Solidariteit beteken hofstukke oor private opwekking

(Argieffoto)

Solidariteit het Donderdag met ʼn regsproses teen die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika (Nersa) begin om alle bottelnekke wat in die pad van private energieopwekking staan, uit die weg te ruim.

Volgens dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, lê die toekoms van kragvoorsiening in Suid-Afrika in desentralisasie.

Om dit te bereik, is die eerste stap om Nersa deur ʼn openbaarmakingsproses te dwing om inligting bekend te maak oor waarom daar nog so min lisensies aan private kragopwekkers toegeken is, verduidelik Hermann.

“Op grond van dié inligting sal bepaal kan word waar die bottelnekke lê en watter verdere stappe gedoen moet word om dié bottelnekke uit die weg te ruim.”

In Solidariteit se aansoek eis hy onder meer inligting oor die getal aansoeke wat Nersa vir private kragopwekking ontvang het en hoe lank goedkeuring van hierdie aansoeke neem.

Solidariteit eis ook dat Nersa rekenskap gee oor hoekom geen riglyne oor toevoer- en versendingstariewe tot dusver gepubliseer is nie.

“Die beduidendste daad van protes teen die huidige kragtoestand in die land is om self krag op te wek. Deur ons aansoek wil ons dit vir almal, veral ondernemers wat krag wil opwek, moontlik maak om dit te doen. Ons kan egter nie van entrepreneurs verwag om reusebeleggings te maak indien hulle nie die vermoë het om die opbrengste op daardie beleggings te skat nie. Ons kort dus duidelike, betroubare riglyne wat dit moontlik maak om sulke risiko’s te bereken.

“Eskom sal altyd deel wees van Suid-Afrika se kragaanbod, maar die aandeel van die private sektor in kragvoorsiening sal drasties moet vergroot om volhoubare kragvoorsiening te verseker. Ons sal alles moontlik doen om Eskom te stabiliseer, maar sal net so hard werk om die private aandeel te vergroot.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Christine ·

Nersa is ‘n hengse vlieg-in-die-salf. Hulle is deel van die plan om kragopwekking te kaap! Boere speel bankrot, kos vergaan en Nersa is vol vetskonings om kragopwekking te stuit! Die ekonomie gaan ten gronde!

annie ·

Eintlik probeer julle om die ANC se kommunisties-gebaseeerde handves omver te gooi want liberalisme is staatsgesentreerde bestuur en Mantashe se monument wat vir sy bydrae tot die landsekonomie opgerig word, is klaar ontwerp en betaal. Dit gaan langs die vlagpaal pryk wat tot teen die wolke gaan probeer reik. Cyril wag nou net vir pledges vir die grootse vlag en ‘n hyskraan wat so hoog kan rek… Dit is wat ons president vanjaar weghou van Davossie se partytjie.

ES ·

Lekker – looi hulle in die hof! Elke verbruiker behoort die reg te he om self te besluit wie energie aan ons kan verskaf of nie. Ons bly in ‘n demokratiese land, maar dit word soos ‘n kommunistiese een bestuur deur Squirrel en sy mede-bedrieers.

Kobus ·

Nersa is die bottelnek van sinvolle kragvoorsiening in die land. Korrup en kortsigtig, ‘n stok in die wiel – ruk hulle wakker en bevry ons van hierdie verlammende “kragedie”.

Papsak ·

Ek stem Nersa is n vlieg in die salf hulle wil krag stuit waarheid

LANA is ELANè ·

Solidariteit, ek het die antwoord, Patrice Motsepe, die president se swaer, wat African Rainbow Energy besit, wil die monopolie besit sodat hy en die president hul verder ten koste vd man op die straat kan verryk. Ondersoek net dit ook!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.