Sosialemediaplasings wat plaasmoorde verheerlik na MRK verwys

Een van die inskrywings wat na die MRK verwys is.

Verskeie sosialemedia-inskrywings wat oënskynlik plaasmoorde en -aanvalle aanmoedig en verheerlik, is reeds na die Menseregtekommissie (MRK) verwys om as haatspraak ondersoek te word.

Die DA het twee weke gelede, as deel van sy aksieplan om landelike veiligheid te help verbeter, aangekondig dat hy inskrywings op sosiale media wat hy glo haatspraak of haatmisdaad is, na die owerhede vir ondersoek gaan verwys.

“Dit sluit in die aanmeld en aankla van diegene op sosiale media of enige ander platform wat die marteling en moorde wat die kenmerk van sulke landelike aanvalle geword het, verheerlik,” sê Dianne Kohler Barnard, die DA se woordvoerder oor staatsveiligheid.

Nog een van die inskrywings wat na die MRK verwys is. haatspraak sosiale media plaasmoorde

(Skermgreep verskaf deur die DA)

Die party het intussen verskeie “afskuwelike” plasings op sosialemediaplatforms geïdentifiseer wat die aanvalle verheerlik en selfs aanmoedig.

“Die DA beskou die plasings as walglik en diegene wat dit plaas moet aanspreeklik gehou word vir hul kwaadwillige en haatdraende uitlatings,” het Kohler Barnard gesê.

Sy sê navorsing dui daarop dat daar ʼn regstreekse verband is tussen haatspraak – wat dikwels deur politieke leiers gesing of gesê word – en ʼn onmiddellike toename in landelike aanvalle wat dikwels gepaard gaan met vreeslike marteling. Mans, vroue en kinders van alle rasse loop deur.

Die ANC het in 2001 ʼn komitee van ondersoek aangestel om plaasaanvalle te ondersoek en tot die gevolgtrekking gekom dat die aanvalle oorwegend rooftogte was met geen politieke of haatdraende motief nie. “Dit blyk dat die uitkoms van die ondersoek op sigself ʼn politieke verklaring was, of dat ʼn nuwe ondersoek as ʼn kwessie van dringendheid nodig is.

“Dít omdat daar vandag dikwels berigte is dat die rowers, ná die allervreeslikste marteling, sonder enigiets vlug,” het Kohler Barnard gesê.

“Dit is ongelooflik dat diegene wat die idee van die verkragting en moord van die vroue en kinders van boere en plaaswerkers ophemel bitter selde in die hof verskyn. Politici verromantiseer en moedig by tye dié skandelikheid aan en diegene wat hulle navolg dra geen gevolge nie. Die DA gaan verseker dat hulle doen.”

Kohler Barnard sê die gebruik dat die polisie die “diefstal van ʼn beursie” rapporteer nadat ʼn boer ure lank gemartel is, moet gestaak word. “Dit is nie ʼn rooftog nie, dit is ʼn haatmisdaad.”

Sy sê om boere die skuld te gee vir die ANC se versuim om werk te skep, onderrig en behuising te verskaf en hongersnood te pak, is ʼn gerieflike politieke instrument wat lewens eis.

“Boere, plaaswerkers en hul geliefdes is verantwoordelik om die land kos te gee en voedselsekerheid te verseker. Die sinnelose moorde op en marteling van dié gemeenskappe moet gestaak word en diegene wat dit verheerlik moet aanspreeklik gehou word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

Karpraat ·

Moenie asem ophou nie want Malema is vrygespreek op wat vir my lyk na dieselfde tipe haatspraak.

Spook ·

Swak, Swak, Swak, en die regering gaan niks doen nie! Haatspraak en rassisme op sy hoogte vlak! Ons blankets poep teen donderweer!!!!!

