Staatsrede ‘goeie nuus’ vir sakesektor

Argieffoto (Foto: Maroela Media)

Prof. Raymond Parsons, ekonoom by die Noordwes-Universiteit se Sakeskool, sê pres. Cyril Ramaphosa se staatsrede was ʼn realistiese beoordeling van die huidige sosio-ekonomiese uitdagings wat Suid-Afrika in die gesig staar. Hy is ook vol lof oor die praktiese stappe wat Ramaphosa uiteengesit het om hierdie uitdagings aan te pak ten einde ekonomiese groei te bewerkstellig.

Hy is veral positief oor die erkenning van die private sakesektor se rol in die ekonomie en hoe dit met ekonomiese herstel toevertrou moet word.

Die president het Donderdagaand gefokus op praktiese stappe om die ekonomie te versterk, het onderneem om van burokratiese rompslomp ontslae te raak en het gesê hy is van voorneme om die nasionale ramptoestand op te hef sodra ander maatreëls en wetgewing daaroor ingestel word.

Parsons loof Ramaphosa se erkenning dat sakeondernemings eerder as die regering werksgeleenthede moet skep.

“Die staatsrede bied ʼn platform vir die sakesektor om nou ten volle te reageer indien daar ʼn klimaat van beleidsekerheid en voorspelbaarheid is waarbinne dit kan funksioneer. Die reaksie van die sakesektor sal dus deurslaggewend moet wees om die ekonomiese voornemens van die staatsrede in werklike belegging en groei te omskep. Dit sluit in die aanmoediging van kleinsakeondernemings,” het Parsons gesê.

Parsons was ook ingenome met die aankondiging van verskeie ekonomiese hervormings, en veral die verbintenis tot tydlyne vir lewering en aanspreeklikheid vir ekonomiese uitkomste. Ramaphosa het gesê die regering gee homself 100 dae om ʼn omvattende maatskaplike verdrag saam te stel om die ekonomie te laat groei, werk te skep en hongersnood teen te staan.

“Hierdie tydlyne moet afgedwing word om geloofwaardigheid en vertroue te verseker. Dit word vereis om die beleggersvertroue te bou wat nodig is om Suid-Afrika se werklike ekonomiese potensiaal te ontsluit.

Ramaphosa het ook gesê dat die spesiale maatskaplike toelaag van R350 per maand wat as gevolg van die Covid-19-pandemie ingestel is, tot Maart volgende jaar verleng word.

“Terwyl dit nodig is om die spesiale maatskaplike toelae vir nog ʼn jaar te verleng, moet die langtermyndoelwit wees om mense vanuit armoede in die sakesektor in te beweeg.”

Parsons sê dit is van kardinale belang om te verseker dat die hervormings wat in die staatsrede aangekondig en die goeie bestuur wat nodig is, uitkomste sal lewer.

“Die aspirasies van die staatsrede is duidelik. As dit suksesvol gerealiseer word, kan die staatsrede ʼn stapsgewyse verandering in die ekonomiese heropbou en herstel van die land wees.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

casper ·

Dit is maar net weer ‘n klomp hol beloftes waarop geensins gereageer kan word nie !!
Net soos die afgelope 10 jaar se twak !!!

Danie ·

Kul jou hier en kul jou daar en siedaar…….die libtards is al weer gevang!

Dries ·

Nou wil Ramaphosa die eer vat van goeie besluite wat hy al lankal kon doen maar nou deur druk van die slimmes kamtig maak of hy die Hero is. Siek

SwartBees ·

Maak nie saak nie, hy is steeds beter as Zuma. Waar dink jy sou ons wees as hy nog moes regeer?

Dries ·

DIE TYD IS NOU Sê die man. Hoekom nou en nie 20 jaar gelede nie. Die man maak my hare taai

Anel ·

Nou wonder ek van wst se wetgewing praat hy wat in plek moet kom voor hy inperkings ophef?

domheks ·

Pasop vir te veel lof vir ramaparra – kan terugkom in bollie!!!!

annie ·

Wat mens net wonder is, as die ANC 27 jaar gelede al geweet/geglo het dat die groei van die private sektor noodsaaklik is, hoekom het hulle dit toe nie gedoen nie, eerder teëgewerk? Hoekom ondervind Cyril nou soveel teenstand uit eie geledere? Glo hy wat hy sê of hoop hy pledges realiseer wanneer hy dit aankondig?

Pieter ·

Ag asb skrik net wakker julle het hier te doen met die anc kommuniste en terroriste

Marius ·

Die man moet ‘n laphoed, lang wit baard, met ‘n
donkiekar en ‘n span donkies kry. Die regering is bankrot maar die R 350 covid toelaag word verleng met nog ‘n jaar. Biljoene wat verlore gaan…

domheks ·

Dit is nog nie verhoog nie! Dit kom seker nog. Dink julle vir een oomblik dit gaan stop?
Een keer gegee, dan is dit vir ALTYD!

Kokkie ·

Hoe sê die engelsman: ‘The proof of the pudding is in the eating.’ Vir 27 jare plus is ons bakke en bakke vol ‘pudding’ belowe, maar helaas, nog nie ‘n proeseltjie gekry nie. Moet dus nie bly en opgewonde raak nie. Talk is cheap.

CA ·

Hierdie lofprysing van die privaatsektor het ons al baie gehoor… Ek dink nie mens moet al jou eiers in een mandjie sit nie. Die privaatsektor skep dikwels so min moontlik werk, so laag besoldig as waarmee hulle kan wegkom; werknemers is maar ‘n uitgawe. Dr Mulder het nog laasweek gekla dat Kuba net 3.5% werkloses het – ‘n tiende van SA. Dis sekerlik ‘n stelsel om van kennis te neem, en nie die kind met die badwater uit te gooi nie…

PieterJ ·

raymond, jy glo tog sekerlik nie dat enigiets werklik gaan gebeur na al die mooi woordjies van cyril nie!

Aanhouer ·

Die man is is idealistiese orator. Alles net spookasem en oëverblindery. Smooth talking…al die pad, nog altyd. Smoke and mirrors.
Hierdie land benodig ň pragmatiese leier wat sy woord gestand kan doen.

Carel ·

Flous my nie.
Sy ideologie is dat die Sake Sektor BEE kaders is met politieke konneksies om tenderpreneurs te word.
‘n Ware Vryemarkstelsel is ‘n Westerse Ding waarin sy maatjies NOOIT op ‘n gelyke speelveld sal kan meeding nie . . . & HY WEET DIT

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.