Só lyk beurtkrag oor die naweek

Ter illustrasie (Foto: Andrey Metelev via Unsplash)

Weens ʼn laer aanvraag oor die naweek sal beurtkrag Saterdagoggend van 05:00 tot 16:00 na fase 3 afgeskaal word.

Fase 5-beurtkrag sal Saterdagmiddag van 16:00 tot Sondagoggend om 05:00 toegepas word, het Eskom in ʼn verklaring gesê.

Fase 4-beurtkrag sal Sondag geld van 05:00 – 16:00.

Fase 6-beurtkrag sal daarna weer ingestel word.

Die kragvoorsiener sal meer inligting verskaf sodra enige beduidende veranderinge plaasvind.

Sowat 18 713 MW is tans nie beskikbaar nie weens meganiese probleme. Altesaam 3 222 MW kragopwekking is tans nie beskikbaar nie weens beplande instandhouding.

Tydens die afgelope 24 uur is ʼn kragopwekkingseenheid elk by Hendrina-, Kriel- en Lethabo-kragstasies aangeskakel. In dieselfde periode is ʼn kragopwekkingseenheid by Kendal-, Kriel-, Medupi- en Tutuka-kragstasies afgeskakel weens meganiese foute. Daar was ook ʼn vertraging om eenhede aan te skakel by Arnot-, Kendal- en Matla-kragstasies.

Eskom sê die span werk onverpoosd om seker te maak die kragopwekkingseenhede word so vinnig as moontlik weer in diens gestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

George ·

was die doel nie om dit permanent te he, sodat ons dan op vlak 2 of 3 bly nie…

Groen Ghoen ·

Nee, ESKOM! Die beurtkrag is nie weens “meganiese probleme” nie. Die beurtkrag is weens onbevoegdheid, korrupsie en die doelbewuste ontslae raak van kundigheid en ervaring.

Duck ·

Same old same, klomp bull twang! Maar nou ja, ons is nou saam met Rusland so ons moet maar vasbyt

Owlie ·

Whoopee ons moet nou vreeslik opgewonde wees – dis net ombons volgende week weer met verskoning van substasies wat onklaar raak hard te slaan met 4 uur sessies

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.