Skeld hospitale kwyt van beurtkrag

Argieffoto (Foto: Unsplash)

Die 420 staatshospitale en 3 000 staatsklinieke steier weens beurtkrag wat die verskaffing van gehaltesorg in hierdie gesondheidsfasiliteite negatief raak en enorme druk op gesondheidswerkers plaas net om hul werk gedoen te kry.

Die Raad op Gesondheidsberoepe in Suid-Afrika (RGB) vra nou dat alle hospitale, klinieke en ander gesondheidsfasiliteite van beurtkrag kwytgeskeld moet word.

Fase 5-beurtkrag, wat Dinsdag ingestel is, geld steeds en daar is ʼn kans dat ʼn laer fase Donderdag ingestel kan word.

Volgens prof. Simon Nemutandani, president van die RGB, maak meer as 80% van Suid-Afrikaners staat op openbare gesondheidsorgdienste en die inwerkingstelling van beurtkrag kan “katastrofies in die gesondheidsorgomgewing wees, met uiteenlopende en verreikende gevolge”.

“Gesondheidsorgpraktisyns in staatshospitale kan weens beurtkrag nie noodoperasies betyds doen nie en stel gevolglik die lewe van die pasiënte in gevaar,” waarsku Nemutandani.

“Hierdie gesondheidsfasiliteite is ook platforms wat gebruik word vir voorgraadse internskappe en nagraadse opleiding van gesondheidswerkers wat ook negatief deur beurtkrag geraak word.

“Kragonderbrekings plaas ernstig siek pasiënte – wat afhanklik is van lewensondersteunende masjiene – in gevaar. Die werkverrigting en lewensduur van mediese toerusting en toestelle word ook negatief deur kragonderbrekings geraak.”

Private fasiliteite en sekondêre- en tersiêre-vlak-staatshospitale is meestal goed toegerus met kragopwekkers, maar kleiner fasiliteite, ook wesenlik klinieke, het gewoonlik nie rugsteunkrag nie en sit in die donker.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Robert ·

Tegnies is dit nogal moelik om dit te doen, elke hospitaal en kliniek sal aparte kragtoevoer moet kry sodat dit nie af is terwyl die buurt se krag af is nie.

domheks ·

Nuwe RSA. Net solank die kaders se krag aanbly kan die res maar daarsonder klaarkom!

Delia ·

Dit moet geld dan vir alle hospitale. N Pasiënt bly n pasiënt.

Casper ·

Hospitale en oue tehuise waar daar ook “frail care” eenhede is.

Jacobus ·

Dit “klink” reg so! Dit tesame met Soweto en groot swart metropole dan betaal die gewone “suckers” weer vir alles!

marius ·

Hoe doen jy dit ???? Die area word afgesit . Dan moet dieselfde geld vir munusipale waterpompe want hulle het kwansuis nie kragopwekkers nie . ALMAL loop deur .

Perdeby ·

Hulle praat bog, want geen staatshospitaal kry beurtkrag nie. Almal wat op dieselfde grid van ‘n staatshospitaal of brandweer bly het nog NOOIT beurtkrag gehad nie. Die privaat hospitale kry wel beurtkrag.

Antie Sarie ·

Privaat hospitale, ten minste die wat ek van weet in Pta, kry nie beurtkrag nie. Asook die publiek wat op dieselfde lyn woon.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.