Wendy ·

Miskien moet boere vir ‘n jaar of wat ophou kos aan die land se mense voorsien, miskien sal hulle dan die boere waardeer. Hulle dink mos jy koop alles by checkers. Wanneer gaan dit ophou? Lyk my tot plaaswerkers se lewens is meer werd as die Boer s’n. Sterkte

TO ·

Don’t hold your breath. Hierdie is wraak wat aangewakker word deur politici, ontken word deur die president. Regtig om ‘n swanger vrou keel af te sny. As blankes net die k woord geruik is dít ‘n gehoo haa, maar fb doen Absoluut niks aan openlike haatspraak of aanhitsing nie. Hoog tyd boere baklei terug, maar hy sou nog nie die eerste skoot geskiet het dan is hy in die tronk, en die familie van die moordenaars word besoek met beloftes vir nog. Kan ‘n mens ‘n meer blinde parlement kry. Dieselfde boere wat kos gedeel het in inperking, word koelbloedig vermoor

Elmarie ·

Daar sal dadels van kom. Dis net rassisties as witmense dit sou se

Susan ·

Ongelooflik dat ander Facebook gebruikers onmiddellik vasgevat word, beboet word, selfs tronkstraf sou kry oor ‘n rassistiese aanmerking, máár hierdie uitlatings word nou seker eers ondersoek. Die rassiste wat hierdie uitlatings maak eet egter heerlik aan vleis, groente en suiwel wat van die boere wat hulle wil uitwis se plase afkom, wys op die intelligensie van die arme drommels, byt die hand wat jou voer!

SomeOne ·

“Die lewe soos ons dit ken en ervaar is ʼn baie kosbare ervaring. God se bedoeling was sekerlik nie dat ons bestaan op aarde een langdurige foltering moet wees nie. Inteendeel, die lewe op aarde, so kortstondig en voorlopig as wat dit mag wees, is ʼn heerlike voorreg en kan en moet terdeë geniet word.”

Sarel ·

Eestens DA bietjie min bietjie laat. Julle het jare terug die kans gehad om.op te tree hoekom nou.
Tweedens werk die VF PLUS al lank hieraan sonder blykbare sukses.
Die MRK jan vinnig reageer oor sg Rassusme maar reageer nie op Plaasmoorde nie.iemand druk vir antwoord asb. Ons will weet wat hulle siening is

Oujongvrou ·

Ag Sarel sak maar. Wys vir ons nou grooooot asb wat het VF nou al ooit reggekry. Net mooi sweet blow all. As groenewald enigsins iets wil bydra sal hy die mense aanpraat om DA te stem, en self DA toe oorgaan. Sodat ons n duik in die ANC kan slaan. Maar nouja elke hoender op sy eie mishoop.

JohanR ·

Daar was verleede week 21h00 ‘n plaas aanval wat ek van geweet het want dit het op Twitter verskyn. Ek het tot soe 02h00 gekyk of ek enigeiets op EWN, News24, of IOL verskyn. Ek het weer die volgende more soe 09h00 gekyk en nog niks. Dit het eers om 12h00 op IOL verskyn, 14h00 op News24 en glad nie op EWN. Nooit daai plaas aanval op EWN gesien nie. Weet EWN ooit dat boere word in Suid Afrika weldadig vermoor, of is dit maar net nog’n ANC spreekbuis? Onthou EWN die wiel draai. Die NP het ook seker gedink hulle sal vir altyd regeer, en soe ook die ANC. Maar die dag sal kom of dit nou in 2094 is dat ons sal deur die strate juig want die ANC is nie meer nie. Ek sal dit nie sien, maar my kinders en kleinkinders sal dit sien. Ek sal in my testament los dat hulle moet van my kant af ook juig!

Pierre ·

Hier sal absoluut niks van kom nie, hulle kan sê wat hulle wil, hulle is bo die reg verhewe.
Maar die oomblik wat ons iets soortgelyk uiter…

Nic ·

Niks sal Kom van dit nie. Cyril jy is net so pateties soos jou voorganger .die HERE slaap nie .wat my pla is dat jy elke keer sê mag for HERE suidafrika seen maar jy doen niks omtrent die plaas moorde van wit of swart boere nie maar eet heerlik hulle kos

Paul ·

Dit is skokkend dat in hierdie moordlike tye daar nog steeds boere is wie se huise nie eers omhein is.
Volgens Afriforum segsman op Kyknet nuus – 6 Julie 2020

Jinxy ·

Hierdie is “reverse racism” verskoon die engels. Die staat sien dit as “rooftogte” as jy gaan om te roof en ons mense en boere te martel en op die end van die dag daar uit loop sonder om enige iets te “roof” is dit niks anders as MOORD nie. Dit is rasse haat ons boere word daagliks geteiken en die staat (ANC) hou hom blind.
Dit is tyd dat iets gedoen word! Die 18e Julie gaan ek definitief die massa optog bywoon by PTA Unie gebou om my steun te wys dit is tyd dat ons as Suid Afrikaners sê genoeg is genoeg! Soos ek verstaan gaan gan dit ñ landswye optog wees wat goed sal wees dit is hoog tyd lat suid Afrikaners saam staan en opstaan vir ons boere

Boortor ·

MRK? Wie en wat is dit? Nou onthou ek! Dis die mense wat net wit “rassiste” vervolg, so dit gaan hier help nie.

