Ses mense doodgeskiet in Wes-Kaap

Die toneel waar die skietery plaasgevind het. Foto: Phando Jikelo/African News Agency(ANA)

Altesaam ses mense is dood en vier mense beseer tydens ʼn skietvoorval in Khayelitsha in die Wes-Kaap.

Brig. Novela Potelwa, polisiewoordvoerder, het gesê die skietvoorval het Woensdagmiddag in Solomon Tshuku-straat in Khayelitsha se Blok C plaasgevind.

Die polisie is omstreeks 16:00 na die toneel ontbied. “Met hul aankoms is hulle meegedeel dat onbekende aanvallers talle skote binne en buite die perseel afgevuur het.”

Altesaam ses mans is op die toneel dood verklaar, terwyl vier mense, tussen 23 en 27 jaar oud, beseer is en na hospitale vir mediese behandeling geneem is.

“Die motief vir die skietery is nog nie bekend nie.” Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie.

Dit volg nadat vier familielede verlede week in Browns Farm op die Kaapse Vlakte doodgeskiet is.

Twee gewapende mans het verlede Donderdagaand ʼn huis in Makhosistraat binnegedring en drie vroue en ʼn seun doodgeskiet. Die vroue was onderskeidelik 18, 30 en 69 jaar oud en die seun was 11 jaar oud.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Persheks Adri ·

Mos vakansie misdaad die slim man… Glo die nuwe stats gaan WEER verkeerd wees soos altyd

Belinda ·

Ja Cele wil jy nog nog geld mors en hul families besoek of wil jy liewer erken daar is moeilikheid en regte mense oplei om misdaad op te los.

My siening ·

Verander die straat naam Cele straat, want dit is wat gebeur as n kriminele staat gelei word deur korrupte ANC. Sit in geskiedenis boeke want ANC IS TROTS DAAROP!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.