Solidariteit Beweging: ‘Laat jou stem tel’

sb-stembepaler-01

Die Solidariteit Beweging se lede-instellings het Vrydag tydens ʼn mediakonferensie ʼn oproep op hulle ondersteuners gedoen het om in groot getalle aan die sesde algemene verkiesing deel te neem. V.l.n.r. is Hannes Noëth van Solidariteit Helpende Hand, Kallie Kriel van AfriForum, Flip Buys van die Solidariteit Beweging, dr. Dirk Hermann van Solidariteit en dr. Danie Langner van die FAK. Foto: Reint Dykema.

Sowat 86,7% van die vakbond Solidariteit se lede het in ʼn meningspeiling aangedui dat hulle op 8 Mei wel hulle kruisie by die stembus gaan trek.

Volgens dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, is dit 10% hoër as die land se gemiddelde persentasie van mense wat aangedui het hulle sal wel gaan stem.

“Die Afrikaanse gemeenskap is dus nie besig om te onttrek nie, hulle neem beslis deel aan die plaaslike politiek. Na die verkiesing sal daar alliansies gevorm word en die Afrikaners se stem sal gehoor moet word. Kiesers uit hierdie gemeenskap sal moet aanspraak maak hierop by die partye waarvoor hulle gestem het,” het Hermann gesê.

Solidariteit was deel van een van die lede-instellings wat Vrydag tydens ʼn mediakonferensie ʼn oproep op hulle ondersteuners gedoen het om in groot getalle aan die sesde algemene verkiesing deel te neem.

Die instellings van die beweging, waaronder Solidariteit, AfriForum, Solidariteit Helpende Hand en die FAK, verteenwoordig sowat twee miljoen mense. Dit sluit 500 000 lede en hulle gesinne in.

“Ons werk egter nie aan die politiek nie. Die Beweging se werk is om te bou en ons bou wel binne bepaalde werklikhede vanuit die parlement en daarom moet ons gaan stem.

“Indien jy nie stem nie, tel jou stem in werklikheid vir die meerderheid.

“Ons gaan wel nie op die politiek staatmaak om vir ons ʼn toekoms te bou nie,” het Hermann bygevoeg.

Dr. Danie Langner van die FAK meen die taalkwessies het ʼn slaanstok geword wat gebruik word om die Afrikaanse gemeenskap te looi.

“Die kultuurgemeenskap moenie apaties van politiek staan nie, hulle moet vir ʼn party stem wat staan vir kultuur- en taalregte. Afrikaners het ook al gewys dat hulle kan saamstaan en nee sê vir boelie-politiek. Gaan stem, werk saam en bou saam aan ʼn nalatenskap vir ons kinders,” het Langner gesê.

Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging, het benadruk dat die Beweging se plan B nie Afrikaners uitsonder nie. “Ons werk daaraan om juis die kulturele leefruimte te skep waar ons almal saam kan bly in Afrika. Vriende, ons beveg nie die volgende verkiesing nie, maar ons werk vir die volgende geslag.”

Kallie Kriel, uitvoerende hoof van die burgerregte-organisasie AfriForum, het op sy beurt gesê mense kan saam vir hulle buurtwagte patrolleer, al stem hulle nie vir dieselfde politieke party nie.

“AfriForum wil nie ingetrek word by partypolitiek nie, ons fokus eerder op selfdoen-aksies. Ons wil nie vir ons lede voorskryf vir wie hulle moet stem nie, maar ons sal inligting verskaf sodat hulle self ingeligte besluite by die stembus kan maak.”

sb-stembepaler-02

Morné Malan, navorser by die Solidariteit Navorsingsinstituut, verduidelik hoe die stembepaler kiesers kan bystaan om ‘n politieke party te kies in die komende verkiesing. Foto: Reint Dykema.

Kry só duidelikheid oor partye se beleide

Morné Malan, navorser by die Solidariteit Navorsinginstituut, het hierby aangesluit en gesê alhoewel die instituut se navorsing aangedui het dat Solidariteit se lede gretig is om te gaan stem, heers daar vir die eerste keer ʼn groot onsekerheid by hulle vir wie om te stem.

Die instituut het ʼn stembepaler ontwikkel wat kiesers help om te bepaal met watter party se beleid hulle die meeste saamstem.

