Só lyk jongste Covid-19-statistieke

Argieffoto bloot ter illustrasie (Foto: Verskaf)

Altesame 4 502 nuwe Covid-19-gevalle is in Suid-Afrika aangemeld.

Volgens die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) is ’n totaal van 3 612 809 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld en is die jongste positiwiteitskoers 11,3%.

Die meeste nuwe gevalle is in Gauteng (33%) en die Wes-Kaap (15%) aangemeld, gevolg deur Mpumalanga (12%).  Die totale aktiewe gevalle is 55 856.

Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 95 463 nadat nog 175 sterftes aangemeld is, waarvan 15 in die afgelope 24 tot 48 uur plaasgevind het. Die departement van gesondheid het gesê weens ’n voortgesette oudit wat aan die gang is, kan daar ’n agterstand wees in die aantal sterftes wat aangemeld is.

Tot dusver het 3 461 490 mense reeds van die virus herstel, ’n herstelkoers van 95,8%.

Suid-Afrika het tot dusver 22 343 478 toetse vir Covid-19 gedoen, 39 892 sedert die vorige verslag.

Volgens Nios was daar in die afgelope 24 uur 116 hospitaalopnames. Daar is tans altesaam 5 076 mense wat in hospitale vir Covid-19 behandel word.

Meer as 30 miljoen inentings is tot dusver gedoen.

Provinsiale statistieke:

ProvinsieNuwe gevalleAktiewe gevalle
Oos-Kaap1521 355
Vrystaat2654 446
Gauteng1 4729 452
KwaZulu-Natal51020 040
Limpopo4713 493
Mpumalanga5403 063
Noordwes2933 925
Noord-Kaap1106 414
Wes-Kaap6893 668
Totaal4 50255 856

Sterftes en persone wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstel
Oos-Kaap16 327323 561
Vrystaat7 425185 394
Gauteng20 4701 140 798
KwaZulu-Natal15 835607 711
Limpopo4 254143 589
Mpumalanga2 630180 104
Noordwes4 475178 118
Noord-Kaap2 51698 247
Wes-Kaap21 531603 968
Totaal95 4633 461 490

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

piet ·

Maar is dit nie belangriker om eintlik vas te stel welke persentasie van die mense wat nou positief toets reeds simptome ontwikkel het (reeds siek is) of uiteindelik siek word nie. Ons weet duisende word geinfekteer (steek aan) maar word nie siek nie. Ek reken ook die wat geinfekteer is maar nog nie siek is nie, se kanse kleiner is om iemand aan te steek as iemand wat reeds siek is en simptome toon. Ek kan verkeerd wees so viroloe sal beter weet maar ek dink dat persone wat net geinfekteer is maar nie siek is nie, se “viruslading” kan laer wees.

Alida ·

Ek veronderstel die oorgrote meerderheid van diegene wat positief getoets het, het wel reeds simptome. Hoekom andersins sal iemand dan gaan toets, tensy dit vir reisdoeleindes of hospitaalopname vir ‘n ander kwaal is? En van hierdie laasgenoemde groep toets die meeste waarskynlik negatief.

VaalDonkie ·

Ja, Alida. Almal wat hospitaal toe gaan, MOET ‘n covid toets doen. En seker as jy op ‘n vliegtuig klim en sulke goed. En dis dan seker ook waarom die positiwiteitskoers hier rondom 9% hang: want die meeste mense doen die toets omdat dit verpligtend is, nie omdat hulle noodwendig simptome het nie.

piet ·

Alida dis waarskynlik wat jy se dat baie gaan om te toets juis omdat hulle reeds simptome het maar daar word ook baie getoets wat nog nie simptome het nie.

VaalDonkie ·

Die viruslading teorie van jou maak sin. Mens raak “siek” omdat jy die virus beveg soos hy vermenigvuldig. As jou immuunstelsel hom vroeg onderdruk, dan gaan daar minder van hom wees om jou “siek” te maak. Hoe meer stuifmeel in die lug, hoe meer nies jy, ens.

Thom ·

Absoluut wonderlik as mense idees sinvol en beskaafd uitruil!

piet ·

Vaaldonkie – Ek dink ek het hierdie viruslading storie iewers gelees so dis darem nie heeltemal uit my duim gesuig nie. Dit maak egter sin. Ek het ook gelees dat daar 2 stadia (prosesse) is hoe jou liggaam reageer. 1ste is wanneer jy geinfekteer is en ‘n sekere viruslading in jou slymvliese opgeneem maar nog nie in jou bloed opgeneem is nie. Jou liggaam se eerste weerstand is om te keer dat dit in jou bloed versprei. Indien die weerstand nie goedgenoeg is nie versprei en vermenigvuldig die virus in jou bloed en dan word die liggaam se groter kanonne uitgehaal (die witbloedselle) om die virus te beveg. Heel interessant nogal.

VaalDonkie ·

Ja dit is nogal. Die tweede fase is basies soos ‘n allergiese reaksie wat jy ontwikkel. Maar ek verneem die virus self is al uit jou sisteem op daardie stadium. Jou reaksie is op die S-protein wat agterbly. Dis waarom mense met asemnood vinnig verbeter wanneer hulle kortikosteroides en antihistamien kry. En waarom sekere middels wat ook ‘n demper op histamien plaas en anti-inflammatories is, help. Jy sal sien jou dokter skryf dadelik ‘n asmapompie voor, en disprin, en ander goed wat jou allergie-respons en inflammasie moduleer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.