Soldaat vas wat glo wapens steel en verkoop

Foto bloot ter illustrasie. (Argieffoto)

ʼn Soldaat van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag is vroeër die week in Bloemfontein in hegtenis geneem vir sy beweerde betrokkenheid by misdaad-aktiwiteite.

Die inhegtenisneming het gevolg nadat die polisie Dinsdag inligting van ʼn bron ontvang het oor ʼn soldaat wat in Brandwag woon en daarvan verdink word dat hy vuurwapens en ammunisie by die Tempe- militêre basis gesteel en aan onbekende persone verkoop het.

Siphiwe Dlamini, woordvoerder van die weermag, het gesê die soldaat word aangekla van die besit van ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie, die besit van ʼn handgranaat, asook die besit van ʼn SAPD-uniformpet. Die waarde van die items waarop beslag gelê is, beloop sowat R90 000.

Genl. Rudzani Maphwany, hoof van die weermag, het soldate gewaarsku dat geen dade van misdadigheid ongestraf sal bly in die SANW nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Di ·

Jo, lyk my dis nie net die Polisiediens wat ‘n klomp kriminele in diens het nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.