Standard Bank se ingenieurshoof bedank

Foto bloot ter illustrasie (Foto: Dimpho Maja/African News Agency(ANA)

Standard Bank het Vrydag aangekondig dat sy IT-hoof, Alpheus Mangale, met onmiddellike inwerkingtreding bedank het.

Mangale was verantwoordelik vir die stabiliteit van dié bankgroep se IT-stelsels.

Die Standard Bank-groep het in ’n verklaring gesê die bank ervaar die afgelope twee maande talle stelselonderbrekings wat ’n negatiewe uitwerking op die bank se kliënte en werknemers het.

Van hierdie onderbrekings is op betaaldae aangemeld, wat kliënte ontwrig het wat roetine-eindbetalings moes doen.

Op 21 Mei het die bank die grootste stelselonderbreking ooit ondervind, wat kliënte by restaurante, vulstasies en winkelsentrums gestrand gelaat het. Standard Bank se bank-app, aanlyn bankdienste en kitsbanke het ook nie gewerk nie.

Die bankgroep sê dat hy sedert dié onderbreking overpoos gewerk het om stelsels te stabiliseer en te verseker dat kliëntediens weer ten volle gelewer word. Nóg ’n prioriteit was om die oorsake van die onderbrekings te ondersoek en uit die weg te ruim om aan kliënte te wys dat die bank vinnig en beslissend optree om vertroue in sy stelsels te herwin.

Die ingenieurspan wat onder Mangale geval het, sal nou aan Margaret Nienaber, die groep se uitvoerende hoof vir kliënteoplossings, rapporteer.

“Margaret Nienaber het breedvoerige ervaring in alle aspekte van finansiële dienste,” het die bank gesê.

Maroela Media het op 26 Maart berig dat duisende salaristrekkers wie se werkgewers kliënte van Standard Bank is, rasend was nadat ’n skynbare fout daartoe gelei het dat hul salarisse nie op die 25ste van daardie maand in hul rekeninge inbetaal is nie.

Moedelose werknemers het hulle tot Facebook gewend om stoom af te blaas nadat hulle nie hul salarisse betyds ontvang het nie en talle debietorders gevolglik daardeur geraak is.

Sommige werkers se salarisse was wel teen die volgende oggend inbetaal, hoewel ander langer moes wag vir die geld om in hul rekeninge te wys.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Waarnemer ·

Ondersoek maar gerus hierdie ou se geldsake….Hy is grootgemaak onder die nuwe bedeling…..

domheks ·

Ek neem nie die kliente kwalik as hulle warm onder die kraag was nie! ‘n Bank moet te alle tye beskikbaar wees.

Faraway ·

Maak nie sin waarom iemand haar of homself n “domheks” sou noem nie. . . Daars krag in woorde en moenie wonder as dinge in jou lewe onderstebo draai nie

Wat op dees Aarde ·

Ek was een van daardie ongelukkige kliënte toe ek by die supermark wil betaal vir R2400 se kruideniersware. Haal my kaart uit, “declined”. Hardloop ATM toe, “transaction unsuccessful.” Gaan na ‘n ander bank se ATM, dieselfde storie. Probeer geld oorplaas na ‘n ander rekening by ‘n ander bank, geen sukses. Ons het op die betrokke dag nog vriende gehad wat oorgekom het vir ‘n braai… Ek kon nie eers enige iets vir hulle bedien nie want ek kon niks koop nie!

Alfred E Neuman ·

Dit is die gevolg van geforseerde BEE aanstellings.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.