Skole sluit: ‘Onderwysvakbonde kom eerste en kinders laaste’

Die DA-leier John Steenhuisen. (Foto: Courtney Africa/ANA)

Pres. Cyril Ramaphosa se aankondiging dat skole weer vir vier weke sal sluit weens die Covid-19-pandemie het hewige kritiek ontlok.

“Pres. Ramaphosa het die knie gebuig voor die almagtige onderwysvakbonde, veral Sadou, wat nie die beste belange van leerders op die hart dra nie,” het John Steenhuisen, DA-leier, in reaksie gesê. “Dit is nie leierskap nie. Pres. Ramaphosa gedra hom soos ʼn ‘toeskouerpresident’ en neem opdragte van die magtige belangegroep wat hom die meeste bedreig.”

Die besluit is nie gegrond op die bes beskikbare bewyse nie, dit word nie deur onderwyskenners ondersteun nie en ook nie deur data oor die virus gestaaf nie. “Die wetenskaplike bewyse is dat skole leerders en personeel nie blootstel aan ʼn groter risiko as enige ander plek nie. Die sluit van skole sal vir jare ʼn verwoestende uitwerking op kinders hê. Dit sal ongelykheid in ons samelewing vererger. Die skooljaar sal verder ontwrig word en kan geheel en al in die gedrang kom.”

Volgens Steenhuisen sal dit tot gevolg hê dat talle leerders skool verlaat of so ver agterraak dat hulle nooit weer die skoolwerk kan inhaal nie. “Skoolvoedingskemas sal verder in gedrang kom. Skole sal gevandaliseer word. Namate onderwys in gevaar gestel word, sal armoede toeneem saam met die lyding en lewensverlies wat daarmee gepaardgaan.”

Pres. Ramaphosa is ook gekap oor die gebrek aan belangrike besonderhede in sy toespraak wat beteken dat ouers in die donker is en nie behoorlik kan beplan vir die volgende vier weke nie.

“Ná die vier weke lange skoolsluitings sal die virus steeds daar wees. Wat gebeur dan? Die besluit van die ANC-regering om skole te sluit, het niks te doen met die versekering van kinders of onderwysers se veiligheid nie, maar het alles te doen om die voortbestaan van die ANC en sy onbekwame staat te verseker.”

flip-buys-tweede-groot-trek-02

Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging. (Foto: Reint Dykema)

Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging, meen ook dat kinders vir radikale onderwysvakbond se eise geoffer is. “Daar is geen navorsing wat wys dat die sluit van skole in die beste belang van die kind is nie. Die teendeel is egter oor en oor bewys. Die vakbonde was eenvoudig roekeloos. Daar is ʼn direkte verband tussen Sadou se eise en hierdie besluite.”

Die Solidariteit Beweging en die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS) gaan omvattende regsadvies inwin aangesien daar geen waarborg kan wees dat die redes vir die sluiting binne vier weke gaan verander nie. “Daar moet ʼn rasionaal wees om regulasies in te stel, maar ook om dit te wysig. Die rasionaal kan nie die eise van vakbonde wees nie. Die huidige regulasies bepaal dat skole wat veilig is, oop moet bly. Dit is in die beste belang van die kind.”

Wêreldwyd wys dit dat die sluit van skole nie die infeksiesyfer vertraag nie, oordrag aan en van kinders is laag en simptome is normaalweg lig, meen Buys. “Die besluit oor matrieks is wel wys. Eenvoudige oop en toe besluite kan nie werk nie. Provinsies, streke en selfs woongebiede se infeksiesyfers verskil. Die Noord-Kaap kan nie met Gauteng vergelyk word nie. Skole en gesinne moet besluite kan neem volgens hulle unieke omstandighede. Beheerliggame is die verkose liggame uit die skoolgemeenskap en moet die besluite neem.”

