Dit is totaal onaanvaarbaar dat Hlaudi Motsoeneng, voormalige bedryfshoof van die SAUK, deur ʼn span lyfwagte beskerm word terwyl die SAUK-8, van wie sommige al doodsdreigemente ontvang het, geen beskerming kry nie.
Só sê Anton Alberts, woordvoerder van die VF Plus. Hy sê die voorval waarin een van die agt, Suna Venter onlangs met vermoedelik ʼn windbuks in die gesig geskiet is, onderstreep die erns van die doodsdreigemente teen die joernaliste.
Venter was op pad na vriende toe sy buite ’n wegneem-eteplek in Linden geskiet is.
“Die polisie moet die dreigemente teen die joernaliste deeglik ondersoek om vas te stel wie daaragter sit. Die blote feit dat feitlik almal doodsdreigemente ontvang het, wys duidelik dat dit heel waarskynlik ʼn georkestreerde poging was om die joernaliste te intimideer en hulle tot swye te dwing,” het Alberts bygevoeg.
“Die SAUK moet onmiddellik stappe doen om seker te maak die joernaliste kry ook beskerming. Indien dit nie gebeur nie, sal dié uitsaaier ten volle die verantwoordelikheid moet aanvaar indien een van hulle wel leed aangedoen word. Die VF Plus wens me. Venter ook spoedige en volkome herstel toe.”
Lees alle vorige berigte oor die SAUK8 op Maroela Media.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
11 Kommentare
Hlaudi hoort in die tronk. Daar het hy nie lyfwagte nodig nie. Ek kan nie insien waarom hy wagte moet he nie. Liewe hel.
Kom ek waag n mening Die een wat dit veroorsaak het sit daar agter en hy word beskerm om dit te doen As ons land se intelegensie afdeling nie so korup was nie kon hulle lankal iets daar omtrent gedoen het
Julle kan dit noem wat julle wil, ek noem dit terrorism’s.
Dit is ‘n skande, maar die anc sal soos gewoonlik nie ‘n woord daaroor sê nie.
Die meneer gaan weer deur die ANC ontplooi word. Dis hoekom.