Steve: ‘Ek het gereageer soos ʼn burger moet’

Steve Hofmeyr

Steve Hofmeyr sê sy twiet wat daartoe gelei het dat die ANC klagte teen hom aanhangig gaan maak, was ʼn aanspraak op selfverdediging.

“Ná afloop van die staatsamptenaar Phumzile van Damme se fisieke aanval op ʼn Suid-Afrikaanse burger en ná ʼn ander staatsamptenaar, ambassadeur Zindzi Mandela, gesê het sy spring nie vir die wit landdiewe in Suid-Afrika nie – het ek gereageer soos ʼn burger moet,” het Hofmeyr aan Maroela Media gesê.

Hofmeyr se twiets wat die ANC so warm onder die kraag het, was in reaksie op ʼn reeks twiets van Mandela-Hlongwane wat die afgelope naweek ʼn storm op sosiale media ontketen het. Van Damme het op haar beurt beweer sy was die slagoffer van ʼn rassevoorval by die V&A Waterfront in Kaapstad.

Hofmeyr het ná afloop hiervan aan Mandela en Van Damme getwiet dat hy ʼn Suid-Afrikaanse belastingbetaler is en dus in werklikheid hulle “baas is”.

“Julle SAL spring wanneer ek so sê en julle SAL vra hoe hoog. En wanneer julle kom om ons lewe en grond te vat, SAL julle doodgaan. Ons kontrak is so eenvoudig soos dit. En moet dit nie vergeet nie,” het hy getwiet.

Die ANC was van plan om vandag strafregtelike aanklagte teen Hofmeyr aanhangig te maak aangesien hy volgens hulle vir Mandela en Van Damme met die dood gedreig het. Pula Mabe, nasionale woordvoerder van die ANC, het egter later gesê die klagte sal eers Maandag aanhangig gemaak word.

Zindzi Mandela (Foto: Twitter)

“Ons gemeenskappe moet sulke individue ontmasker vir wie hulle is en waarvoor hulle staan. Die ANC doen ʼn beroep op Suid-Afrikaners om mense wat voortgaan om rassisme in ons land aan te blaas, te isoleer,” het Mabe gesê.

Hofmeyr het in reaksie op die kritiek op sy twiet gesê die politieke leierskap se houding teenoor wit belastingbetalende burgers “is presies die paspoort wat misdadigers nodig het om te breek, te betree en dood te maak en te vat soos hulle wil en waarom ons die mees ongelukkige en verdeelde land in die wêreld is”.

Volgens Hofmeyr wil staatsamptenare nie dien nie, maar gedien word. “Hulle maak ʼn groot fout as hulle dink dit is waarvoor ons belasting betaal. Die res van my twiet is maar ʼn aanspraak op selfverdediging en my belofte om my gesin tot die dood te verdedig teen enige moordenaar of gronddief wat oor my heining klim.”

Phumzile van Damme. Foto: Facebook

Mandela het Vrydag verskeie verdelende, rassistiese twiets op die sosialemediaplatform Twitter met die hutsmerk #OurLand geplaas. Sy het onder meer na wit mense verwys as lafaards en stelende verkragter-afstammelinge van Jan van Riebeeck. “Miss all these trembling white cowards, shem. Botha, Potgieter, Thieving Rapist descendants of Van Riebeck (sic),” lui die twiet.

Die DA, VF Plus en AfriForum het geëis dat daar daadwerklik teenoor Mandela opgetree word en dat sy teruggeroep word na Suid-Afrika. Die EFF en BLF het op hul beurt haar twiets beaam en gesê hulle ondersteun haar uitlatings.

Van Damme het, nadat sy die Waterfront besoek het, op Twitter geskryf sy het rassisme beleef en een van die vermeende oortreders in die gesig geklap uit selfverdediging.

“Die gesin. Die vrou het my deurgaans verfilm en ek wou foto’s neem, maar toe het die klein k** in die swart T-hemp na my toe gekom en in my gesig gesê ‘voetsek, jou swarte’ en my foon op die grond gegooi,” het sy geskryf. “Hy het my met geweld gedreig en ek het hom uit selfverdediging teen die kop geklap.”