Volgens Malan het die instituut sewe partye se verkiesingsmanifeste ontleed wat reeds een of meer setsels in die parlement het. Die stembepaler vra vrae oor spesifieke aktuele sake en plaas die kieser se antwoordkeuse by die party wat met die kieser se oortuigings strook.

“Solidariteit se stembepaler wil op die wyse help om kiesers duidelikheid te gee oor die verskillende partye se beleide,” het Malan gesê.

  • Klik hier om te sien watter party se beleid stem met jou oortuigings ooreen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Linda ·

Daar is bekend gemaak dat 6,000,000 van ons jeug NIE geregistreer het nie, want die registrasies het toegemaak voordat hulle kon registreer ! Dit is n groot teleurstelling.

Francois Muller ·

As ek reg is, kan diegene wat nie registreer het nie, wel nasionaal stem, maar nie munisipaal nie.

Nicoline Crafford ·

Dit wil nie werk nie. Gooi net % teken sonder partye of die persentasie syfer uit! Help!

Alfonso ·

My resultate is 90% VF+, 40% IFP (waaaat???) en 30% DA.

Ek het nie verwag om die IFP daar te sien nie.

Hentie Smit ·

Tot Dawie Roodt se VF+ se beleid is die beste. Stem vir n Afrkaner party. Hoe meer ons saamstaan vir een party hoe groter ons invloed

Jerry ·

Ons stem met die hoop op n wonderwerk omrede wat die partye se hulle gaan doen, gaan nie staatskaping fase 2 stop nie. Staatskaping fase 2 wat dubbeld soveel gaan kos om die skade te herstel van staatskaping fase 1, wat die partye ook nie kon stop nie, is reeds in aanvang onder leiding van CR en Gordhan wat die skade net bestuur met meer en meer geld. Nie een enkele party kon staatskaping fase 1 stop nie, nie een enkele party dui aan dat hulle bewus is van die ANC wat n nuwe mombakkies opgesit het vir staatskaping fase 2 nie, laat staan nog om dit te stop! SA se opposisiepartye is agv staatskaping fase 1 in n gyselaar situasie geplaas vir staatskaping fase 2 en is dus eintlik maar magtelose toeskouers! Wat hulle dus se hulle gaan doen is water wat reeds onderdeur die brug is en wat absoluut niks kan doen om die hoofbedreiging, nl staatskaping fase 2 te stuit nie! Ons gaan dus stem met die hoop op n wonderwerk!

Ruiklont ·

Ons doen asb ‘n beroep vir mense om moeite te doen om te stem en ook ander te oorreed. Stem vir jou volksgenote, dit mag dalk die laaste keer wees dat ons invloed mag hê

Andreas ·

Niemand verlang terug nie, maar net omdat ons hom nie in lewende lywe gesien het nie:
ttps://www.youtube.com/watch?v=PFm51F3R_7U

Andreas ·

Esté, help aub hier, maak ek verkeerd en is dit onvanpas? Daar bestaan, as ek reg het geen ander video van Paul Kruger nie. Hierdie is nie om mens terug te laat verlang nie, maar net om jou aan waar jy vandaan kom en oor die geskiedenis in te lig. Ek glo baie mense sal hierdie video graag wil aflaai, dit koester. En luister net na die suiwer Afrikaans wat hy praat.

Wildeboer ·

Die vyf here lyk bekommerd. Hulle het rede, want Afrikaners daarbuite boer agteruit en staar uitwissing in die gesig. Begin eerder werk aan ‘n volkstaat.

Dries du Toit ·

Dankie Andreas. Dit was baie goed om te besef waar ons vandaan kom. Die liberalis sal walg hier oor

Jerry ·

Ek dink as die Voortrekker leier van ouds, Piet Retief, vandag voor ons moes staan, sou sy raad wees: ek moes Dingaan nooit vertrou het nie. Daarom vertrou ek my eie mense – VF+

willem botha ·

VF+ sal definitief my en my familie se steun hê woensdag waneer ons stem.

Andreas ·

‘n Stem vir jou taal Afrikaans, jou waardes en ‘n toekoms in Die Land, is ‘n stem vir die VF Plus!

Willemien ·

Solank Afrikaners deel bly van SA is daar geen kans dat die taal sal oorleef nie. Teen 2030 sal daar geen openbare Afrikaanse skole wees nie, ten spyte van die VF+ se beloftes. Oor die waardes en toekoms is ek ook pessimisties.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.