Skolekontaksport ‘onmiddellik gestaak’

rugbypale

Argieffoto.

Die departement van basiese onderwys het Woensdagoggend aangekondig dat alle kontaksport by skole met onmiddellike inwerkingtreding gestaak word. Dié besluit geld vir laer‑ en hoërskole.

Dié besluit is vroeër vanoggend deur die raad van onderwysministers gedurende ’n virtuele vergadering geneem.

Volgens die departement mag nie-kontaksportsoorte in dié stadium met oefening voortgaan mits die nodige veiligheidsprotokolle soos sosiale afstand gedurende oefening gehandhaaf word en spelers geen fisieke kontak gedurende oefening met mekaar het nie.

Die departement sê in ’n verklaring daar is besluit om kontaksport by skole vir eers te staak nadat skolesport gedurende die laaste week van die eerste kwartaal verskeie Covid-19-uitbrekings in Gauteng tot gevolg gehad het. Virusgevalle is ook tans besig om geleidelik toe te neem.

Maroela Media het net verlede week berig nagenoeg 14 skole in die ooste van Pretoria het besluit om etlike buitemuurse aktiwiteite tydelik te staak nadat etlike gevalle van Covid-19 na afloop van sportbyeenkomste aangemeld is.

Die departement sê nou dit is duidelik dat kontaksportbyeenkomste steeds bydra tot die verspreiding van Covid-19 ondanks die feit dat die nodige veiligheidsprotokolle gevolg word “soos gelei deur die aanwysings op buitemuurse aktiwiteite en standaardprosedures vir die voorkoming en bestuur van Covid-19 in skole”.

Luidens die verklaring sal alle kontaksport by skole opgeskort bly totdat daar geen gevalle wat verband hou met sportaktiwiteite aangemeld word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Misky ·

Ag hier gaan ons alweer…….En hulle wil dit stop totdat GEEN gevalle aangemeld word agv sportaktiwiteite nie. Hoe en wie bepaal dit???? Belaglik man

jacques ·

Ja nee, loop eerder rond in shopping malls, dis baie veiliger….Sug…

Francois Le Cochon ·

Jy is doodreg, dit is veiliger. Daar dra almal maskers.

Oom Kaspaas ·

Mense hou partytjies en steek bande oral in die paaie aan die brand, loop in malls rond met maskers wat onder sy neus sit waar hope meer mense bloot gestel word, dan praat ek nie eers van die rye voor die poskantore of in taxi’s nie maar jy wil almal vertel dis alles skole sport se skuld. Twak man

jacques ·

Dan praat ek nie eers van die taxi’s wat mense soos sardientjies rondry nie….

Rooikoos ·

‘n Hele raad van onderwysministers? Werklik? Hoeveel van hulle is op die raad wat virseker net saam op die soustrein ry.

Francois Le Cochon ·

Elke provinsie se DvO het sy eie LUR (Plaaslike Minister)

Leeu ·

Kinders se geesteswelstand het pas begin verbeter na die terugkeer na sport. Hierdie is baie slegte nuus vir ons kinders…

Johan ·

Hulle teiken die kinders…as hul immuun sterk is gaan ouers hulle nie inent nie….donker maar raak al meer werklik. Is daar enige bewys dat kinders dit aan hul ouers oordra? Hul wys nie eers sintome nie, hoe gaan hul dit op hul ouers hoes? Kolega van my en sy vrou is lekker siek almal is positief getoets (vrou het dit by haar werk aangesteek, masker en al), Kids hardloop rond asof niks makeer nie.

Francois Le Cochon ·

Agt volwasse familielede van my was aangesteek deur ‘n 3 jarige in die familie. So ook ander volwassenes van kleuters van dieselfde speelgroepie.

MakersMark ·

Presies dat hul nie hoes nie beteken nie hul kan niemand anders aansteek nie. Kinders is super spreaders.

MakersMark ·

Lees tog die artikel sedert begin van sport deelname het verskeie skole toename in infeksies aangemeld. Watter wetenskaplike feite mis jy nog ?

MakersMark ·

In die lig van toename in positiewe gevalle is dit ‘n goeie besluit om verdere verspreiding te stop.

Michael ·

Ek dink die ientlike sot is die een wat wat die vraag vra

Francois Le Cochon ·

As jy nie saamstem met ‘n mede MM leser nie, gee dan eerder net ‘n afduimpie.

Rian ·

Lyk my jy verstaan self nie so lekker nie. Met sot verwys ek na die regering.

Francois ·

My kinders se skole was oop teen 100% kapasiteit sedert die begin van die akademiese jaar sonder enige probleme. Daar was selfs vir die kinders wat sport doen geleentheid gebied om spanne binne die skool saam te stel en in ‘n toernooi deel te neem. 2 weke nadat hulle egter begin wedstryde teen ander skole speel het, het die COVID-19 gevalle begin kop uitsteek en hierdie week is die hele skool toe en kinders met aanly klasse besig.

Dis jammer vir die kinders wat regtig in sport presteer maar dis meer ontwrigtend vir ‘n groter persentatsie kinders wanneer normale skool intwrig word.

Francois Le Cochon ·

Moenie alleen voel nie. Daars baie ander wat ook nog op hul eie planeet is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.