Skerp styging in kinkhoes-gevalle

Argieffoto (Foto: Unsplash)

Gevalle van kinkhoes het die afgelope drie maande skerp onder kinders in Suid-Afrika toegeneem, met 109 gevalle wat net tussen Julie en 15 September onder kinders jonger as vyf aangemeld is.

Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) sê altesaam 147 gevalle van kinkhoes is sedert die begin van die jaar tot ’n week gelede aangemeld.

Altesaam 77% van die 147 gevalle was kinders jonger as vyf jaar (113 gevalle) en 79% van hierdie gevalle (89 gevalle) was babas jonger as drie maande.

Volgens die syfers is die meeste van die gevalle (42%, oftewel 62 gevalle) tussen Julie en Augustus in die Wes-Kaap aangemeld. Die res is eweredig tussen die ander provinsies versprei.

In September het die gevalle in die Wes-Kaap selfs verder gestyg, met 79% van die gevalle (38 uit 48 gevalle) wat in hierdie provinsie aangemeld is. Van dié gevalle was 89% (34 uit 38 gevalle) kinders jonger as vyf jaar en 74% (25 uit 34 gevalle) was babas jonger as drie maande oud.

Van die 34 gevalle in die Wes-Kaap het slegs 26 al ’n entstofdosis teen die virussiekte ontvang. Immuniteit ná inenting sal waarskynlik tussen vyf en ses jaar duur.

Episodiese opvlamming van gevalle kom elke drie tot vyf jaar in ’n ingeënte bevolking voor, sê Nios.

Klinici word aangeraai om waaksaam te wees vir die virussiekte se simptome by kinders wat hulle ondersoek.

Ouers en voogde met kinders jonger as vyf jaar word aangemoedig om te verseker dat kinders se inentings op datum is en om betyds mediese hulp te kry, veral vir babas.

Die simptome van kinkhoes kan lyk soos dié van ’n gewone verkoue en sluit in ’n toe- en loopneus, effense seer keel, ’n droë hoes en aanvanklik min of geen koors nie. Dae later kan die hoes vererger en kan dit gekenmerk word deur ’n skielike verergering in die simptome en ’n hyggeluid of selfs braking ná ’n hoesbui.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Elize ·

Waar kom jy vandaan George? Kinkhoes ‘n baie ou siekte en kinders onder 5 is mos nie gevaksineer nie of hoe? Kan jy onthou?

Miena ·

Maar word mens as baba nie inge-ent teen kinkhoes saam al jou ander inentings / inspuitings nie?

Elize ·

Whooping cough (also known as pertussis) is a bacterial infection that gets into your nose and throat. It spreads easily, but vaccines like DTaP (diphtheria, tetanus, and pertussis) and Tdap (tetanus, diphtheria, and pertussis) can help prevent it in children and adults.

Dis seker die slim mensies wat nie meer hulle kinder inent soos vroeer jare nie en nou kom maak al die ou siektes weer ‘n draai. Masels begin ook nou weer uitbreek.

OW ·

Heeltemal reg.Kinkhoes is ‘n bakteriese infeksie en nie ‘n virus infeksie nie.Dit word onder andere behandel met chlooramfenikol as sekondêre behandeling.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.