Ses onwettige mynwerkers by Orkney doodgeskiet

Die mynskag naby Orkney in Noordwes waar die polisie toegeslaan het. (Foto: SA Polisie/Valke)

Ses onwettige mynwerkers is Woensdagaand in ʼn skietery met die polisie naby Orkney in Noordwes doodgeskiet.

Lede van die Valke, die polisie se spesiale taakmag, die intervensie-eenheid, misdaadvoorkomingseenheid, lugvleuel, springstofeenheid, die kriminele rekordsentrum en beamptes van Bidvest Protea Coin Security het in ʼn intelligensiegedrewe operasie op ʼn mynskag in die gebied toegeslaan.

Kol. Katlego Mogale, woordvoerder van die Valke, sê daar is op die multidissiplinêre span losgebrand, waarna die polisie teruggevuur het. Ses verdagtes is doodgeskiet en nog agt gewond. Altesame 87 mense is ook in hegtenis geneem.

Volgens Mogale is een spanlid tydens die kruisvuur gewond.

Die gewonde verdagtes is onder polisiebewaking na ʼn hospitaal geneem.

Die polisie het beslag gelê op twee minibusse, myntoerusting, goudstof, 11 onwettige vuurwapens (drie haelgewere, drie gewere, vier pistole en ʼn rewolwer), asook sakke met kos.

Die verdagtes sal Maandag in die Orkney-landdroshof verskyn op aanklagte van poging tot moord, die onwettige besit van goud, die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie, die onwettige besit van verbode wapens, diefstal en sameswering om ʼn misdaad te pleeg.

Vroeër vandeesmaand is ses onwettige mynwerkers in dieselfde omgewing in ʼn skietery met die polisie dood. Nog 35 van die onwettige werkers is in hegtenis geneem.

Sommige van die wapens waarop die polisie beslag gelê het. (Foto: SA Polisie/Valke)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Harley Davidson ·

Die diewe is vir jare gelos,nou doen die polisie darem iets wat n goeie ding is maar of hulle gaan deurdruk en die probleem gaan uitroei moet gesien word.

Casper ·

Wees verseker dat ten minste 90% uitlanders is met die meeste wat van Lesotho afkomstig is.Hulle is berug vir onwettige mynbedrywighede.

Dirk Mostert ·

Zero-toleransie vir onwettige myners, perlemoen- en wildstropers!

Kokerboom ·

Die duiwel in vorm van boewe en onwettige immigrante asook patetiese ANC regering loop rond soos ‘n brullende leeu en verwoes ons mooi land.Kan uitgewerkte- skagte maar nie ingeplof word?

anniekiewiet ·

Wat word nou van hulle? Gaan daar aangehou word om hulle te verwyder?

Snowball ·

En by Snake Road in Benoni waar twee jongmense vermoor is gaan onwettige myners eenvoudig voort asof niks gebeur het nie. Daar kon lankal ingryping deur die polisie gebeur het, maar dié ouens betaal hulle eie bewapende magte om hulle sekuriteit te verseker. Instroming van buitelanders en te veel kriminele om mee rekening te hou.

Phillip ·

Ek voel Persoonlik hulle risk hulle lewe onder in die myn wat nie meer werk nie hulle werk vir daai goud en het geen moedernde toeristing nie hoekom hulle virhinder om ook n geld teverdien deur hulle harde werk

Snowball ·

Onwettige myn aktiwiteite in Jhb is ‘n groot gevaar – moontlike sinkgate asook skade aan gas en brandstof pyplyne wat kan lei tot iets soos Chernobyl. Daar is ‘n rede waarom myne aan veilgheidsvereistes moet voldoen en elke Jan rap en sy maat nie kan begin dolwe soos die gier en gierigheid hulle beetpak nie. Hierdie onwettige myn – gemeenskappe lei tot onwettige wapens, bendegeweld onder groepe en is ‘n risiko vir almal in hulle omgewing.

Hendrik ·

Meneer Bheki Cele verduidelik asseblief vir Suid Afrika hoekom meer as die helfte van die wapens op die foto hierbo heel moontlik vanuit die hande van ons Weermag of Polisie kom?

Daardie Mafia Hoedjie wys dalk meer as wat ons besef.

Di ·

Regering het GEEN beheer oor immigrante wat onwettig die land in stroom nie. Korrupte amptenare op grensposte ook grootliks verantwoordelik daarvoor. Land van melk en heuning! Rooikappie nooi mos sy “brothers” om hier te kom plak.

Anton ·

En van die vuurwapens lyk soos of weermag of polisie wapens

NuusUil ·

Ja as gevolg van die Zama Zama mag my man en n almal wat ondergrond werk geen eetgoed of ddrinkgoed behalwe water saamvat nie . Hulle werk party keer 10 ure plus ondergrond . Die hele lot moet verwyder word en ou skagte moet met cement gevul word en enige ander ingang sommer met dinamiet toegemaak word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.