Donald Kau, woordvoerder van die V&A Waterfront, het gesê hulle het met Van Damme in verbinding getree ná hulle van die voorval bewus gemaak is. Hulle het ʼn ondersoek van stapel gestuur oor die geldigheid van haar klag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

155 Kommentare

BMW ·

Waar was al die selfone en veiligheids kameras, kan seker beeld materiaal wees????

@anoniem ...Ai ·

Die Christen sit op die dak van sy huis met vloede, die boot kom verby en die kaptein skree kom spring in die water kruip op na jou voete! Die Christen se nee die Here gaan my red!
Daar kom n waterponie verby en hul skree vir die Christen kom spring agter op want die watervlak is nou by jou voete. Die Christen se nee moet nie bekommerd wees nie die Here sal my red!
Daar kom n helikopter verby en hul kondig af oor die luidspreker hul gaan n tou afgooi na die Christen aangesien die water nou amper tot onder sy oogballe is waar hy staan op die dak se huis onder water maar tog skree die Christen nee die Here sal my red moet nie bekommerd wees nie!
Die Christen verdrink……..
In die hemel vra die Christen die Here hoekom hy hom nie gered het toe hy die Here geroep het nie??? Die Here antwoord…..maar EK het probeer..EK het al daai mense gestuur om jou te red maar jy het nee gese elke keer….
Nou wat wonder ek is te leer uit die storie? Bid en kry leiding maar tree op! Moet nie dink om te sit met gevoude handtjies dinge gaan net verander nie…

Arno Scheepers ·

Steve, welgedaan.
Ander mag sê en doen net wat hulle wil.
Stilbly? NIE LANGER NIE

Staan ·

Die ANC moet werklik nie dink ons gaan net stilstaan as ons lewens weggevat gaan word nie.

Pieter ·

Wat die ou klompie in hul verstandjies moet kry is dat jy die God gegewe reg het om jou God gegewe lewe te verdedig.

Schalk ·

Kla hom aan….. Ons kom haal hom uit! Julle speel met VUUR!

Kobus ·

Nou wie gaan jy skiet? Werkers op ‘n trein of in ‘n bus op pad na die werk? Jy gaan jou vasloop in weermag. Die weermag is dalk nie wat hy was nie, maar hulle het steeds groot speelgoed, insluitend Grippens en Rooivalke wat die weerstand sal uitknikker met een druk van ‘n knoppie. Gaan maar met jou jaggeweer na ‘n plakkerkamp, jy sal nie lewend daar uitkom nie.

Phillie ·

Steve is wel 100%korrek maar kyk mooi hoe skeefgetrek ons land is As hy tronkstraf gaan kry oor haatspraak en swartes dreig met die dood
Terwyl Malenema en Blf taxi sê net wat hulle wil
En niemand NIEMAND doen iets daaraan nie eers afriforum

Schalk ·

Anoniem. Jys 100% reg. Al die helde in die Bybel, was ware vegters! Dawid, Simson….. Die Here gee krag en lyding. Ons moet nou opstaan en veg vir God!

Yvonne ·

Steve voel soos ons almal tyd vir stilsit en niks doen is verby. Hulle kan nie net sê en doen soos hulle wil en ons moet net stilbly en voetsek. Neee!!!!

Gert ·

Myne ook. Die enigste prominente persoon in Suid-Afrika wat nie toelaat dat die polities korrektes hom tot stilswye dwing oor die groot onreg wat besig is om hier te gebeur nie.
Dankie Steve!

hannelie ·

Dankie Steve!!! Jy sê eintlik net wat baie voel maar te bang is om te uiter. Ek verstaan nie hoekom die ANC en EFF rassistiese aanmerkings kan en mag maak, maar as iets na hulle kant toe kom gooi hul hul toys uit die kot!

Bietjie baie ·

Ek verskil met julle. Steve Hofmeyer wil publisiteit hê. Nee rerig, nou val hy in die kategorie van Malema en BLF. Dis een ding om te praat en te dreig en n ander om te DOEN.
Praatjies en dreigimente maak baie gaatjies. Steve se kommentaar is nie konstruktief vir die hele Suid Afrika nie. Hy is soos n klein hondjie wat almal wat verby stap deur n draad aan die anderkant wil byt. Staan op en maak n verskil, vergeet n oomblik van jouself en jou beeld wat so bietjie geskend is.

