Só lyk jongste Covid-19-statistieke

Argieffoto (Foto: Fernando Zhiminaicela/Pixabay)

Zweli Mkhize, die minister van gesondheid, het Vrydagaand die jongste Covid-19-statistieke vir Suid-Afrika bekendgemaak.

Altesaam 1 526 873 gevalle is tot dusver bevestig van 9 393 727 toetse wat gedoen is (24 133 toetse sedert die vorige verslag).

Nog 69 sterftes (4 in die Vrystaat, 25 in Gauteng, 8 in KwaZulu-Natal, 17 in Limpopo, 12 in die Noord-Kaap en 3 in die Wes-Kaap) is aangemeld. Dit bring die dodetal op 51 179 te staan.

Minstens 1 449 654 persone (94,8%) het reeds herstel.

Altesaam 145 215 gesondheidsorgwerkers onder die Sisonke-protokol het reeds hul inentings ontvang.

Provinsiale statistiek:

ProvinsieGevallePersentasie
Oos-Kaap19421412.7
Vrystaat811815.3
Gauteng40856426.8
KwaZulu-Natal33139421.7
Limpopo625894.1
Mpumalanga726824.8
Noordwes619624.1
Noord-Kaap346342.3
Wes-Kaap27965318.3
Totaal1526873100

Sterftes en persone wat herstel het: 

ProvinsieSterftesHerstelAktiewe gevalle
Oos-Kaap11321182619274
Vrystaat3457744713253
Gauteng99923956732899
KwaZulu-Natal98033140177574
Limpopo194859889752
Mpumalanga1291701551236
Noordwes1249579372776
Noord-Kaap781317152138
Wes-Kaap113372631785138
Totaal51179144965426040

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Pietertjie ·

Ek lees anderdag dat omtrent 5% van die veertig duisend entstof-proefkonyne ernstig siek geword het daarvan. Dis omtrent tweeduisend “nuwe gevalle”, omdat hulle nie siek was tydens die inentings nie. Nou wonder ek of die 5% (wat mens kan ekstrapoleer na die hele inentings program) nie die statistiek hierbo skeeftrek nie? Onthou dat die natuurlike infeksiekoers maar sowat 0,03% is…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.