitgehelp, en daar by onderwysers gehoor dat kinders in graad 2 onder die tafel vir ander kinders hul geslags gedeeltes wys. En ja, ongelukkig was dit nie ‘n blanke skool nie. Maar die ouers is vinnig om teen jou as pastoor uit te vaar dat die Bybel teen hul kultuur diskrimineer, (voorvader aanbidding) en dat ons ons moet toespits op die les wat aangebied word moet hou en nie onsself by hulle etiese standaarde betrokke raak nie.

JosiF ·

Moenie dink dit gebeur nie in blanke skole nie. Gaan hoor bietjie by die skole hoeveel kinders gevang word gedurende sokkies ens.

Daan ·

Leer die kinders bybelse waardes,dis genoeg.Biologie het ons alles geleer wat ons moes weet.Hierdie leerplan is ontwerp deur liberaliste en pedofiele in die verenigde nasies.Kinsley het sy leerstelling geleer deur kindermollestering en die VN het dit aanvaar en dwing lande om dit te aanvaar anders maak hulle die geldkrane toe.

Martin ·

Hulle maak voorspraak vir seks voorligting op vroee ouderdom, laat aborsies toe vanaf 9 jaar wat eintlik seks op jong ouderdom aanwakker en aanpor maar wil dit wet maak dat huwelike teen die wet moet wees vir meisies onder 16 en seuns onder 18.al se due ouers wat. Hulle koppe kap nie aan nie.

KAREL RETIEF ·

om n kind te wil leer dat aanvaarbaar is om lesbies of homoseksueel te wees is heeltemal teen my geloof en beginsels. Niemand het die reg om kinders teen hulle ouers se beginsels of geloof te probeer onderig nie. my kinders sal nie daai klasse bywoon nie.
Verkragting en seksueele oordraagbare siektes gaan n nuwe hoogte in skiet met dit wat hulle nou wil doen.

Juffie ·

Noudat iets ñ naam het is almal histeries. Hierdie kirrikulum inhoud is ten dele reeds vanaf 2000 in die skole geimplimenteer. Vat vir ñ slag jou kind se handboek en blaai dit deur. Jy sal snak na jou asem. Jou kind is lankal aan meer blootgestel as wat jy in jou wildste drome gedroom het. Die VN het gedreig om finansieële hulp te onttrek indien dit nie geimplementeer word nie. Money talks.

Wonder net ·

Dit het die departement 12 haar geneem om te besef dat die uitkoms gebaseerde onderwys stelsel NIE WERK NIE! Nou wil hulle weer ñ sillabus implimenteer wat almal (en jy hoef nie ñ ekspert of selfs ñ ouer te wees nie) weet gaan nie werk nie en gaan absolute chaos, losbandigheid, en ek vrees, moontlike vergering van mishandeling van veral kinders DEUR kinders te weeg gaan bring. Ek is ñ ouer van 3 (16,13 en 2) en ek sidder om te dink waar gaan die onderwys stelsel draai teen die tyd dat my 2 jarige skool betree. Die departement hoor iets wat moontlik met sukses in ander wêreld dele geïmplimenteer was en wil dan dadelik op die “band wagon” spring en dit hier implimenteer en glo dit gaan werk?????? My kinders sal sowaar as die vet weet NIE daardie klasse bywoon nie. Ek weet ek kan hul nie beskerm van maats ens. nie, maar hopelik kan ek as ouer die regte waardes en normes en nodige “tools” in my kind vaslê om hulself met waardigheid te kan verwyder uit sulke situasies. Ons kinders is immers ons toekoms nie waar nie? Ek wonder maar net WATSE toekoms???????

Lewis ·

Mooi so, dis al wat nodig om die departement tot hulle sinne te bring. Protes!!!!!

Michelle leR ·

Protesteer deur die skool sterk te maak, skole moet weier. Ouers moet ondersteun en
kurrikulum begin weier.
Of ondersoek alternatiewe skole, daar is reeds baie daarbuite. Of begin meer kultuureie skole.

Prok ·

In CVO skole leer kinders in LO goeie maniere, selfrespek en leermetodes. CVO skole het Bybelonderrig as verpligte vak tot in gr 12. Ons kinders speel handtjietennis, sokker en albasters. Waarom moet jou kind in ‘n skool wees waar sy moet opstaan vir haar beginsels. Plaas hul eerder in ‘n CVO skool waar hul Christelike beginsels geleer word. Kom jou doop belofte na!

Potjie ·

Hulle sienswyse rakende die heilige seksuele daad is geheel en al verkeerd. God het toegelaat dat die menslike liggaam voorbereid ontwikkel het vir voortplanting. Die mens gemaakte dade soos anale en orale seks hoort nie in die oorspronkilke seksdaad te wees nie. Elke deel van die liggaam het n werking en die 2 afstootlike dade is nie deel van God se saligheidsplan vir die mens nie. Elke deel het sy doel. Alleenlik die geslagdele is nodig vir voortplanting. Anale en orale seks is nie deel van dit nie. Dis menslike begeertes is verkeerd. Dit is so verkeerd om vir n kind te vertel dit is hoe dit gedoen word. Ek kan net dink hoe grillerig dit vir die kinders sal wees om dit te leer. I vote NO!

Wiki ·

My kind nou in graad 6. Het die week van kondome begin leer, en alles daaromtrent … sê dit is baie ongemaklik want hulle sit saam met seuns in die klas. Gelukkig het ons ‘n baie oop verhouding en vra hulle maar as hulle iets nie verstaan nie. Hulle is glad nie reg vir sulke onderrig nie. Hulle is nog kinders!

Michelle ·

Hoe moet ons maak om ons stemme gehoor te kry en ons kinders te kan beskerm?!?

JJ ·

Dalk moet ouers hul sokkies optrek en dit self doen, inplaas van om alles te los vir ons onderwysers.

Wielspore ·

Gee jou kinders die beste opvoeding in al die velde sodat as iemand eendag ‘n pak slap chips op die tafel gooi, sal jou kinders weet hoe om reg op te tree.
Hierdie opvoedings program soos deur die regering voorgestel, is niks anders as ‘n pak slap chips.

My Mening ·

Voor hierdie drek van n vak was daar Bybelstudie, ek bid vir my 3 jarige se skoolloopbaan en mag hy skotvry loop van hierdie gebrain washery van die NWO. My seun, staan sterk! Ek hoop my broers en susters beskerm hul kinders ook met alle mag en krag deur ons Koning Yashua van hierdie onheil! Mag Hy met ons wees wanneer ons die aanslae teen die waarheid moet teestaan! En mag ons rus met die wete dat alles waardeur ons gaan net n formaliteit is want die uiteinde is beslis en insig! Amen!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.