Só lyk jongste Covid-19-statistieke

(Argieffoto: Ronny Hartmann / AFP)

Altesame 4 379 nuwe Covid-19-gevalle is in Suid-Afrika aangemeld.

Volgens die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) is ʼn totaal van 3 472 436 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld en is die jongste positiwiteitskoers 23,1%.

Die meeste nuwe gevalle is in die Wes-Kaap (27%) aangemeld, gevolg deur Gauteng (21%) en KwaZulu-Natal (21%). Die totale aktiewe gevalle is 184 191.

Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 91 229 nadat nog 30 sterftes aangemeld is. Tot dusver het 3 197 017 mense reeds van die virus herstel, ʼn herstelkoers van 92,1%.

Suid-Afrika het tot dusver 21 286 849 toetse vir Covid-19 gedoen, 18 970 sedert die vorige verslag.

Volgens Nios was daar in die afgelope 24 uur 27 hospitaalopnames. Daar is tans altesaam 9 353 mense wat in hospitale vir Covid-19 behandel word.

Meer as 27,9 miljoen inentings is tot dusver gedoen.

Provinsiale statistieke:

ProvinsieNuwe gevalleAktiewe gevalle
Oos-Kaap46512 826
Vrystaat21516 044
Gauteng93514 367
KwaZulu-Natal93479 491
Limpopo1132 994
Mpumalanga2213 227
Noordwes1509 720
Noord-Kaap1659 076
Wes-Kaap1 18136 446
Totaal4 379184 191

Sterftes en persone wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstel
Oos-Kaap15 406301 275
Vrystaat7 167167 049
Gauteng20 1461 102 653
KwaZulu-Natal15 081521 340
Limpopo4 159134 813
Mpumalanga2 031172 266
Noordwes4 404165 500
Noord-Kaap2 45991 022
Wes-Kaap20 375541 099
Totaal91 2283 197 017

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Renier johannes ·

Die getalle gaan nou af neem want die anc wil party

Samuel ·

Kom ons praat weer tot na die ANC se 110de verjaarsdagvieringe. Dan kom nuwe beperkings en getalle styg.

Danie ·

Mag ek vra dat ons die jaar n bietjie meer positiewe kommentaar kan lewer en die foeliehoedjies weg pak. Daar was vertel dat ons weer inperkings gaan kry na Nov verkiesings, nie bebeur nie. Toe sou die “wit vakansie plekke” se strande toegemaak word vir die Des vakansie, nie gebeur nie. Daar was gese dat nuwejaar weer met vlak 4 en 5 inperkings gegroet gaan word, nie beur nie. Asb mense, die lewe is regtig soveel meer aangenaam as on kies na ligter kant te kyk en elke dag net meer vrolik probeer wees.

annie ·

Voorspoed aan almal vir 2022! Ons gaan Groot Genade nodig kry al blink die nuwe no 22 skoene nog sonder stof. Truth is stranger than fiction… sal ons weldra agterkom.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.