
Graeme Smith. Foto: Twitter.
As kolwer was Graeme Smith nou nie so elegant soos ’n Damien Martyn of ’n Herschelle Gibbs nie, maar hy het lopies geslaan.
En dit is presies wat Krieket Suid-Afrika nou nodig het: Nie ’n jabroer wat na almal se pype dans nie, maar iemand wat dinge gedoen kry en nie bang is om in die proses op ’n paar tone te trap nie.
Volgens mediaberigte het die 38-jarige voormalige Protea-kaptein die rol aanvaar om KSA se eerste direkteur van krieket te wees, maar dit sal egter net in ’n tydelike hoedanigheid wees omdat hy homself reeds tot kommentatorwerk in volgende jaar se Indiese Premierliga verbind het.
Smith sou reeds op 1 Oktober in die posisie begin werk het, maar die aanstellingsproses het gesloer en hy het sy aansoek onttrek.
Tydens Saterdag se KSA-mediakonferensie het die beheerliggaam se president, Chris Nenzani, gesê dat die oudkaptein oor ’n paar dinge ontevrede was, onder meer ’n bekommernis oor politieke inmenging.
Volgens Nenzani het Smith ook nie die geskorste uitvoerende hoof van KSA, Thabang Moroe, vertrou nie.
Eerste op Smith se prioriteitslys sal die toetsreeks teen Engeland wees wat op 26 Desember op SuperSportpark begin.
Enoch Nkwe, wat die Proteas na Indië vergesel het, sal vermoedelik steeds die span afrig. Die moontlikheid bestaan egter dat Gary Kirsten ’n mentorskaprol sal vervul.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
10 Kommentare
Baie geluk, mag jy ‘n wonderlike termy in jou pos beleef.
Ek is baie bly vir Graham. Ons krieket het so iemand nodig.
Veels geluk Graeme. Sterkte en voorspoed!
Speel oop kaarte met ons, die kyker, asseblief.
Ken die reg toe aan die speler om die fluitjie te blaas as dinge weer sou verkeerd loop, asseblief.
Terloops, ek was nog altyd van opinie dat Gibbs ons beste speler ooit was.
:-) Wou dit nog altyd stel!
Wel hy weet darem te minste ietsie van krieket af…..
Ugh ek wonder maar die Proteas het ook maar nie wonderlik gevaar toe jy kaptein was nie wat laat hulle dink dit sal nou beter gaan . Eket net sy kliek wat gekis gaan eord. Pollock, Boucher, Klusner en andere mag dalk n beter keuse gewees het . Maar nou ja is nie wat jy weet nie maar is seker wie jy ken