Die sluit van skole kan nie in isolasie beskou word nie en het vernietigende gevolge vir beheerliggaamposte en die onderwyssektor in geheel. “As die ekonomie oop is en die skole sluit, plaas dit kinders en ouers in onhoudbare situasies. Kinders sonder toesig is meer blootgestel aan die koronavirus en talle ander risiko’s. Met elke sluiting van skole val meer kinders uit die stelsel met lewenslange gevolge.”

Die SOS meen ook dat Sadou stewig aan die stuur van onderwys in Suid-Afrika blyk te wees.

Melanie Buys, hoof van ontwikkeling aan die SOS, sê dat die SOS die nuwe Covid-19-maatreëls sal bestudeer om vas te stel of openbare skole steeds die reg het om gouer vir meer grade te heropen, indien hulle gereed is om dit veilig te doen, soos tans die geval is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

50 Kommentare

Corne123 ·

Lol en so swig hy weer omder die deuk maar met sigarette en drank mee want daarmee word da geld gemaak agterafvop die swartmark deur chommies

Cecilia ·

En hoekom die vakbonde vir my kan besluit of ek my kind wil skool toe stuur of nie gaan my verstand te bowe. Het hulle enige opname gemaak om te vra wat my keuse is nee. Die AnC besluit vir my ek wat be lasting betaal het geen se.

Fritz ·

As jy jou geheue laat terug gaan, sal jy onthou dat daar in 1992 n opname was……

Lydia ·

Nou gaan ons weer net PDF’s kry met die antwoorde op die PDF. Aangesien ons nou weer onderwysers gaan wees moet ons seker betaal word daarvoor, so geen skoolfonds nie! Moet hospitale en klinieke nie dan ook toegemaak word nie? Wat van die dokters en personeel wat DIREK met SIEK pasiente werk. As die onderwysers dan so baie vir die kinders omgee, hoekom staan hulle nie op teen die vakbonde nie.

Wanda ·

My kind in Graad 4 was laaste by skl 18de Maart.Hy is al so moeg vir by huis wees.My seun in Gr 7 was net 17 dae by skl met skl wat elke 2 de dag hulle groep gevat het. Arme kinders.Hulle gaan maar weer alleen by huis moet bly wnr ek begin werk die 3 de Aug. Ekt gelees dat Gr 7 net 2 weke af kry,wat help dit dan nou eintlik?Kan net sowel oopbly

Pieter ·

Weet arme skole. My kind wil skooltoe en ek stuur haar. Die is ons besluit. Die regering is besig om my baie kwaad te maak. Op die winde as ek nou geld het skuif ek my kind privaat toe en sy is so lief vir haar skool en maat’jies en juffrou. Anc gaan vang n haan.

Objektief ·

Dit is hoekom ons binnekort die hoogste besmettings syfers in die wereld gaan he; besluite word gemaak op persoonlike keuses en feite word geignoreer. Hulle het baie mooi by hulle Chinese maatjies geleer; die politieke elite kom eerste, die party tweede en te hel met die res. Solank as daar na hulle belangeomgesien word tel niemand anders nie. die land word as n ANC melkkoei gesien.

Ek het saam met n “eks” onderwyser gewerk wat nie n dag klas gegee het nie. Hywas n voltydse SADOU amptenaar en die hoofpunte op sy CV was die voltydse werwing wat hy vir die ANC gedoen het. Dit maak dit duidelik hoekom SADOU so gepaai word. Nog n maad se betaalde vakansie En die verskonings om heropen na n maand gaan binne twee weke kom

wim ·

Die besmettingsyfers het reeds begin stabiliseer met daaglise nuwe gevalle wat plek-plek daal.Nie net die Wes-Kaap nie, maar ook (eintlik veral) in Gauteng. Die provinsie het gister 4272 nuwe gevalle geraporteer, baie minder as die 2de week van Julie (tussen 5000 en 6500). Die proporsie aktiewe gevalle is ook minder (die regering noem dit “recovery rate” wat bietjie verwarrend is). Dit beteken nie behandeling raak beter nie, maar wel dat die proporsie nuwe gevalle (wat nog moet herstel) besig is om minder te word.

