Skoolhoof met aankoms by skool doodgeskiet

Buyani Primary School in Finetown (Foto: Facebook)

Die skoolhoof van Buyani Primary School in Finetown in Johannesburg is in sy motor doodgeskiet nadat hy Vrydagoggend by die skoolterrein ingery het.

Hy is verskeie kere geskiet, het kapt. Kay Makhubele, woordvoerder van die polisie, gesê en bygevoeg dat die polisie omstreeks 07:00 na die skool ontbied is.

’n Saak van moord word intussen ondersoek hoewel niemand nog in verband met die skoolhoof se skietdood in hegtenis geneem is nie.

Maroela Media het vroeër vandag berig die LUR vir onderwys in Gauteng, Panyaza Lesufi, het vanoggend sy skok oor die voorval uitgespreek en sou die skool vroeër vandag besoek.

“Ons is uiters geskok en woedend oor die nuus van die skietery vanoggend in Finetown. Ons veroordeel die skietdood van die skoolhoof van Buyani Primary, maak nie saak wat die motief agter die hartelose daad is nie, en betuig ons medelye met sy familie, vriende en kollegas,” het die LUR in ’n verklaring gesê.

Die Gautengse departement van onderwys het ’n beroep op wetstoepassers gedoen om alles in hul vermoë te doen om te verseker dat die skoolhoof se moordenaar(s) aan die pen ry.

Die departement se sielkundig-maatskaplike eenheid sou ook die skool besoek om die nodige hulp en ondersteuning aan leerders en onderwysers te bied.

Die departement het nog nie meer inligting rakende sy besoek aan die skool bekend gemaak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Louis ·

Is hy met ‘n wettige of onwettige wapen geskiet? Vra namens ‘n vriend

lodewyk ·

Yip dit is wat gebeur as jou regering nie misdaad kan beheer nie,en die kriminele elemente oorspoel na ons skole??

Persheks Adri ·

En so karring hulle nou wéér vandag oor die vuurwapen wet! Ek is seker dis ‘n gelisensieerde wapen wat gebruik is gggmmmfff

Althes ·

Lesufi wat gaan aan in jou departement? In plaas van gewelddadige kwessies wat Gauteng op ñ gereelde basis tref, hardloop jy eerder agter ñ beweerde rassistiese gedrag van ñ wit persoon aan. Dan is jy soos ñ bulhond wat nie wil los nie.
Sterkte aan die skoolhoof se familie in hul donker tyd.

Etienne ·

Waarom is hulle nooit geskok en kwaad as ‘n boer op sy plaas wreedaardig vermoor word nie?

Duck ·

Back in the days – to be precise, in the 70’s het ons die skoolhoof se kar met blikke en shoe shine ge-sabotage omdat hy ons ses van die bestes gegee het as ons ‘n toets dop.
Gewoontlik Vrydag toets geskryf en Maandag die uitslae gekry, dan trek jy ‘n PT broek aan onder jou gewone vaal skoolbroek, net om die houe af te weer.
Vandag….skiet jy hom dood
Hoe tye verander het nè

Hendrik ·

Alles gaan oor geld en in KZN word poste en ook oorplasings gekoop word by die onderwys departement.

Moedeloos ·

Hoekom toi-toi die EFF nie voor die skool nie. Hoekom word die skool nie gebrand totdat die skuldige gekry is nie. Dit is mos wat hulle met ander skole doen waar daar nie volgens hulle opgetree word nie

christo ·

Tyd dat Lesufi meer aandag gee aan sy township skole, dan sal dit nie nodig wees vir die leerders om na vorige model-C skole te stroom nie. Maar, of weë die Afrikaner is sy teiken. Loop doen jou werk!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.