Só sê FW De Klerk-stigting oor transformasie by universiteite

Skermskoot uit die Luister-video (YouTube)

Skermskoot uit die Luister-video (YouTube)

Almal wat belang het in die toekoms van Suid-Afrika se universiteite en die toekoms van Suid-Afrika as ʼn multikulturele samelewing, moet kyk na die video, Luister, wat onlangs deur die Open Stellenbosch (OS)-beweging gemaak is, het die FW de Klerk-stigting gesê.

Dave Steward, uitvoerende direkteur van die stigting, het in ʼn artikel op fwdeklerk.org gesê die video verteenwoordig 32 onderhoude – hoofsaaklik met swart studente – wat betref hul siening van rasse-uitsluiting by die Universiteit Stellenbosch. Hulle kla oor subtiele en openlike rassisme tydens hul interaksie met wit Afrikaanssprekende studente, insluitend beskuldigings van rasse-mishandeling in studentekroeë en op die internet.

“Volgens hulle is een van die grootste probleme die feit dat nie al hul lesings in Engels is nie,” het Steward gesê. “Swart studente wat slegs Engels praat, kan nie die lesings volg nie en het gemeld dat die tolkdienste wat die universiteit verskaf, nie voldoende is nie.”

Hy het gesê Open Stellenbosch vorm deel van ʼn toename in rasse-mobilisasie by sommige van Suid-Afrika se universiteite.

“Die Potchefstroom-kampus van die Noordwes-Universiteit is verlede jaar gekasty oor inisiasieseremonies wat na bewering ‘Nazi’-salute geïnkorporeer het (alhoewel die bewering nie gestaaf is deur ʼn video van die seremonie nie),” het hy bygevoeg. “Dr. Blade Nzimande, minister van hoër onderwys, het nietemin onmiddellik ʼn hoëvlakondersoek beveel wat vinnig gebruik is om verdere druk op die kampus se oorwegend Afrikaanse identiteit geplaas.”

Steward het bygevoeg die Rhodes Must Fall-beweging het vroeër vanjaar by die Universiteit van Kaapstad eise gemaak – soortgelyk aan dié van OS – dat die universiteit se “koloniale kultuur” afgeskaf moet word en “snel vordering” gemaak moet word wat volle demografiese verteenwoordigheid betref in die studentekorps en die fakulteit. “Tydens hul betogings het hulle ʼn raadsvergadering ontwrig, geboue van die universiteit beset en anti-wit rassistiese aanmerkings gedreunsing. Talle van die persone wat op 1 September aan die OS-betoging deelgeneem het, was nie studente nie, en hulle is met busse na Stellenbosch vervoer. Die organiseerder het deelnemers bedank dat hulle aangesluit het in ʼn poging om ‘witheid’ te onderbreek.”

Volgens hom het AfriForum gesê swart betogers het in Xhosa gesing hoe hulle die wit mense gaan ‘slaan’.

Swart studente, een wat ʼn deelnemer was in die Luister-video, het verlede week wit studente met sambokke gejaag by die Elsenberg-landboukollege.

Volgens Steward is daar ʼn gemene deler in al hierdie voorvalle:
– om enige poging om minderheidstradisies en kulturele identiteit te behou, te vergelyk met ‘apartheid’ of ‘kolonialisme’;
– ʼn toename in die eis vir volle demografiese verteenwoordigheid in die studenteliggame en fakulteite;
– goed-georganiseerde veldtogte wat goed gefinansier is (“Wie het vir die 33 minuut lange Luister-video en busse vir die betoging op 1 September betaal?”); en
– vinnige en empatiese regeringsondersteuning vir swart studente se eise.

“Die OS se sin van uitsluiting het sy wortels in die feit dat hulle ʼn minderheid by ʼn universiteit is wat nie hul kultuur reflekteer of ten volle opleiding in die taal van hul keuse aanbied nie,” het Steward bygevoeg. “Maar, sou Afrikaanssprekende minderhede dan nie dieselfde gevoel van taal- en kulturele uitsluiting beleef het waar slegs Engels aangebied word nie? Die verskil is dat daar twee universiteite in die Wes-Kaap is waar enigiemand wat dit graag wil doen, uitsluitlik in Engels kan studeer – terwyl die Afrikaanssprekende meerderheid in die Wes-Kaap nou slegs een universiteit het waar Afrikaans (op ʼn gelyke vlak met Engels) steeds ʼn onderrigtaal is op voorgraadse vlak.

“Daar is geen grondwetlike vereiste vir universiteite om die nasionale demografie te weerspieël in hul studenteliggame of fakulteite nie, op voorwaarde dat hulle nie onregverdig diskrimineer teen enigiemand nie. Daar is egter ongetwyfeld ʼn grondwetlike vereiste vir opleiding by openbare onderwysinstellings in die taal of tale van jou keuse waar dit prakties moontlik is.

“Dit is duidelik prakties om universiteitsopleiding in Afrikaans te bied in ʼn provinsie waar Afrikaans die hooftaal is en waar daar ʼn universiteit is met ʼn lang tradisie van onderrig in Afrikaans,” het Steward bygevoeg.

