Sirkus oortree glo wet oor diere

Die Kaap van Goeie Hoop-DBV het ’n waarskuwing aan die McLaren-sirkus uitgereik. (Foto: Cape of Good Hope SPCA-webblad)

Die Kaap van Goeie Hoop-dierebeskermingsvereniging (DBV) in die Wes-Kaap het Maandag ’n waarskuwing aan die McLaren-sirkus uitgereik vir verskeie oortredings ingevolge die Dierebeskermingswet.

Dít volg nadat Jaco Pieterse en Jeffrey Mfini, inspekteurs by die DBV, ʼn inspeksie by die sirkus – wat die afgelope naweek in Muizenberg was – gedoen het. Sowat 100 diere-aktiviste het boonop Saterdag buite dié sirkus saamgedrom om teen dieremishandeling en die gebruik van diere in sirkusse te betoog.

Tydens die inspeksie is bevind dat die sirkus glo aan minstens ses oortredings skuldig is. Dit sluit in beperkte beweegruimte en ʼn tekort aan water vir een van die sirkus se leeuwyfies.  Die DBV is nie toegelaat om foto’s te neem nie.

Die organisasie het die sirkus gevolglik gewaarsku om sommige probleme binne 48 uur op te los en ander binne sewe dae.

Oortredings

“’n Leeuwyfie is in die voorste kompartement van die sleepwahuis wat dié katte vervoer, gevind. Sy was van die ander leeus geskei en het nie toegang tot drinkwater, ander kompartemente of die buite oefengebied gehad nie – behalwe tydens die vervoer van die leeus,” lui die verklaring op die DBV se webblad.

Volgens die DBV het David McLaren, eienaar van die sirkus, die inspekteurs meegedeel dat die leeus geskei is omdat hulle baklei het.

“Indien dit die geval is, moet die leeus te alle tye apart gehou word om bakleiery te vermy. Al die diere moet in só geval egter steeds toegang tot voldoende spasie hê.

“Die leeuwyfie het ook nie toegang tot enige vorm van drinkwater gehad nie. Drinkwater moet te alle tye aan alle diere voorsien word.”

Diere-aktiviste het Saterdag buite die McLaren-sirkus in Muizenberg in die Wes-Kaap betoog. (Foto: Cape of Good Hope SPCA-webblad)

Poedel-probleme

Die DBV het verder kommer uitgespreek oor die toestand van drie Franse poedels, Jamie, Sasha en Kiemie, se tande.

“’n Veearts moet al drie honde binne 48 uur in dié verband ondersoek en ’n verslag aan die DBV stuur. Die veearts moet ook skriftelik bevestig dat die drie honde geskik is om aan die sirkus deel te neem.”

Omgewingsverryking nodig

Die DBV sê voorts dat die leeus en Bengaalse tiere van bykomende voorsien moet en dat dit gereeld aangepas moet word om die diere “se belangstelling te bly prikkel en hulle besig te hou om sodoende gevangenskapstres te verlig”.

“Die houtstomp wat tans aan die groot katte in elke oefengebied verskaf word, is onvoldoende. Voldoende omgewingsverryking moet binne 48 uur verskaf word.”

Vuil hokke en vlieë

Daar is verder bevind dat die dierehokke stink en onhigiënies is.

“Die kampe en hokke moet minstens een keer per dag – selfs meer – skoongemaak word om die ophoping van ontlasting en urine te vermy.

“ʼn Sigbare vliegprobleem moet ook dringend opgelos word, veral met betrekking tot die leeus en Bengaalse tiere. Hierdie probleem kan die gevolg van swak higiënestandaarde wees. Voldoende vliegafweermiddel moet binne 24 uur verkry en dienooreenkomstig toegedien word om die diere teen uitwendige parasiete soos vlieë te beskerm.” Die DBV is ook bekommerd dat die leeus en tiere dalk beserings kan opdoen aangesien daar nie ʼn reling op die houtloopplank, wat in en uit die sleepwa lei, is nie. Dít sal glo verhoed dat die leeus en tiere gly, veral in nat weerstoestande. “Die Kaap van Goeie Hoop-DBV is bowenal gekant teen wilde diere in sirkusse. Wilde diere hoort in die natuur.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

JohanR ·

Het nie geweet wilde diere word nog in die sirkus gebruik nie? As jy ‘n leeu wil sien gaan kyk in die opelug wa

Maritza ·

Nie almal het die voorreg om dit te kan doen nie. Solank die diere goed behandel en versorg word volgens DBV standaarde

Yolandy ·

Waar nie almal.kan R3000+ per nag bekostig met.die hope om.n leeu pf wilde dier te sien nie

Swerwer ·

Stuur beraaders vir die diere-aktiviste en DBV inspekteurs. Sekelik is die sirkus span opgelei om na die diere se behoeftes om te sien en dit nie in hokke te laat doodgaan van honger soos ander wesens nie.

Shaneen ·

Het jy die artikel gelees? Klink dit vir jou of hulle na die diere omsien?

Swerwer ·

Hul het die leeus uitmekaar gehou omdat hul baklei het. As hulle dit nie gedoen het nie was daar meer drama. Toe die DBV daar aankom was daar nie water in die leeu se hok nie. Sekerlik was die persoon wat die diere versorg op daardie staduim besig met sy plig by ander diere en sou beslis nie die leeu met opset sonder water laat staan het nie. Die wesens wat die diere is die dieretuin laat doodgaan en sonder kos laat staan het, het absoluut niks oorgkom nie en die nuus berig het ook nie opgevolg om te sê maande na van die oorlewende diere geskuif is, daar nog diere agtergebly het wat weereens soder kos agtergebly het en dood is. DIT IS MOORD EN DIE SKULDIGE MUNISIPALITEIT WESENS MOES VERVOLG GEWEES HET.

