Solidariteit sê ‘minister fokus op foto, vergeet telbord’ oor transformasie

(Foto: pixabay)

Solidariteit het sy misnoeë te kenne gegee oor Thulas Nxesi, minister van arbeid, se voorneme om werkgewers te straf vir sogenaamde onvoldoende transformasie.

“Minister Nxesi noem herhaaldelik dat top- en senior bestuur volgens die Komitee vir Diensbillikheid se jaarverslag nie getransformeer is nie. Wat hy weglaat, is dat hierdie segment slegs 0,8% en 2% van die totale werksmag verteenwoordig. Deur so eng te fokus op so ʼn klein segment, dui op voorbedagte rade van die minister se kant,” het Connie Mulder, hoof van Solidariteit se Navorsingsinstituut, gesê.

“Hierdie obsessie met ras het die land reeds duur te staan gekom deur die katastrofiese vaardigheidsverlies wat dit in staatsinstellings teweeg gebring het. Om nou die staat se verloorresep op maatskappye in die private sektor te wil toepas, is roekeloos. Die staatsdiens is totaal verlam deur ʼn beleid wat demografiese teikens najaag en wat tot só ʼn vaardigheidsverlies gelei het, dat ons kragvoorsiening vandag nie seker is nie. Om hierdie beleid nou strenger te wil toepas op die private sektor gaan noodwendig dieselfde gevolge hê. Dit is tyd dat ons begin fokus op mense se vaardighede eerder as hul velkleur.”

Solidariteit het gesê die lomp gebruik van die ekonomies aktiewe bevolking as opper- en amper enigste maatstaf, is onrusbarend.

“Die Springbokspan moet uit rugbyspelers bestaan – dus sal die Springbokspan die demografiese samestelling van professionele rugbyspelers verteenwoordig eerder as wat dit die ekonomies aktiewe bevolking verteenwoordig. Dit geld vir alle beroepe waar spesialisvaardighede of ervaring nodig is. ʼn Mens kan nie iemand as ʼn verpleegster of vlieënier aanstel as die persoon nie die nodige opleiding het nie. Deur faktore soos opleiding en ervaring net te verswyg, en eerder te fokus op ras as enigste maatstaf, is die minister besig met lomp sosiale ingenieurswese,” het Mulder gewaarsku.

Volgens Mulder staan swart Suid-Afrikaners se tersiêre opleidingsvlak op slegs 8%, teenoor die wit bevolking se tersiêre opleidingsvlak van 34%. Die swart bevolking is gemiddeld 21 jaar oud, teenoor die wit bevolking se gemiddelde ouderdom van 37 jaar. Top- en senior bestuur is geneig om hoogs opgeleide mense te wees met baie jare ervaring.

Hy het gesê die wit bevolking sou dus daar dus logies oorverteenwoordig wees.

“Die vrye mark sien egter geen kleur behalwe die kleur van geld nie – en sal altyd kandidate met die nodige vaardighede en ervaring aanstel. Die regering se weeklaag oor onderverteenwoordiging is eintlik ʼn aanklag teen die opleiding wat aan Suid-Afrikaanse burgers gebied word.”

“Wat absoluut verbysterend is, is die regering se totale blindheid vir sy eie dwaasheid. Die kommissie se verslag beveel ook aan dat migrasiewette strenger toegepas moet word omdat buitelanders so baie van die werk in die laer vlakke van die arbeidsmark begin vul het. Dit is asof die regering vergeet het dat hy ʼn nasionale minimum loon ingestel het wat dus gewone Suid-Afrikaners en veral jong mense uit die arbeidsmark hou wat dan meebring dat hierdie geleenthede deur buitelanders opgeraap word,” het Mulder gesê.

“Die verslag toon net weer dat die ANC-regering ʼn obsessie met die spanfoto het, maar nie veel omgee oor die telbord nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Chris ·

Die tyd het seker al aangebreek dat ons ernstig moet oorweeg dat die mense in beheer weet wat hul doen. M.a.w. as hul maatstawwe of beleide instel wat ooglopend swak vir die ekonomie is, is dit dalk presies wat hul wil he. Hoekom sou hul dit wou he? Want dit is daar met die uiteindelike doel om van kapitalisme ontslae te raak en ‘n sosialistiese ideologie te laat seevier. Dit klink na ‘n ‘conspiracy theory’, maar die tekens begin meer word. Soek bietjie na artikel van Hermann Pretorius getiteld ‘Ramaphosa is a man of his word’ en ook die uitstekende artikel vroeer hierdie week van Connie Mulder oor die totalitarisme. Die vraag is, wat staan ons te doen?

Linda Crouse ·

Niemand wil onbevoegdes in hul maatskappye hê wat tot nadeel van genoemde maatskappy kan en sal wees nie, maar die regering druk dit in jou keelgat af en dwing jou daartoe en dan kan hul nie verstaan dat polarisasie plaasvind nie. Hoeveel meer wil hul bewys dat sake soos eskom, telkom, sauk, s.a.l, hoeveel ander nog tot niet is agv idees en wette wat duidelik nie werk nie. Maar ophou met sulke tipe wetgewing???? Watwou!!!

Deon Meyer ·

Die Minister van Arbeid moet homself vergewis van die chaos waarin die plaaslike Munisipaliteite verkeer weens die rasbehepte aanstellings wat gemaak is.Terselfdertyd is feitlik alle Staatsdepartemente wanfunksioneel weens aanstellings wat gedoen is weens transformasie en verbintenis aan die ANC.

O Wee ·

Die kruks van alles is dat die regering en hulle meelopers so ‘n diepgewortelde minderwaardigheid het wat uitspeel in ‘n oorweldige haat teen alles wat blank is, al is dit ten koste van hulle self. En nou is daar nog diegene wat nie ooreenkomste met Zimbabwe kan raaksien nie. …..