Die stabilisering is sigbaar met sterftes ook (moeiliker in te kook, en minder geaffekteer deur swak toetsing). Behalwe eergister se blootlê van die ophoping van die Oos-Kaap a.g.v vroeër gevalle wat nie toegeken is nie ondat iemand op sy of haar hande sit, is sterftes per dag nie meer besig om te groei nie.

Nie a.g.v wat die regering gedoen het nie, maar omdat genoeg mense dit al gehad het en herstel het, en ten minste vir ‘n paar maande dit nie weer kan kry nie.

Porseleintjie ·

Cyril het die knie gebuig lees ek? Nie geweet hyt bene om op te staan nie.

Annelize ·

Om op jou bene te kan staan, moet jy ‘n ruggraat he….

Kobus ·

Aai, gaan die regering ooit wakker skrik? Our People se kindertjies word in oorvol taxi by die skole afgelaai en so moet hulle maskers en alles by die skole dra en doen om Covid verspreiding te bekamp.
Vanmiddag gaan hulle terug in die oorvol Taxi, sou iemand by die kaya Covid kry dan het dit van die skool af gekom…..

BRBR ·

Is dit nie ironies dat die ‘taxi’s’ wil ry en die publieke onderwysers wil bly nie. Twee totaal tenoorgestelde sienings sovêr die korona virus gaan. Albei kry dan ook hul sin by die ANC. Seker lekker om sinnelose reëls op te maak soos mens gaan.

A.S ·

Natuurlik het elkeen hulle eie gevoel oor hierdie onderwerp maar ek verwelkom die besluit, alhoewel onderrig baie belangrik is, is my kind se gesondheid baie belangriker.

Dis my mening ·

Rerig, en wat doen jy volgende jaar, en die jaar daarna? Die virus gaan nie verdwyn nie! Gaan ons maar elke jaar so gemors moet deurgaan?

A.S ·

Ja rerig!! Dis ongelukkig ‘n pandemie waarvoor niemand gevra het nie maar ten minste met my kind by die huis weet ek hy is BAIE veiliger. Soos ek sê elkeen het sy eie gevoel oor hierdie sensitiewe onderwerp en dis my mening.

Oe la la ·

Jou kind se skool is nie die enigste plek waar hy/sy die virus kan opdoen nie! die ding is oral! ek weet nie hoekom dink mense die virus is so slim en teiken net sekere areas nie!

A.S ·

In my kind se geval is dit op die oomblik die enigste plek want hy rits nie rond of loop nie rond nie en gaan malls toe nie so hy is def veiliger!!

Miskruier ·

Die virus verdwyn nie na die lockdown, as n mens van die virus moét sterf, gaan hy, miskien nie dié jaar nie, dan volgende jaar, of die jaar daarna.

Keelvol ·

Wat n onreg word nou net nie gepleeg nie. Volgende jaar voorsien ek probleme by die skole. Maar alles is reg solank die “unies” hulle sin kry. Tyd vir die regering om die unies in die bek te ruk.

wim ·

Soos wat ek die gerugte gelees het voor gisteraand, was die 1 week (gr 12’s) – 2 week (7’s) – 4 week presies waarvoor minstens een unie gevra het. Wat die president aangekondig het is nie juis soveel ‘n middeweg as ‘n toegee nie. Ek vermoed die vooruitsig van ‘n erg verkorte jaareindvakansie het van hulle bang gemaak dat die ding gaan backfire. Die hele doel was om minder te werk.

Kokerboom ·

Absolute politiekery. Die stert swaai die hond. Die President het GEEN ruggraat.

Johan ·

Hoekom sou jy dan nie rugraat toon en besluite neem tot almal se voordeel nie of dat n klein groepie jou beheer. Ek het van die begin af gese dat Rampspoedig RSA se swakste president ooit gaan wees swakker selfs as Zuma.