My twee sent ·

Ek hou van Steve. Maar ek dink hy vat dit te ver. Hy moet onthou hy het n vrou en kinders.Stop nou Steve. Jy stel jou familie se lewens in gevaar . Net my 2c

Johann ·

Ek dink Steve gee juis om vir sy vrou en kinders se toekoms,dit gaan nie help om n volstruis te wees,of maar die wang te draai nie,dai tyd is verby

Jaco ·

Steve se en doen wat ons ander te bang is om te doen elk vir sy eie rede maar graag sou wou, dit sluit my in. Ek het net respek vir hom.

Schalk ·

En toe julle 2 wat hier vir Steve kritiseer, wakker word toe is julle koffie koud.

Jimmy ·

Hofmeyer is ‘n ryk man wat goed bewaak word. Die res van ons moet onsself oppas, asook die boere.

Ai. ·

Verdeelde land en rassistiese land aangevoer deur die nie blankes hoofsaaklik! Wat verwag hulle ?Dit kom nou op n punt waar die sweer gaan bars… Die blankes is moeg vir vermoor word,gemartel word,beroof te word en ontneem te word…

Boerboel ·

As die BLF dryg land or death is dit nou aanvaarbaar? Daar word dan direk gedryg. Sterkte Steve en dankie dat jy opstaan. Jy het baie guts!

JohanL ·

Anders as die Mandela vrou het Steve nie een enkele keer na ras of kleur verwys nie. As ek reg onthou het die Mandela vrou na “white cowards” verwys. So ek sien nie enige iets rassisties in Steve se twiet nie. Natuurlik sal die ANC dit as rassisties ervaar en uitvaar daaroor. Wonder net hoekom is die ANC so doodstil oor die Mandela twiets? Maar dan weet ons mos die ANC het dubbele standaarde.

Jakes Jacobs ·

Maak nie saak wat Steve sê nie, alles is negatief in ander se oë, maar die ander sien alles wat hulle sê , positief.

Susan ·

Nee Mandela se tweets moet eers ondersoek word sien………. Haar dierbare pa draai in sy graf om. Ek kan net nie verstaan waarom die rassehaat die laaste paar jaar so toegeneem het nie ? Waarom het dit skielik omtrent ontplof? ‘n Paar jaar gelede was dit nié so nie. ! Meeste van land se mense wil in harmonie saam lewe,

My mening ·

Hoekom wil hulle Steve aankla, maar die ander kan sê wat hulle wil? Dis blatante rassisme dat swart mense kan sê wat hulle wil en wittes dreig en slegsê, maar wittes word links en regs aangekla wanneer hulle iets sê. Niemand is meer rassisties as ons kastige demokratiese regering nie.

Gatvol ·

Dis nou mooi, die ANC en EFF mag se net wat hulle wil en moord op blankes aanblaas en daar word geen klagtes teen hulle gele nie.

tw ·

Moet erken “trembling white cowards” is nogal n waar stelling as ek na n klomp witmense kyk, lees en luister. You Go Steve.

Charmain ·

tw – ons is bang, ja, maar nie in die sin wat jy en Zindzi se nie. Ek vrees vir my Ma, vir my kinders, vir my kosbares wat weerloos is teen die gewelddadige en sielkundige aanslag. Ek vrees vir my diere, wat alleen tuis is wanneer ek nie daar is nie, en einde ten laaste vrees ek ook vir my eiendom, my klein stukkie waarvoor ek so hard gewerk het en steeds werk en wat my kinders se toekoms moet wees. Bang vir ‘n bedreiging van my eie lewe? Geensins. In staat om wapen op te neem? Verseker.

Werner ·

Wel as ons so kyk na hoe ons vermoor word of jy nou iets se of nie sal ek eerder se kry ruggraat en se iets jou ma en kinders se sonde is hul is wit

samuel jansen van vuuren ·

Iam not a Steve Hofmeyer lover but I do agree with him you take our land you wil be killed i do pay tax you work for me and every taxpayer if you sue Steve Hofmeyer you should take Mandela and especially EFF to court for even worse.

Nadine Knoetze ·

Ek staan agter Steve, ons moet vir alles stilbly, as ons iets doen is dit rassisties, maar ons moet alles net aanvaar, diefstal, verkragting, noem maar op.

