Ses in hof ná Bramley-kaping

‘n Skermgreep van die video wat wys hoe die vrou in Bramley, Johannesburg, gekaap word (15 November 2019) (Video: Twitter)

Ses mans wat betrek word by ʼn voorval in Bramley in Johannesburg waar ʼn vrou verlede week vroegoggend in ʼn kapingsvoorval doodgeskiet is, het Maandag vlugtig in die Alexandra-landdroshof in Johannesburg verskyn.

Brig. Mathapelo Peters het aan Maroela Media gesê die mans het in die hof verskyn en die saak is tot 25 November uitgestel. Die mans bly tot dan in aanhouding.

Die mans word in die stadium nie van moord aangekla nie. “Die polisie-ondersoek duur steeds voort om bewyse vir vervolging in te samel,” het Peters gesê.

Maroela Media het vroeër berig die 56-jarige vrou, ʼn werker van die nooddiensmaatskappy Emer-G-Med, is die oggend omstreeks 05:30 op die hoek van Dublin- en Cunningweg in Bramley gekaap. Die voorval is op kringtelevisie opgeneem en het groot opslae gemaak nadat dit op sosiale media versprei is.

Dit wys hoe die vrou by die oorgang in Bramley stilhou, waarna vier aanvallers haar motor omsingel. ʼn Ander motoris nader die oorgang stadig en versnel dan – moontlik omdat dié persoon besef het wat aan die gang is.

Die vrou se motor beweeg stadig tot in die oorgang, een van die kapers stap weg, keer terug na die motor en spring dan saam met sy drie makkers in die voertuig, waarna hulle wegjaag.

Die slagoffer se liggaam bly in die oorgang agter.

Die polisie het ná die voorval al die hulpbronne tot hul beskikking ingevolge die sogenaamde 72 uur-reaksieplan ontplooi en die ondersoek het beamptes na ʼn taverne in 4de Laan in Alexandra gelei. Altesaam 17 mense is aanvanklik in hegtenis geneem en ʼn onbekende aantal het gevlug.

Ses mans is met die kaping en moord op die vrou verbind. Die ander is vrygelaat.

Die groep word boonop verdink van betrokkenheid by nóg drie rooftogte, insluitend ʼn sakerooftog by U-Save in Alexandra verlede maand en ʼn rooftog by ʼn Chicken Licken in Bramley vroeër dié maand.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

JZ ·

Daar moet net een ding gebeur om die mense in die bek te ruk wat moord pleeg …………..DOODSTRAF !!!!!!!!!!!

Griet ·

SWAARSTE moontlike straf, vir hulle almal! Nietemin… soo jammer, vir julle verlies, aan die familie, mag Hy, julle Vertroos en Deurdra

Johann van zyl ·

Die opskrif maak nie sn nie. Sy is eers vermoor en toe is motor gekaap

Michael P ·

Baie snaaks ek het nog geen tv dekking oor hierdie moord gesien nie seker nie nuus nie dit is net n moord.

Dan ·

Al hkm daar gespring word om hulle vas te trek,hulle was ongelukkig op video wat die wereld versprei het,wat sou gebeur as hulle nie op video was???suspects still being investigated,anc jaa,ekt een woord,immigrasie.

Linda ·

Maroela Media het die oorlede vrou se ouderdom hier verkeerd !

Jana ·

Ek verstaan seker nie mooi nie, maar hoe op hierdie aarde word hulle “nog nie” aangekla van moord nie?! Waarvoor word hulle dan aangehou? Omdat hulle ‘n verkeersknoop amper veroorsaak het?
Ek is stom geslaan

Michelle ·

Nee hul word nie vir moord aan gekla nie want die geweldadige misdadigers kan weg kom met die moord al was hulle nou met vorige misdaad betrokke en as die polisie hul werk net bietjie ordentlik doen vind hul uit daar is dalk ‘n ander moord ook gepleeg die vrou het haar seker nie self vermoor nie. Doen vir ‘n slag jul werk dit is waarvoor julle betaal word . Dit is vir die hof om te besluit. Mag hul swaar gestraf word en baie sterkte vir die geliefdes wat voorlê.

Pitty ·

Daar word n boer in Mpumalanga van moord angekla en in hegtenis geneem omdat hy homself verdedig. En hier is nie eers n moordanklaag. Twyfel nog iemand dat die staat ‘n antiwitagenda het.

