Só lyk jongste Covid-19-statistieke

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid. (Foto: GCIS)

Suid-Afrika het nou al meer as 560 000 bevestigde Covid-19-gevalle aangemeld.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Maandagaand bevestig dat 563 598 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld is.

Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 10 621 nadat nog 213 sterftes aangemeld is: 57 in die Oos-Kaap, 39 in Gauteng, 11 in KwaZulu-Natal, 64 in die Vrystaat, 10 in Mpumalanga, 30 in die Wes-Kaap en twee in die Noord-Kaap.

Tot dusver het 417 200 mense reeds van die virus herstel. Dit is ʼn herstelkoers van 74%.

Suid-Afrika het tot dusver 3 267 494 toetse vir Covid-19 gedoen, 16 911 sedert die vorige verslag.

Provinsiale statistiek:

ProvinsieGevallePersentasie
Oos-Kaap82 57814,7%
Vrystaat28 9095,1%
Gauteng193 56134,3%
KwaZulu-Natal99 38617,6%
Limpopo10 7111,9%
Mpumalanga19 4553,5%
Noordwes21 9333,9%
Noord-Kaap6 8021,2%
Wes-Kaap100 21317,8%
Onbekend500%
Totaal563 598100%

Sterftes en persone wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstel
Oos-Kaap2 26676 886
Vrystaat41413 039
Gauteng2 618145 776
KwaZulu-Natal1 42055 155
Limpopo1278 207
Mpumalanga14915 833
Noordwes13012 136
Noord-Kaap683 307
Wes-Kaap3 42986 861
Totaal10 621417 200

 Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Pieter ·

Jy en kop doek wat in kuba geleer het moet terug gaan kuba toe dan gaan werk julle daar.

Dries ·

As mens die data kan vertrou, het ons lankal afgeplat. So wanneer gaan die lewe weer bietjie aan?

Jacques ·

Die magshebbers van hierdie wêreld gaan nie maklik toelaat dat die lewe na normaal terugkeur nie. Hulle het ander planne vir ons.

Jaco ·

Is die ekonomiese herstelkoers ook 74%?
Kort na inperking begin het, het ramaphosa hard gepraat oor hoe kwaai ongelykheid in SA is en dat wit mense se sterk rol in die ekonomie moet stop. So wit besighede wat weens inperking bankrot speel en wit werkers wat hulle werk verloor, is seker te verwagte en seker wat die ANC wil hê. MAAR, wat van swart besighede? Hulle eienaars en werkers se velkleur en BEE is dan klaar reg. Waarom word hulle dan ook “gestraf” as hulle nie skuldig is aan die “misdaad” van apartheid nie. Weet die ANC ook dat, terwyl hulle lekkerkry oor wit besighede wat vou, VERLOOR daardie besighede se swart werkers hulle werk? Iets maak nie sin nie.
Nog iets: is inperking die nuwe normaal? Is toe gimnasiums, toe kerke, GEEN kuier by familie en vriende, geen interprovinsiale reis, dra van maskers en lang toue mense by winkels alles dinge wat permanent, vir jare, so gaan bly?

Jacques ·

Jou lewe gaan na “normaal” terugkeur wanneer almal hulle entstof geneem het, jy weet, die een wat jou selle se genetieka gaan verander.

Ramaphosa se idee van gelykheid is dat almal ewe werkloos, ewe honger en ewe desperaat is. Van opheffing van die armes het kommuniste nog nooit eers gedroom nie.

Vanessa ·

Ek wil net hê die lewe moet weer normaal aangaan. Mag die Here die siekte met wortel en tak uitroei. Dit was seker die mees “depressing” winter (en jaar). Ek sien so uit na die somer, hopenlik bring dit vir ons goeie nuus en kan ons weer begin lewe!!!!!!!

Adam Adriaan ·

Ja met statestiek kan jy enige iets bewys. Statestieke bewys dat ‘n bed die gevaarlikste ding op aarde is, want 90% van alle mense gaan op ‘n bed dood.

Magda ·

bla bla bla – GLO ABSOLUUT NIKS WAT UIT DIE REGERING UIT KOM NIE – WAG NOG STEEDS VIR UITSLAE VAN 24/6 (Het dit privaat laat doen – was gedwing om terug te keer werk toe) so NIKS WAT JULLE SE KAN GEGLO WORD NIE – AND WJHO CARES – ME NOOOOOOOOOOOOOOOOOOOOOO

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.