Sewe ontsnap uit Oos-Kaapse tronk

Argieffoto bloot ter illustrasie. (Foto: Unsplash)

Die departement van korrektiewe dienste (DKD) in die Oos-Kaap het Dinsdag ʼn grootskaalse soektog na sewe mans van stapel gestuur nadat hulle in die vroeë oggendure uit ʼn gevangenis in Makhanda ontsnap het.

Al die ontsnaptes is Zimbabwiese burgers wat skuldig bevind is aan renosterstroping.

Singabakho Nxumalo, woordvoerder van die DKD, sê die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) is vandag in die vroeë oggendure in kennis gestel dat sewe mans uit die korrektiewe fasiliteit in Makhanda (voorheen Grahamstad) ontsnap het.

“ʼn Ondersoek na die voorval is ingestel en die ondersoekbeamptes is nog besig om die presiese omstandighede van die ontsnapping vas te stel,” sê hy.

Die veroordeelde renosterstropers is intussen as Nhamo Muyambo, Francis Chitho, Trymore Chauke, Lubuyo September, Abraham Moyane, Simba Masinge en Bennet Kwarrile geïdentifiseer. Hul ouderdomme en foto’s sal egter eers later vandag aan die publiek bekendgemaak word.

“Die DKD doen ʼn beroep op lede van die publiek om enige inligting oor die ontsnaptes aan die polisie deur te gee,” sê Nxumalo.

“Die mans is gevaarlik en moet nie gekonfronteer word indien hulle in die openbaar gewaar word nie. Ontbied eerder die polisie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Marianne ·

ONTSNAP – ja – en ek glo so. Maar, ha ha ha ad infinitum.

Elize ·

My tyd in Korrektiewe Dienste was daar eerlike mense aan die werk. Vandag praat omkoopgeld die meeste

Nierkie ·

Die meeste mense is nogsteeds eerlik, kom ons kyk maar eers wat gebeur het

Delia ·

Jy gee geld. Ek gee die sleutel of los die deur vir jou oop

My siening ·

Wat is nuut in of uit hulle kriminele is moes vry om in die land te beweeg. SA gangster state!

JohanR ·

Hoeveel geld is oorhandig vir die tronk sleutels? Nou op belastingbetalers moet die 7 die land oral gejaag word om weer terug in die tronk te kry.

Morné ·

Dit klink vir my na ‘n “inside job”, dit is nie moontlik om sonder die hulp van bewaarders so iets reg te kry nie. Beloftes van omkoopgeld, of afpersing om familie lede leed aan te doen. Soos al die ander gevalle van misdaad in ons land sal ons nooit die waarheid weet nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.