Lynette ·

Danie….die slagoffer se naam is Isabel van Coller….en wat vir my nog meer hartverskeurend is, is dat sy een van ‘n tweeling is…haar sussie moet seker voel dat helfte van haar liggaam en siel weggeruk is.

Harriet ·

Dankie, Lynette. Ja, ek’s die tweelingsussie. En ja, dit voel of die helfte van my liggaam en siel weggeruk is.

Attie. ·

Ek het ook ‘n paar vrae maar ons sl maar moet wag opantwoorde. Al wat ek weet geen mens kan na sononder buite sy huis wees nie en nou lyk dit my mens kan nie eens bedags op straat wees nie. Elke misdadiger weet dat hy nooit die doodstraf opgele sal word nie. Die ergste is ‘n paar jaar in die tronk. Hyt niks om te verloor nie.

JK ·

Dit is so sad dat ons land sulke afgryslike dade teen wittes moet sien. As hulle haar dan nie vermoor het nie, wie anders? en dit vir ‘n kar. Hoe kan hulle nie van moord aangekla word nie?

Lynette ·

JK….nie eens vir.n kar nie….die kar is nog dieselfde dag verlate gevind.

Dom Vraag ·

Doodstaf al wat in die land van ons gaan werk. Dis sekerlik nie hulle eerste keer nie en ook nie hul laaste keer nie as daar nie iets aan hulle gedoen gaan word nie. Daar is mos nou geen twyfel wie dit gedoen het nie, hulle is op video. Wat hulle doen is verkeerd, klaar

Nettie ·

Nee, Dom Vraag, DOODSTRAF IS NIE AL WAT IN ONS LAND GAAN WERK NIE. Het jy al daaraan gedink dat – met ons duidelik ras-bevooroordeelde regstelsel (in sommige gevalle, soos bv, die Doodskis2 en Coligny2) – doodstraf opgelê sal word aan ‘n sekere rasgroep, maar nie aan ‘n ander rasgroep nie, in die algemeen gesproke? Jy sal mense kry wat vir beweerde rasse-haat misdade die doodstraf opgelê word, maar in ander meer ernstige gevalle soos moord en verkragting, sal daar net tronkstraf opgelê word INDIEN DAAR ARRESTASIE, VERHOOR EN SKULDIGBEVINDING HOEGENAAMD plaasvind.

heinrich ·

al wie die doodstraf sal kry is die wat hulself verdedig

MyFlokMarelize ·

Voorbladnuus is van toepassing op koerante … hoofnuus op stasies

Martie ·

Terwyl die vrou se familie in rou gedompel is oor wat met haar gebeur het – duidelik te siene – word die luise net oor die vingers getik: moenie dit weer doen waar julle gesien word nie. Wat gebeur more “hulle ontsnap”.
Innige simpatie aan die vermoorde se familie

Retha ·

Hulle maai ons af soos nuttelose vliee en ons is absoluut magteloos!!!

Michael P ·

Hoekom se die. verdagtes nie vir die hof dat die vrou het dood by die robot aangekom nie. Ek neem aan die regter sal hulle nog glo ook.

Bitter ·

Hierdie onskuldige vrou is dood. Haar familie is stukkend en dit sal hulle vir altyd bybly. Daar sal nou lank geskryf word oor die saak. Uitgerekte hofsake, wat vir die familie en gesin bitter sal wees. Aan die einde sal die brutale moordenaars vry losies met n glimlag ontvang. Hulle sal oor hul gruwe daad in die tronk tussen die ander spog, en miskien uitruil wie die waaghalsigste was. Kastig dan berou toon en model loseerders word. Op parool gaan sonder berou, sonder insette van die slagoffers, en dan maar net weer aangaan indien hulle nie van ouderdom dood is nie. Alles sal ook nog gedoen word dat hulle nie in die tronk (losieshuis) sterf nie, want hulle het reg tot lewe. Slagoffers het nie die reg tot lewe nie, dis hulle ontneem.

Michael P ·

Heeltemaal korrek Bitter. beter kon jy dit nie stel nie.

heinrich ·

google “Jesuit oath”. 1 Tess 4:15-18 vir die familie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.