Skole gesluit: Dís wanneer ander grade terugkeer skool toe

(Argieffoto: ANA)

Die departement van basiese onderwys het uiteindelik Maandag regulasies in die Staatskoerant gepubliseer, wat meer duidelikheid gee oor wanneer en onder watter omstandighede leerders mag terugkeer skool toe.

Skole is opnuut vir vier weke gesluit, nadat onderwysvakbonde volgehou het dat onderwysers en leerders by die skool blootgestel word aan die nuwe koronavirus.

Gr. 12-leerders het reeds Maandag teruggekeer skool toe. Gr. 7-leerders kan op 11 Augustus terugkeer en gr. 1-, 2-, 3-, 4-, 6-, 9-, 10- en 11-leerders op 24 Augustus. Skole vir leerders met fisieke en leergestremdhede mag ook dan heropen. Leerders in gr. 5 en gr. 8 mag eers ʼn week later, op 31 Augustus, terugkeer skool toe.

Die nuwe regulasies maak egter daarvoor voorsiening dat skole wat kan bewys dat dit veilig is vir leerders om voor hierdie datums terug te keer skool toe, so mag maak.

Skole moet steeds aan die gegewe gesondheid -en veiligheidsmaatreëls voldoen soos vroeër bepaal en skoolbestuurspanne moet die week voor leerders se terugkeer verseker dat dié maatreëls getref is. Indien skole ʼn tekort aan maskers het (elke leerder en onderwyser moet twee hê), moet die hoof van die skool ʼn versoek hiervoor aan die betrokke onderwysdistrikskantoor rig.

Luidens die regulasies mag ouers ook kies om leerders nié terug te stuur skool toe nie, uit vrees dat hul kinders Covid-19 kan opdoen. Só ʼn ouer moet egter deur die skool hiervoor aansoek doen by die provinsiale departement van onderwys. Ouers mag ook kies om kinders permanent uit die betrokke skool te verwyder en tuis te onderrig, mits hulle kan bewys dat hulle formeel by ʼn instansie geregistreer is wat tuisonderrig bied. Ouers wat leerders uit die skool haal, moet weer formeel aansoek doen indien leerders na die skool wil terugkeer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Loompa ·

Verstaan glad nie hoe die mense dink nie…….. IS GRAAD 5 & GRAAD 8 nie belangrike jare nie? Hulle kan net sowel saam die 2de laaste groepe saam begin.

Eiervrug ·

Nou hoekom het hulle dan skole in die eerste plek gesluit as almal nou mag begin as hulle kan bewys dat dit veilig is??. Maak hulle hierdie reëls in die aand op as hulle slaap??? Die skole wat geforseer was om te sluit is veilig gewees van dag 1 af!!!!!

Toktokkie ·

Baie dankie aan almal wat so hard vir ons kinders se toekoms en skoolgaan baklei – ek is een ouer wat julle baie dankbaar is. Te midde hierdie ongelooflike moeilike tyd met ongekende uitdagings is dit ‘n groot troos dat ons kinders weer kan skool toe gaan en daarom wil ek baie dankie së want ek weet agter die skerms het mense baie hard baklei dat skole wat gereed en reg is weer kinders kan terug ontvang. Dis waarvoor ons gewag het vir 2 maande. Baie dankie.

stargazer ·

Hou die skole toe tot volgende jaar. Die DA Wil ook nie die skole oop he nie

stargazer ·

Allan Winde word geprys deur die ANC se Dugmore. Net daarna vra Winde vir die drank verbod by Ramaposer. Schaefer die DA onderwys minister het gevra vir 2 Weke skool sluiting nie 4 nie. Wat verskil maak dit. Om goed te lyk in die openbaar. Hulle is kop in een mus. Die DA is klaar

JohanR ·

Dra dit KopDoek en die unies se goedkeuring weg? Ons wil nie weer he Onder President Cyril Ramaphosa verskyn op die kassie 28ste Augustus en se weer anders nie.

Kobus ·

Jong, die lot in die regering het nou seker hulle skoene uitgetrek en somme begin maak met hulle tone en agtergekom die skool kinders en onderwysers gaan geen verskil maak in die groeiende Covid-19 syfers nie……onthou, die skole was toe en die syfers het geklim….

WLM ·

Skole vir kinders met gestremdhede is nooit gese om toe te maak nie maar nou wor hulle gese wanneer hulle weer mag oopmaak?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.