Vanz ·

Mr President pls also ensure if schools are closed kids stay at HOME roaming the streets or going shopping with the so called concerned moms whom feel their poor precious soles can’t be at school but can run around a shopping Centre with them and or visit mates IS Acceptale for those parents Your decision is so wrong and you will be left with nothing but egg on your face when the count keeps rising
I wonder what plan b is when the schools return and there are even more cases Are the so called unions and their members being paid for the time off once again
Parents whom need to plan for child care or stay home or take unpaid leave – when will you Mr President stop paying the government officials whom are pushing you to close the country down and when this starts affecting their pockets as it has the tax paying citizens of the Union Run South Africa (URSA) only then will they stop pulling your puppet strings to push through this pandemic and allow the economy to open

Kiewiet ·

My dear Vanz, What are we as normal business men and companies going to do when the whole of the economy collapses, and companies stop paying taxes to the ANC? Years ago we have learned that this is how the communists work. 1) destroy the economy. 2) Make the people dependent on government grants, 3) Take over the government.

MAGRIETHA ·

Kinders raak confused da skole oop dan toe veral graads 1 tot 3 hul het nou net begin gewoond raak in skole da weer toe hul verstaan nie lekker nie hul is grondslsgvase en het alle opvoeding nodig ma nou ja – sommige kinders gaan nou weer in strate rondspeel – hoop maar alle kinders bly veilig en bly uit misdadigers se kloue sterkte aan al ons kinders vasbyt

Marietjie ·

Arme kinders. My seuns is tans in graad 1 en graad R. Hul was in die jaar net twee maande in die skool. Toe die tweeling terug skool toe is het die onderwyseres my ingelig dat graad R nie verpligtend is nie en dat hul verkies dat die kinders eers volgende jaar terug gaan skool toe. Maar hulle ding my om ten volle skoolgelde te betaal? Ek het weens die sluit van skole my werk verloor maar dit pla hulle glad nie. Hul kom jou glad nie tegemoed of gee bietjie afslag op skoolgelde nie. En dan verwag hul van jou om die kids by die huis te leer? Waar gaan alles eindig?

...M... ·

Doen aansoek vir subsidie – omdat jy jou werk verloor het mag jy aansoek doen daarvoor en hulle mag jou glad nie weier nie. Ek werk by ‘n skool en ons help baie ouers met die subsidies.

wim ·

Die media (nie Maroelamedia nie) het groot rol gespeel. Ek dink aan ‘n sekere fopnuus vier en twintig.

Baie “emosionele briewe” geplaas van besorgde ouers” (wat alle reg het om hul eie kinders tuis te hou). Hul het meningsopname van UJ geplaas wat sê meeste mense wil skole sluit vir jaar, en waar die hoof van die studie kommentaar bygevoeg het (haar gevoel ook). Watter soort studie is dit?? Hul het daagliks skoolsluitings opgeblaas in hoofberigde, sonder on te sê die virus is nie by die skool versprei nie. Daardie selfse huis het vannogend kommentaar van een van die redakteure wat die regering kritiseer omdat hul weer toegee aan vakbonde.

Die regering het dit goed oordink. Ja reg. Nie besef die 10de waneer die graad 7’s teruggaan is ‘n vakansiedag nie. Toepaslik dat hul vrouedag vergeet, want hierdie besluit maak dat baie vroue nie inkomste kan verdien nie.

Botterblommetjie ·

Ek voel dit is tyd dat almal nou net vorentoe beur sonder die regering…. Ek kan nie glo daar is nie wette wat ons beskerm om so rondgegooi te word nie…. Ons dobber soos ‘n verlore bootjie in die groot diep see… geen rigting, vol angs en onsekerheid… Dit is vir my as individu duidelik dat realiteit voor ons deur is… ons moet als oopmaak sodat die ekonomie kan groei en die virus kan uitwoed. Niks gaan gedoen kan word aan gereedheid nie… As ons na meer as 100 dae nognie iets kon doen nie, hoe gaan ons enigsins… Ek voel ook dat mens moet versigtig wees met die toemakery met betaling. Want dit laat spasie vir baie om wolf te skree. Maak oop en gaan aan….