Leon ·

Die rgering keur dit goed. Dit kom van die dae toe die ANC, PAC en SAKP nog terroriste was. Hulle het nognie hulle bedrywighede gestaak nie. Cyril het nognie amptelik in die media aangekondig die struggle is verby nie. Die kaders gaan nog aan waar hulle 1994 vrygelaat is. Hulle word tien teen een met teruggehandigde wapens voorsien om dit te doen.

Kokerboom ·

Onthou Swart mense kan nie rassiste wees ala Fanock..Die skuldiges moet maar gemonitor word.

Kaal Keiser ·

As hul net sal besef dat om mense uit te moor niks aan hul situasie sal verbeter nie. Inteendeel is buurlande ‘n bewys dat dit dalk net sal verswak…en wie blameer hul dan ?

Genis ·

Miskien moet ons se, “a bullet a day keep a intruder away”?

Anoniem ·

Daar gaan wel ‘n dag kom dat Blankes besluit genoeg is genoeg en dan moet julle nie smeek, pleit en na geeste roep nie.

Persheks Adri ·

CR en ou groot hoed skitter in hul afwesigheid!!! Malema is 1 van die eerstes wat ALTYD haatspraak aan hits en kom daarmee weg. Hulle vra hoekom dra ons vuurwapens… Ek dink hier gaan oorlog kom en binnekort ook. Ek hoop hulle besef dat as dit nie vir ons boere is nie dan kan hulle eet nie EN dat ons boere reg is vir hulle! Hoekom hou groot hoed ook aan om ons as blankes te wil ontwapen en net die SAPD mag wapens he? Seker oor hul bang is en die SAPD se wapens word daagliks van hulle af gevat oe ee ee!

Suzette ·

Was dit nou wit op swart dan sou jy die spul gehoor het. Ek sal graag wil he dat Afriforum en Adv Gerrie Nel hierdie saak verder vat. Ek het genoeg gehad van hierdie spul wat daarop uit is om ons uit te moor en hulle kom niks oor nie. Dit moet ook wereldwyd bekend gemaak word sodat ander lande kan sien wat hier aangaan en nie deur die regering van SA ‘n rat voor die oë gedraai word nie.

Leeu ·

En wat is Twitter self se beleid / reaksie op hierdie tipe uitlatings?

Mia ·

Ek wonder hoe sal hulle voel as ons in die townships in gaan en maar net doodmaak en martel vir gee rede nie. Dan sal ons almal toegesluit word, maar hulle loop vry rond en ANC kyk net na die ander kant toe. Hulle slag om witmense soos skape!!! Die land het soveel mooi gehad, maar nou wonder ek wat bly oor vir my en my kinders.

ES ·

Ek het altyd warm onder die kraag geraak as ek sulke kommentaar lees. Maar ek vind deesdae berusting in die Engelse gesegde: “A wolf does not lose sleep over the opinions of sheep.”

Woorde is wind – en die individue wat hulself skuldig maak aan hierdie tipe haatspraak, is maar ‘n handjievol. Daar is baie swart burgers in hierdie land wat vreedsaam wil lewe saam met al die ander mense, ongeag van hul velkleur en kultuur.

Nette ·

Dit sal hulle geensins pla as die boere uitgemoor word nie, want hulle kry nie hulle kos van die boer af nie, maar wel van Checkers, Woolworths en Spar…

janpiet ·

is rerig n hartseer om dit te hoor wat ander kleuriges van wit mense praat. Geen liefde teenoor ander nie. Ongelukkig heers die duiwel in die wereld en alle negetiewiteit heers met hom. Maar die wet van die Here se wat jy saai sal jy maai

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.