Só wil Gauteng agterstand met lisensies, permitte oplos

Argieffoto (Foto: Arrive Alive)

Die Gautengse departement van paaie en vervoer, in samewerking met die Padverkeersbestuurskorporasie (RTMC) en munisipaliteite, het ʼn strategie ontwikkel om die agterstand op te los vir rybewyse en permitte weens die Covid-19-afsonderingsperiode.

Die minister van vervoer het in Julie 2020 regulasies in die Staatskoerant gepubliseer dat alle tydelike bestuurslisensies en professionele bestuurspermitte, wat tydens die periode 26 Maart 2020 tot 31 Augustus 2020 verval het, geldig beskou sal word tot 31 Januarie 2021.

Melitah Madiba, woordvoerder van die departement, het in ʼn verklaring gesê om bestuurslisensiehouers by te staan, het die departement, RTMC en die munisipaliteite besluit om:

  • die NaTIS-stelstel te verbeter sodat aansoekers prioriteit kan geniet in die besprekingstelsel. Toegang sal deur ʼn aansoeker se ID-nommer ontsluit word;
  • aansoekers wie se lisensies verval of wie se geldigheid tot 31 Januarie 2021 verleng is, sal elke Dinsdag vanaf 26 Oktober 2020 tot 31 Januarie 2021 bygestaan word;
  • Woensdae is opsy gesit vir enige aansoeker wat ouer is as 60 en hul bestuurslisensies moet vervang. Dié aansoekers hoef nie ʼn afspraak te maak nie;
  • Sentrums sal Maandae beskikbaar wees vir afsprake om rybewyse en professionele bestuurspermitte te hernieu. Dit sal beskikbaar wees vir aansoekers wie se rybewyse nog nie verval het nie;

Die volgende Tshwane-sentrums sal weeksdae tussen 08:00 en 18:00 oop wees:
▪ Akasia (Stad Tshwane)
▪ Bronkhorstspruit/Kungwini (Stad Tshwane)
▪ Centurion (Stad Tshwane)
▪ Waltloo (Stad Tshwane)

Die volgende sentrums sal Saterdae tussen 08:00 en 13:00 oop wees:
▪ Akasia (Stad Tshwane)
▪ Centurion (Stad Tshwane)
▪ Bronkhorstspruit/Kungwini (Stad Tshwane)
▪ Waltloo (Stad Tshwane)
▪ Alberton (Ekurhuleni)
▪ Bedfordview (Ekurhuleni)
▪ Benoni (Ekurhuleni)
▪ Boksburg (Ekurhuleni)
▪ Brakpan (Ekurhuleni)
▪ Edenvale (Ekurhuleni)
▪ Etwatwa (Ekurhuleni)
▪ Germiston (Ekurhuleni)
▪ Kempton Park (Ekurhuleni)
▪ Nigel (Ekurhuleni)
▪ Springs (Ekurhuleni)
▪ Langlaagte (Stad Johannesburg)
▪ Midrand (Stad Johannesburg)
▪ Randburg (Stad Johannesburg)
▪ Randburg Civic Centre (Stad Johannesburg)
▪ Sandton (Stad Johannesburg)

Aansoekers word aangemoedig om hul oogtoetse (onderteken en met ʼn stempel daarop aangebring) na die sentrum bring.

Daar sal te alle tye aan Covid-19-protokol voldoen word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

JO ·

Die inligting klop nie met die op die sisteem nie – vermoed die verwysing na Dinsdag moet wees “Maandag vanaf 26/10/2020”. Dinsdae word gereserveer vir nuwe leerling/bestuurderslisensies.

Gert Johannes ·

C-19 is ‘n absolute leuen as verskoning vir agterstand in bestuurslisensies, dit is totaal en al onbevoegdheid. My lisensie is al goed gekeur in Nov 2019 op Bronkhortspuit, wag 6 weke en kom kry jou lisensie, 6 weke later, wag nog 6 weke en nog geen lisensie en toe eers begin die grendelstaat. Na grendelstatt en verskeie ekstra foto’s en wag periodes, nog geen lisensie. en net onafgelewerde boodskappe aan ‘[email protected]’ Meer as drie maande voor grendelstaat en gendelstaat die verskoning, WAT ‘N KLUG.

Cecilia ·

Wat ek sukkel om te verstaan. Hoekom het d lisensie kantore nie gewerk tydens lockdown nie. Dis mos n “essential” service?
Kom kyk wat se chaos is dit in Mbombela. Rye staan letterlik by d hekke uit en d personeel is in geen haas om jou te help nie. Inteendeel hul werk nog stadiger as voorheen. Hulle is pleinweg ongeskik en laat jou voel hul doen jou n helse guns om jou te help. Maar hul vergeet dis my betalungs wat sorg dat hul n werk het.
Wonder hoeveel bedrog nou weer gaan plaasvind?

Anel ·

Ek het in Junie vir my pa afspraak gekry. Hy was by oogarts en het die aansoek gedoen. Verlede week gaan hoor hy of hy nou die lisensie kan kry, toe sê hulle vir dat dit nie uitgereik is nie. Gelukkig het hy kwitansie. Is weer deur die hele proses van fotos neem ens. Gelukkig hoef hy nie weer te betaal nie. Nou is daar vir hom gesê, 3 weke. Nou wil ek sien. Dan sal ek maar saam met hom gaan. En pa is nie meer jonk nie en nou behandel hulle die oumense soos gemors. Ek sal nogal daarvan hou as hulle die tydperk kan verleng na 10 jaar, of soos vroeër, toe ons lisensie gekry het, lewenslank. Maar nou jou, iemand moet geld maak uit baie ander se ongerief in hierdie land.

pompies ·

Ek het gesien hoe hulle werk en kon net my kop skud een tree vorentoe en 100 agter toe. Maak nie saak hoeveel planne ou razmataz mbambula maak nie as die personeel nie wil nie gaan hy geen hond haar afmaak nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.