Skok wag in Maart by brandstofpomp

Argieffoto bloot ter illustrasie. (Foto: Pexels)

Suid-Afrikaners kan volgende maand ’n groot styging in die prys van brandstof verwag. Soveel só dat die prys van albei grade petrol moontlik in Maart die kerf van R24 per liter gaan verbysteek.

Huidige ongeouditeerde data van die Sentrale Energiefonds (SEF) toon dat die prys van 95‑oktaan‑petrol volgende maand na verwagting met R1,35 per liter sal styg en die prys van 93‑oktaan‑petrol met R1,31 per liter.

Die prys van diesel sal na verwagting met tussen R1,43 per liter en R1,59 per liter styg en die prys van paraffien met 96c per liter.

Die Automobiel-Assosiasie (AA) sê internasionale produkpryse speel ’n beduidende rol in die verwagte brandstofprysverhogings terwyl beweging in die rand‑dollar-wisselkoers marginaal tot die onderverhaling van die basiese brandstofpryse bydra.

Die AA sê hy is bekommerd daaroor dat hierdie verwagte brandstofprysverhogings net verdere druk op reeds sukkelde verbruikers sal plaas.

“Hierdie stewige verhogings bevestig ook ons oortuiging dat ’n hersiening van die brandstofprys nodig is om vas te stel of enige komponente binne die huidige prysmodel deur die departement van minerale hulpbronne en energie hersien kan word om stygende koste te versag, veral vir diesel as hoër insetkoste deur hoër pryse by die kassier verhaal gaan word.”

Die AA doen weer ’n beroep op die minister van finansies om dit sterk te oorweeg om nie die algemene brandstof- en padongeluksfondsheffings te verhoog in sy begrotingsrede van 21 Februarie nie.

“Enige verligting – selfs in die vorm van nie-verhogings – sal welkom wees vir ’n verbruikersbasis wat reeds wankel onder ekonomiese swaarkry.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Jack ·

Dit is nou al bietjie verby erg.Ons gaan nou moet besluit wie ry,wie eet en wie bly.Die hartseer is dat petrol eientlik net so oor die R10 moet kos.Die regering gebruik petrol om geld in te samel vir al hulle baie uitgawes waaroor hulle beheer verloor het.

Papsak ·

Nee kyk verby erg dit is pure moedswilligheid omdat minister swart is nou jaag hy petrol hoogte in hy seker nie ore nie of kan nie verstaan dat die AA met hom praat oor die hoe pryse nie kan nie so aan gaan nie regtig

SjN ·

Die onbevoegde kaders verhaal hul finansiele mislukkings vinnig deur die manupilasie van die brandstofprys.

Seef ·

Almal kla altyd, maar wat gebeur? Sweet blue, …….. Vee hulle net daaraan af!

Jeanette ·

Ek dink die hele land moet bietjie staak en toi toi oor al hierdie helse prys verhogings, lees ek gister nou wil hulle weet VAT ook opsit. Hoe moet mens verder oorleef en jou salaris gaan miskien 1 keer per jaar op. Mens leef alreeds net so by die broodlyn, waar gaan dit eindig? Die regering gee nie om nie want hulle almal verdien buitensporige hoe salarisse en baie staat instellings ook, sny bietjie op julle almal se salarisse en wend dit aan vir julle skuld en toelaes wat so mildelik uitgedeel word.

Andre ·

Jinne mense , wat word van die armstes van die armstes. As petrol en diesel opgaan gaan kospryse die hoogte in skiet. Wonder of dit nie maar ‘n teken is van die eind tye nie. Ons sal geld he maar sal niks daarmee kan maak nie. Kon seker ‘n ou baiesukkel gekry het maar die strate hier waar ek bly kan mens nie met ‘n fiets ry nie. Sal elke dag pap wiel moet regmaak.

Duck ·

Alles in die ou lewetjie van ons gaan op, petrol, diesel, kos, klere maar gelukkig gaan die krag darm af….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.