Soektog na ontvoerde ma eindig tragies

Nosipho Sidabuka (Foto verskaf)

Nosipho Sidabuka (51), wat in Qumbu in die Oos-Kaap ontvoer is, se liggaam is Saterdagmiddag laat gevind.

Maroela Media het vroeër berig Sidabuka en haar 22-jarige seun is Donderdag by Tsitsa-brug naby die N2 voorgekeer. Hulle was van Tina Falls na Qumbu op pad toe twee persone, in ʼn silwerkleure Polo, met die nommerplaat ND4735, hulle voorgekeer het.

Dit het gelyk of die ontvoerders haar iets vra voor hulle ʼn vuurwapen op haar gerig en geld geëis het. Een van die verdagtes het ʼn skoot op haar geskiet en haar handsak gegryp. Hy het haar toe na hul voertuig gesleep. Die ander verdagte het die seun met ʼn pistool aangerand en hy het borsbeserings opgedoen. Die verdagtes het daarna met Sidabuka van die toneel gevlug.

Kapt. Khaya Tonjeni, woordvoerder van die polisie, het gesê kinders wat Saterdagmiddag omstreeks 16:50 skape gaan haal het, het die gemeenskap van Qanqu- informele nedersetting laat weet hulle het op pad op ʼn vrou se liggaam afgekom. Sy het ʼn skietwond in haar bors gehad en is verwurg.

“Die gemeenskap het die polisie in kennis gestel en sy is positief uitgeken deur haar familie.”

Haar handsak word nog vermis.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Sarel ·

Al word skuldiges aangekeer straf in SA is nie voldoende nie. Die Regering toon geen respek vir lewe nie.

Magda ·

Tragies – baie sterkte aan haar familie – maar as hulle regverdigheid wil sien – is hulle kans maar min, SA gee nie die straf vir Moordenaars wat hulle verdien nie. Dit gebeur as kriminele die land regeer.

Porseleintjie ·

Dis nou maar SA. ‘n Lewe is minder werd as ‘n handsak.
Die land van melk en heuning is nou die land van bloed en trane.

Nella ·

En dit net vir n handsak!!! So gehoop hul kry haar lewend, maar toe ek gelees het in die oorspronklike berig dat sy geskiet is, het ek getwyfel. Maar tog gebid

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.