Soektog na tienerseun wat in see verdwyn

Argieffoto

Reddingswerkers soek steeds onverpoos na ’n tienerseun wat vanmiddag in die see by die Strand naby Kaapstad verdwyn het.

Craig Lambinon, woordvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI), het gesê die Strand-NSRI is omstreeks 14:36 na die toneel ontbied waar ’n tienerseun, vermoedelik tussen 12 en 13 jaar, vermis word.

Inligting van ooggetuies dui daarop dat die seun saam met ’n groep maats in die see geswem het toe hy in die moeilikheid beland en onder die water verdwyn het.

Paramedici, die polisie, brandweerdienste en ’n lugambulans is ook vanmiddag na die Strand ontbied.

“’n Deeglike lug-, see-en-kussoektog het geen teken van die seun opgelewer nie,” het Lambinon gesê.

Polisieduikers soek tans na die seun.

Die tiener se familie word deur traumaberaders bygestaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Strandloper ·

Ai tog dit is tragies verby. Ek sien daagliks jong swart kinders sonder toesig swem en het al baie die ergste verwag. Ouers kyk na jul kroos asb !

Ann ·

Kan MM laat weet wat is die huidige situasie mbt die kind? Baie dankie vir julle goeie app wat ons op hoogte hou. My familie was Saterdag daar en dit was skrikwekkend om duisende mense op die strand se skok te sien.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.