Hasie ·

En waar Moet die mense opleiding kry ? Wilde diere hoort in die natuur …nie in hokke nie …Daardie dier is onnatuurlike omstandighede …hul het spasie nodig om te Jag en te loop … ‘ n hektaar per leeu …nie in trok van grootte my slaap kamer nie …. Maak ‘ n Pitbull in Klein badkamer toe en sien wat gebeur …

Deon ·

n Dier weet nie dat hy/sy n handreeling moet gebruik as hul teen n looplank oploop nie… Ek het ook nog nie n reeling in die natuur gesien nie

Misky ·

Sluit hulle so paar dae toe sonder kos, water en beweegruimte asb.

mynie ·

Toe hulle in Atlasville gestaan het, het ons self gesien hoe die een leeuwyfie sonder enige skuiling in vol son gele het, met geen drink water. Toesighouers het net hulle skouers opgetrek toe ons dit aan hulle uitwys.

Pandora ·

Waarom word ENIGE diere nog in sirkusse toegelaat? Het ons as mensdom nie die aarde al genoeg laat ly nie? Ongelukkig kan hierdie sirkusdiere nie weer vry in die natuur wees nie, maar kan hulle nie ten minste in ‘n “sanctuary” vrygelaat word waar daar na hulle omgesien kan word nie? Boikot enige sirkusse met wilde diere.

Maverick ·

Raak onslae van alle sirkusse. Hulle is nie die enigstes wat al oor gekla is nie. As Jy diere wil he moet daar na hulle gekyk word.

FJ ·

Kom nou. Alle sirkusse gebruik nie diere nie. Was baie bevoorreg om die Moscow Circus vertoning by te woon in Kaapstad. GEEN diere, baie duur maar elke sent die moeite werd.

Kobus ·

LOL, net jammer die kaartjies vir daai sirkus is baie duur! Dink amper dit is gelyk aan belasting plus dit wat wegraak

JM ·

Wilde diere hoort in die natuur, nie in hokke nie. Laasgenoemde is wreed.

SjN ·

Daar is klomp narre in sekere possisies beskikbaar wat die sirkus eienaar kan kry.

Klaar me Maroela ·

Tussen 2019 en 2021 is die gebruik van wilde diere in ‘n sirkus in Europa, Verenigde Koningkryk en die VSA volgens wet verbied. Slegs honde, katte, perde en ander sogenaamde “huishoudelike ” diere mag gebruik word.

Dit behoort in Suid-Afrika ook wet te word.
As jy wilde diere wil sien, gaan wildtuin toe.

Rudolph ·

Ek versoek mense om asseblief nie sirkusse wat van diere gbruik maak te ondersteun nie. Die feit dat McLaren sirkus ‘n oortreding begaan het in terme van dierewetgewing behoort tot ons te spreek

Yolandy ·

DBV kort.seker weer geld maar hulleself oortree die dierewette na 3 maande. Wat is n sirkus sonder doere… Niks. Ek hou niks van aktiviste nie, hulle os die slegste mense op aarde.

Marius ·

Diere hoort lankal nie in die sirkus, het eintlik nooit…

Chantel ·

Dis siek!!! Ek ondersteun geen meer enige sirkus nie, al vir baie lank

Aai ·

Ja man en dier nog altyd goeie vriende so nou gaan nog mense sonder werk sit.Ek verstaan as hulle wild is kan dit ‘n probleem raak.

FBS ·

Wonder wanneer gaan die DBV besef hulle verantwoordelikheid is katte, honde, beeste en skape in ons dorpe. Hulle het geen saak by wilde diere nie. Doen liewer julle werk in die dorpe en nedersettings en los die wild uit. Die DBV kos ons land miljoene rande in verlies van inkomste deur uitvoere teen te staan. Begin liewer kospakkies uit deel en Suid Afrikaanse boere help om diere, vleis en vrugte uit te voer.

Niel ·

Maar n dier in die sirkus is nie meer n wilde dier nie. Dis n getemde dier…

Hasie ·

Hoogtyd dat die sirkuse met diere toegemaak word ..Onder watse stress verkeer daardie diere nie ….die Vervoer van daardie diere is klaar stress genoeg . Die diere kry nie die korekte voeding nie en of mediese hulp Nie. Wat word van die dier as sy surkus tyd verby is? Van die diere Moet Jag …Nou word hul gevoer ?……Sit enige moderne mens in Klein plekkie sonder sy WiFi ,TV ,foon ,rekenaar,of enige aktiwiteit met net stomp in vir ” entertainment” ….en vir 4 tot 6 Ure van die mens sê bestaan sien jy net 4 mure en die vloer beweeg Onder jou vir daardie ses tot vier Ure … …mense Moet verder dink as hul eie selfsugtige optredes ….

Nico ·

Geen dier in gevangenskap behoort mag nie so behandel word nie, daar moet genoegsame water en beweegruimte wees, ook moet die hokke skoon wees. Die DBV moet ook gaan kyk hoe die diere by privaat wonings gehanteer word. Wanneer jy ‘n dier wil aanhou versorg die diere behoorlik.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.