Oe la la ·

So beteken dat die vakbond gaan verseker dat onderwysers nie die virus op n ander plek opdoen nie? jou kans om die virus in n supermark op te doen is net so groot! Hoe maak die ekonomie oop as ek as werkende ouer by die huis moet bly?
Dan sê hy so ewe ons moet maar iemand aanstel om na ons kinders te kyk! wie gaan die persoon betaal? waar gaan die persoon vandaan kom?

Marius ·

Die regering het nie die vaagste benul wat aangaan nie . Hulle het nie eers n plan B of C nie , dag tot dag is hulle enigste plan op die die stadium . Belaglik .

JJ ·

Wat is Jou Plan? Waar is Buys se plan? Waar is Steen des Aanstoots se plan? Almal praters.

Marius ·

JJ – Die vraag is nie wat my plan is nie (ek is nie een wat die planne moet maak nie) , maar wat is die regering se vissie en plan wat hulle wil beryk met die stap van die skole wat nou weer gesluit word ??

JJ ·

Waarom die debat perpetueer? Maroelamedia kan dit eenvoudig maak deur de navorsing bymekaar te sit waarna DA, Buys, en ander verwys en dit netjies hier publiseer met kliekbare skakels. Dan kan almal dit lees en verstaan. Nog beter, navorsing wat beide standpunte verteenwoordig kan gepubliseer word. Dan kan almal lees en verstaan. Nou trommel almal net hul eie drom en verkondig dit as die waarheid. Maroela Media kan meer doen.

Gemaskerde Sopbeen ·

Skole toe en taxi’s vol. Maak sin nie waar nie

Micheal ·

Kan ons klas aksie rig teen onderwys dept vir skool geld want myne het ek vooruit betaal. Let wel wil nie teen skool n klas aksie rig nie want beide Hoerskool en Laerskool waar my kinders is probeer hul bes maar ek voel my kinders kry nie al die waarde nie

Kobus ·

Ek sê nog steeds, sluit die skole vir die res van die jaar sodat die kinders volgende jaar die jaar kan herhaal. Daar is in elk geval nou so baie tyd van die akademiese jaar verlore en die jaar is so ontwrig dat dit glad nie sin maak om langer met die huidige skooljaar aan te gaan nie.

Micheal ·

Jy moet mooi dink hieroor want dit sal n rippel effek hé op elke kind wat verder wil studeer- instanties gaan dan in 2022 sit met n oor vloed v 1ste jaar studente en daar gaan eenvoudig nie kapsiteit wees om almal te huisves nie – baie baie kortsigtig

Debbie ·

Mens kan nie ophou lewe nie. Ons almal is blootgestel aan die virus. Onderwysers is nie meer spesiaal as ons nie. As ons nie werk nie, kry ons nie salaris nie. Politici gebruik ons kinders vir ‘n politieke speelbal. Ek dink dit is bitter onregverdig dat onderwysers weier om skool te gee en nog van jou verwag om die volledige skoolfonds te betaal. En dan moet jy ekstra data ook aankoop. Ek dink onderwysers se salarisse met 75 persent gesny word. Jy sal baie gou sien hoe gou planne gemaak word om kinders terug te kry by die skool. Die onderwysers sal dit maak werk. Ek dink unies in Suid-Afrika het hopeloos te veel mag. Onderwysers moet ook versigtig wees. As mense hulle wip en hulle kinders by tuisskool instansies inskryf, gaan hulle sonder werk sit.

Erik ·

Ek wonder wanneer die grense tussen provinsies oopmaak? Hierdie meneer is lus vir see toe gaan vir 4 weke!

Johan ·

Dit lyk of jy spog met jou geld duidelik het corona geen invloed op jou finansiele situasie nie (4 weke nogal) groot moontlikheid dat jy deur belastingbetalers vergoed word.

capie ·

Dit raak nogal ‘n patroon, sodra malema ‘n ding skree, hardloop ramaposa . Ek wonder wat malema weet, siende dat hy sover nog skotvry afkom na die VBS storie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.