Só lyk brandstofprys vir Oktober

Argieffoto: Pixabay

Die departement van energie het Sondag aangekondig dat 95-oktaan-petrol Woensdag met 18c per liter sal styg.

Luidens die departement se verklaring sal 93-oktaan-petrol die komende maand met 4c per liter daal. Dit bring die gemiddelde petrolprys op R16,02 per liter te staan.

Die prys van albei grade diesel, sowel as dié van paraffien, sal met 25c per liter styg.

Die Automobiel-Assosiasie (AA) het vroeër die week gesê dat brandstofpryse na verwagting sal styg. Die AA het toe gesê dat hoewel oliepryse reeds in die eerste twee weke van September gestyg het, die uitwerking van vandeesmaand se hommeltuig-aanvalle op Saoedi-Arabië se olieraffinaderye ’n verdere skerp styging tot gevolg sou hê.

Die gemiddelde internasionale produkprys vir petrol, diesel en paraffien het gedurende die oorsigtydperk van 30 Augustus tot 26 September gestyg.

Die rand het egter in die oorsigtydperk versterk teenoor die Amerikaanse dollar in vergelyking met die vorige tydperk. Die gemiddelde rand/Amerikaanse dollar-wisselkoers vir die tydperk 30 Augustus tot 26 September was 14,8432, vergeleke met 15,1729 gedurende die vorige tydperk.

Dit het gelei tot ’n laer bydrae tot die basiese brandstofprys van petrol, diesel en paraffien, met onderskeidelik 16,02c per liter, 17,03c per liter en 17,22c per liter, het die departement gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Vita ·

Dit raak Des die regering wil op vakansie gaan so die pryse moet opgaan anders kan hulle nie gaan op n belasting betaler vakansie nie,

Erna Trilling ·

En ons arme ander drommels moet maar die tuinroete al om ons huise doen en werk soos mier.????

Cherokee ·

Vita, daar is besighede wat groot voertuie ry. Voertuie met soms sowat 16 wiele en selfs meer. Hulle sal hulself nie laat ore aansit deur bedrog vanaf die regering met petrolpryse nie. Hulle bestudeer die ekonomie en weet voor prys aankondigings hoeveel dit behoort te wees.

Tino ·

Erna, ek stem maar eks darem steeds ‘n mier met blou oe as ‘n sprinkaan met bruin oe.

koos ·

Ons pryse raak raak aan pryse in Europa. Net jammer ons openbare vervoer is op Afrika standaard.

Se maar net ·

Snaaks net Suid Afrika word geadekteer ( kamastig) im Mozambique word die stuigings deur Die regering op geneem. Die prys bly dieselfde en Saudi Arabie het niks met die snert uit te waai nie. SA is regering is selfsugtig

Cherokee ·

Woordeboeke is goedkoop. Ons hou Afrikaans is Groot geleenthede met mense wat nie eens Afrikaans kan skryf nie.

Sirkus ·

Een hommeltuig aanval en Suid Afrika se regering verloor hul verstand. Hierdie is net nog melkery…

Jason ·

Kan iemand asb. verduidelik waarom 95 oktaan styg maar 93 oktaan daal?

Cherokee ·

Ja, ek is die iemand wat kan verduidelik. Toe ek ‘n Huawei Mate 20 Pro wou koop en vind dit is van die rakke afgehaal en ek vra waarvoor, was die antwoord, omdat ons die P30 en Mate 30 wil verkoop.

Stof ·

Een vraag wat na vele navrae steeds onbeantwoord bly, is oor die ligging van pompstastasies in Pretoria en Verwoerdburg, wat bedagsaam genoeg is om die gemiddelde mens in ag te neem deur LRP aan te hou. So baie stasies mik net vir klante met onlangse- en luukse voertuie, deur net loodvry aan te hou. Gesels bietjie hieroor.

Basjan ·

Hoekom styg 95 oktaan se prys met 18 sent en daal 93 oktaan petrol met 4 sent? Dit kan tog nie soveel duurder wees om 95 oktaan petrol te vervaardig nie? Iewers is ‘n slang in die gras.

m.d.r. ·

Almal kla en vra oor die brandstofpryse…….maar die regering hou sy belaglike belastings op brandstof op daardie vlak…
Hoe lank nog wil die regering weier om te besef dat hulle nie die iets wat die land laat beweeg kan aanhou wurg nie…?
Iewers moet iets meegee…!

chrisjan ·

Wat van ‘n landwye betoging teen die brandstof belasting heffing wat op pad is na R4 per liter op alle brandstowwe?Dit terwyl die buurlande om ons dit nie betaal nie en tog AL hul brandstof van ons af kry!Dis verregaande.Ons kan begin deur brandstof tenkers wat na buurlande brandstof vervoer te laat omdraai en terug gaan voor ons grense.

Kanniwennie ·

En die helfte van elke verhoging is heffings en belasting!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.