Só lyk jongste Covid-19-statistieke

(Argieffoto: pixabay)

Altesame 989 nuwe Covid-19-gevalle is in Suid-Afrika aangemeld.

Volgens die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) is ʼn totaal van 2 909 757 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld en is die jongste positiwiteitskoers 2,9%.

Die meeste nuwe gevalle is in KwaZulu-Natal (20%) aangemeld, gevolg deur die Wes-Kaap (19%) en Gauteng (16%). Die algehele aktiewe gevalle is 33 523.

Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 88 104 nadat nog 123 sterftes aangemeld is. Tot dusver het 2 788 130 mense reeds van die virus herstel, ʼn herstelkoers van 95,8%.

Suid-Afrika het tot dusver 17 898 602 toetse vir Covid-19 gedoen, 33 904 sedert die vorige verslag.

Volgens Nios was daar in die afgelope 24 uur 113 hospitaalopnames. Daar is tans altesame 5 708 mense wat in hospitale vir Covid-19 behandel word.

Meer as 18,7 miljoen inentings is tot dusver gedoen.

Provinsiale statistieke:

ProvinsieNuwe gevalleTotale gevalle
Oos-Kaap130291 267
Vrystaat107162 062
Gauteng156917 357
KwaZulu-Natal194513 232
Limpopo20121 960
Mpumalanga47151 267
Noordwes52149 901
Noord-Kaap9791 366
Wes-Kaap186511 345
Totaal9892 909 757

Sterftes en gevalle wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstel
Oos-Kaap14 961274 961
Vrystaat6 807151 020
Gauteng19 431896 413
KwaZulu-Natal14 648483 654
Limpopo4 021116 761
Mpumalanga1 972148 682
Noordwes4 169144 089
Noord-Kaap2 20684 594
Wes-Kaap19 889487 956
Totaal88 1042 788 130

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Joe Olivier ·

Ek wil net weet of die miljoen grafte wat aan die begin van die plandemie gegrawe sou word en waarmee ons die vrees op die lyf gejaag is, toe wel gegrawe is. Indien wel waar kan ek aansoek doen vir die tender om hul weer toe te gooi.

petro ·

as jy julle die PCR toets gebruik dan lieg julle oor die statistieke want die “GELEERDE” wat dit ontwerp het het gese dit gee nie n betroubare lesing nie so ou Cyril hou op om vir ons te lieg

Oom Kaspaas ·

Dis moontlik dat hy lieg, maar intussen was my Skoonpa vir ‘n maand in die ICU waarvan ‘n groot gedeelte op ‘n ventilator en bevind homself nou in ‘n rehab sentrum om van voor af te leer eet, loop en paar ander menslike dinge te doen

Erich ·

Neem kennis dat die statistiek gebaseer is op die PCR toets, wat volgens n direktief van die CDC nie meer geldig is nie weens vals positiewe resultate. Die toets is n finansiele bedrog waarvan ek en baie vriende wat dit benodig al geleer het dat as n toets positief is, gaan eenvoudig na n ander patologie laboratorium en R800 verder is jy negatief en reg om te vlieg. Dat die media dit nie optel en ondersoek nie, verstaan ek nie. Is dit nie deel van massa angs gedrewe hipnose waaraan die wereld onderwerp is nie?

Andre ·

Ek wonder of modereerder kan bevestig, of vergelyk, die gevalle tussen Israel met die derde spuit, en Swede wat normaal is. Ek vertrou hy sal nie met gogga soek nie.

Andre ·

Gee gerus die “regte” feite. Nie politici of “fact checkers” feite nie.

battleaxe ·

Cyril maak die ekonomie oop en vergeet die reels wat julle dink hou die die land sè burgers gevange. Ons is groot Mense en weet wat ons moet doen na 570 dae wat julle ons zogenaamd regeer met julle eie reels en bang maak stories!

marinda ·

Gee asb opdeling van positiewe gevalle : die wat vaksien gekry het, sonder vaksien en die wat voorheen al covid gehad het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.