Hy het gesê minister Nzimande aanvaar dat Afrikaans ʼn onderrigtaal op universiteitsvlak moet wees, maar ervaring het regdeur die wêreld, en in Suid-Afrika, gewys dat daar, waar ʼn wêreldtaal soos Engels op ʼn gelyke vlak in dieselfde instansie as ʼn streekstaal (soos Afrikaans) aangebied word, die streekstaal uiteindelik verdoof.

“Daar was bitter min teenstand teen die erosie van Afrikaans by Stellenbosch van studente, alumni en fakulteitsvlak – vermoedelik op die basis dat dit steeds gelyke status saam met Engels op voorgraadse vlak sal geniet. Universiteitsleiers is, heel verstaanbaar, hoofsaaklik besorg oor die bevordering en handhawing van akademiese uitnemendheid en om ʼn inklusiewe omgewing te skep vir studente uit al Suid-Afrika se gemeenskappe – eerder as om een of ander taal of kulturele agenda te bevorder.

“Hulle het aanvaar dat hulle hul instansies moet distansieer van hul ‘apartheid’ en/of ‘kolonialistiese verlede en so gou as moontlik na demografiese verteenwoordigheid moet beweeg.

“Prof. de Villiers het verlede week kritici verseker dat Stellenbosch so gou as moontlik transformeer. Hy het verklaar dat 50% van Stellenbosch se studente teen 2020 swart sal wees en dit benadruk dat die universiteit ontslae raak van oorblywende verbintenisse met die verlede, soos name wat met voormalige Afrikaner-leiers vereenselwig word.

“Dit sal ongelukkig nie genoeg wees nie: OS, Rhodes Must Fall en minister Blade Nzimande sal uiteindelik slegs tevrede wees wanneer studenteliggame, fakulteite en administrasies van al Suid-Afrika se universiteite ‘ten volle verteenwoordigend is’, of, om dit kras te stel – wanneer dit bestuur word deur, en die kultuur reflekteer van die swart meerderheid.

“Soos die laaste swart deelnemer in die Luister-video opgemerk het: ‘Die universiteit moet soos ons lyk – Suid-Afrikaners’, maar wat hy duidelik bedoel is dat dit moet lyk soos die meerderheid van Suid-Afrikaners.”

Steward skryf voorts dat, aangesien dieselfde argumente geldig is, die debat by Stellenbosch verreikende gevolge inhou vir die toekoms van Afrikaans-medium-skole – en vir die toekoms van enige openbare opleiding in Afrikaans (aangesien Afrikaans uiteindelik in parallel-medium-instansies deur Engels in die skadu gestel sal word).

“Dit laat vrae ontstaan oor die toekoms van Suid-Afrika as ʼn multikulturele samelewing. Die vraag is of, in multikulturele lande soos ons sʼn, daar nie openbare opleidingsinstansies moet wees waar ons minderhede – uit watter gemeenskap ook al, hul kulture en tale op ʼn nie-uitsluitingsbasis moet kan beoefen nie? Of moet hulle uiteindelik, in meederheidsgedomineerde instansies, uiteindelik dieselfde gevoel van kulturele en taaluitsluiting deurstaan waaroor die OS nou kla? En as dít so is, wat word van hul grondwetlike reg tot menswaardigheid en gelykheid?

“Wat word van die ideaal van Suid-Afrika as ʼn multikulturele samelewing?” wil Steward weet.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

33 Kommentare

jongste oudste gewildste
anita

Solideriteit het die beste colleges vir net afrikaanse studente! My vriendin is engelssprekend en haar seun is nie goed in afrikaans, en hul het hom mooi gehelp..hy het studeer vir n milright.rerig mense stuur jul kinders soontoe!daars verblyf ookbeskikbaar…

Johan 2

Lyk my die Kaap begin ook nou die vrugte van hul swak besluite pluk, dis dalk hoogtyd…nie dat ons n verskoning kan verwag van enige linkse nie…FW en hul “stigting” bly n vloekwoord net soos Transformasie n vloekwoord is.

helena malan

ASSEBLIEF!
As ‘n mens skryf oor sake wat ‘n belangrike invloed op iets soos Afrikaanse skole gaan he, kan die betrokke joernalis tog net die verskil tussen verRYKende en verREIKende naslaan? Dit is nogal die laaste plek waar ‘n verantwoordelike joernalis/subredakteur hierdie fout moet maak…???

Capt. (Retired) Paulus Antonio

I was born and raised in Afrikaans. And, only received English as a medium of instruction during my final year at varsity also against my will and wishes but passed it with flying cokors. And, as a direct result of my good marks the lecturers had actually referred most of the Xhosa speaking students to me to assist them with their studies and they were all pretty successful. I used both Englisg and Afrikaans in my lectures with the result they were also forced to learn another language coupled with English. So fifty 50% of the lecturing time should be… Lees meer »

Jas Blanche

Mnr de klerk se stigting moet nie bekomerd wees nie daar is wigte en teen wigte