Petrus ·

Mense, mense, mense – ons wil die eerste drie jaar van skool oop maak. Instellings wat goeie en toepaslike tegniese opleiding bied is mee weggedoen. Die tydperk van studie vir uitneemendheid word ingekort, standaarde vir alle doeleindes afgewater na 30%.
Kom uit ‘n werksomgewing waar vaardigheid op alle vlakke noodsaaklik was – maar “need to please” het dit by die knië afgesny – chaos.
As jy jou stem verhef is jy rassisties of anti-transformatoties – rampsoed en chaos.

Winx ·

Hulle gebruik hul gebrek of tekortkominge wat prestasie betref om besighede te blackmail. Ek het 2 woorde daarvoor.

Elsie ·

Ons wil nou karring aan n wenresep! Die land word al sedert 94 regeer deur mense wat nie noodwendig oor “geskikte” of die beste kwalifikasie beskik nie…en die land staan darem nog! Beste prestasie geniet beslis nie hoogste prioriteit nie.

Annelien ·

As hierdie klomp mense net kan besef dat n mens iets moet weet van n job, om dit sodoende te kan uitvoer na die beste van jou vermoe. Hulle kandidate is nie opgelei nie, en hulle wil ook nie werk nie.

sweis ·

Hulle moet die diskriminerende wette wat teen wit mense diskrimineer skrap sodat ons werk kan skep vir die duisende kripvreters wat oral bakhand staan.

Riena ·

Een sinnetjie van sy artikel wat my bekommerd maak: Hulle gemiddelde ouderdom is 21 en ons gemiddelde ouderdom is 37. So asof dit iets is om op trots te wees. Vaardigheidsgesproke miskien wel, maar as ons nie oppas nie, skuif daardie gemiddelde ouderdom meedoenloos op. As ons nie meer kinders kry nie, is daar niemand om ons te vervang nie. Dan is dit net `n klomp ou mense wat sit op die stoep. Ons MOET werk aan ons kindergetal. Kry meer kinders!

Judge Dredd ·

Op die einde, die steen wat afgekeur is – juis die, het die belangrikste steen geword.

JohanL ·

Maak nie saak watse argumente mens aan Nxesi en sy kamerade gee nie, hulle het eerstens nie die intellektuele vermoe om dit te verstaan nie en tweedens nie die “politieke wil” om dit te verstaan nie. Hoekom sal die ANC wat nou die mag het, na blankes luister en toegee dat die blanke reg is en sy argument water dra?

Al hierdie dinge wat die ANC opbring het ten doel om die aandag weg te vat van die feit dat hulle klaaglik misluk het om ‘n funksionele land af te breek tot een wat oor die afgrond stort.

Jacques ·

Sal net graag wil weet waarheen gaan hul hardloop na hul SA ook vernietig het soos res van Afrika

Frm ·

Het julle n ander voorstel vir hulle hoe hulle beheer oor privaat maatskappye kan kry?Dis seker maar hulle doel.

jakes ·

Ek het n BBBEE venoot wat in 3 jaar niks gedoen het om die maatskappy te groei nie. Hy het geen visie en toon geen belangstelling om sy kennis te verbreed nie. Sodra daar inkomste geginereer word dan sal hy eerste vra vir n verhoging. Die land is besmet met onbeholpe, onbevoegde swak bestuurslede wat op grond van kleur SA reeds oor die afgrond bestuur het.

JohanL ·

Jakes, dit is presies wat Moeletsi Mbeki oor gepraat het en mense gewaarsku het oor die nagevolge van BEE. BEE skep ‘n omgewing waar swartmense nie gedruk word om entrepeneurskap en inisiatief te openbaar nie en net staat te maak op blankes se werk en daarop te ry. Hy was 100% korrek gewees.

charmaine ·

Kyk net na ESKOM, DENEL, SAUK, SA EXPRESS, SAA, TRANSNET en al die Staats Departemente. Dan praat ons nie eers van ons Gesondheidsorg en Hospitale nie.

Matt ·

Gaan na sommige klein dorpies se munisipale kantore…. die sogename burgemeester (of bestuurder of wat hulle posbenaming ookal mag wees) ry met die luukste en grootste nutsvoertuig (en hy/sy het meer as een) rond, alle amptenare kry ‘n salaris, die deure van die munisipaliteit se kantore staan oop en daar is nie ‘n enkele persoon op kantoor nie. So gaan dit oral, die wat laat kom vir werk loop by die deur vas teen die wat vroeg loop. Kyk ook hoeveel voertuie van sogenaamde verkeersbeamptes staan in die winkelsentrums se parkeerareas met die beamptes wat inkopies doen (hulle patrolleer seker die sentrum om te kyk wie se trollies is dalk oorlaai) in plaas daarvan om die wet toe te pas. Wetgewing is in plek gestel om vir hulle werk te kan gee en vaardigheid uit die werksplek te verwyder en die grense is oopgestel aan almal om hier te kom heenkome soek sonder om enigsins tot die staatskas by te dra.

blouapie ·

Ons wil emigreer na Put sonder water toe. anc guns ons nie eers meer water om te drink nie!

marous ·

Jy sal vir altyd verantwoordelik gehou word vir ander se klaaglike mislukkings net omdat jy wit is . Dis die waarheid .

Al ·

Die regering is onbevoeg en kan eenvoudig nie dink nie.
Wie doen die dinkwerk vir hul?
Konsultante kos die staat (eerder belastingbetaler) miljoene rande per jaar omdat ministers totaal in die duister tas, nie opgewasse is vir hul pos nie asook hul konsultante – ook seker BEE.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.