Spieshengelaar verdrink aan KZN-kus

Storm_weer_see_rotse_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto ter illustrasie. Argieffoto: pixabay.com

’n Spieshengelaar het oor die naweek naby St Lucia aan die KwaZulu-Natalse kus verdrink, het die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) Sondag gesê.

Lede van die NSRI is Saterdag kort na 15:00 ontbied nadat hulle berigte ontvang het van ʼn spieshengelaar wat aan die kus by Kaap Vidal vermis word, het Jan Hoffman, stasiebevelvoerder van die plaaslike NSRI, gesê.

Volgens Hoffman is bemanningslede met ʼn boot uitgestuur en het hulle met hul terugkoms bevestig dat die liggaam van ʼn 38-jarige spieshengelaar van Pietermaritzburg opgespoor is. Hy het verdrink.

Die plaaslike polisie is ontbied waarna ʼn geregtelike doodsondersoek geopen is. “Medelye word oorgedra aan die familie en vriende van die oorledene,” het Hoffman gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Wouter ·

Nou wat vir n ding is n spies hengelaar? n Zoeloe met n spies?

Yankee ·

Regtig!! Veral jy Wouter Brakpan!! Sterkte aan sy geliefdes.

Genoeg ·

Heel verkeerd geraai Wouter. Sterkte aan die oorledene se familie.

Sportman ·

Ongelooflik dat mense so min weet hoeveel verskillende sportsoorte daar is! Het seker vasgehaak by rugby!

hennie van rooyen ·

Wakker word DV.. en gaan terug skool toe om te leer spel. Jy is n plopkop

Stormrider ·

Spear-fishing het baie duidelike reëls. Mens doen dit nooit alleen nie, want daar is altyd ‘n inherente gevaar van ‘shallow water blackout’ tussen ‘n diepte van 1 tot 10m onder die oppervlak, omrede die minimum benodigde parsiële druk van O2 te laag word na ‘n langdurige diep duik. Die een persoon bly op die oppervlak lê en monitor dat alles goed verloop.
Waar was hierdie persoon wat moes toesien?
Sterkte vir die naasbestaandes.

Andre ·

Jy is reg …omtrend al die visjagters ” hiperventileer’ voor n duik en dit is daar waar die probleem le . Jy kom nie agter dat daar n probleem is voordat dt jou tref en jy bewusteloos raak nie.. Ek skiet al 30 jaar vis en het al n paar vriende verloor as gevolg hiervan .Soos jy se … waar was sy buddy..?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.