Sos ·

ANC het nie mwer die aansien in die buiteland wat hulle jare gelede gehad het nie. Tegnologie het die wêreld se oë begin oop maak vir wie en wat die ANC regtig is met dubbel standaarde soos en wanneer dit hulle pas. Dis tyd vir internasionale sanksies teen hulle top strukture.

marous ·

Benjamin Nethanyhau het gese dat Israel deeglik kennis neem van Palistina se erns om al die Israelite uit te moor en die land plat te vee. Hy het hul egter gemaan dat Israel alles in sy vermoee sal doen om dit vir die Palistyne so bitter moeilik as moontlik te maak .
Die deursnee Afrikaner is ook nou by ‘n keerpunt .

Cherokee ·

Goed so Leon Gansbaai. So bek kort jam! Bly jy ondersteun hom. Stuur vir hom intussen R5000 vir hofkostes.

ne ·

STEVE HOFMEYER!!!!!! Jy is ons HELD. Staan op vir die blankes. Maak nie saak wat gebeur nie, ons staan by jou. Maar nou sal ons sien hoe ANC se dubbele standaarde gaan geld.

Piet ·

As jy swart is dan mag jy enige iets se maar as jy wit is dan bly jy stil. Dis wat die ANC hier bewys. ???? lagwekkend

willem Botha ·

Ek steun jou Steve flip die regering ,da en eff alliansie.

George in Bloem ·

Pula Mabe moes of beter opgelet het in die Afrikaanse klas of iemand gekry het wat Afrikaans kan lees en verstaan voor hy sy groot bek gerek het oor Steve se twiet. Daar is niks rassisties in die twiet nie en alles wat hy se is 100% waar. Die ANC het nie ‘n voet om op te staan in hierdie geval nie en het ook nie ‘n enkele greintjie geloofwaardigheid sover dit rassisme per se aangaan nie aangesien die organisasie net so rassisties is en optree soos die EFF en die BLF en boonop gruwelik faal in hulle verantwoordelikheid om AL die burgers van ons land,ongeag ras,beroep of geloof te beskerm en gelyk te behandel. Hulle skokkende dubbele standaarde die afgelope tyd maak enige iets wat hulle se lagwekkend en amusant om die minste te se.

Adam ·

Daar is hoegenaamd geen sin in om te daal tot op die vlak van die wat jy wil aanvat nie.

Jojo ·

Wel ons gaan nie net stilbly en die regering toelaat om ons as hulle besittings te hanteer nie want hulle besit ons beslis nie.

Bianca ·

Stem saam,jou Adam!
NÍKS VREDEskeppende of LEWEgewende WOORDE,van beide partye nie en dit maak beide SKULDIG en n verleentheid v Sa

Deon ·

Adam, ek is nie seker hoe ernstig hierdie opswepery is nie, maar die Afrikaner leiers moet dit in die kiem smoor voordat dit te laat is.

Johan Bester ·

ANC, dagvaar vir Steve – ek wil graag sien hoe doen julle dit.
Daar is niks rassisties in Steve se twiet nie. Hy sit wel staatsamptenare op hulle plek, deur hulle daaraan te herinner dat hulle die burgery bedien, en nie andersom nie. Maar dit is presies wat die arrogante ANC nie wil aanvaar nie. En nou probeer hulle, soos altyd, dit te verdoop na rassisme, want dan het hulle outomaties gewen, dink hulle. ANC, dit is nie meer ‘n troefkaart nie – julle het daardie beskuldiging te algemeen en te goedkoop gemaak.
So gaan gerus hof toe, ek hoop net julle gebruik nie ‘n gekaapte regter nie.

Ella ·

Hulle mag maak en se net wat hulle wil en ons wittes moet maar net stil bly en die ander wang hou. Dis nonsens man. As ons iets se word alles uit verband geruk en dan eindig dit op in hofsake of jou gesin word dood gemaak. Hulle is by verre baie meer rasisties as wat wit mense is.

Wie weet ·

Dis tyd dat Steve dit verder vat wie anders as Steve staan vir ons Afrikaner blanke mense op Dis nou ons beurt om agter hom te staan Die saak hof toe gaan kan ons afrikaners gerus vir hom geld insamel vir sy reg kostes

ChrisE ·

Marous, as daar nou een nasie op ons planeet met wie jy nie moet moeilikheid soek nie, is dit die Israelies, lw Israelies. Die geskiedenis het dit al bewys. Ek probeer nie ‘n parallel tussen die Afrikaners (Boere) en die Israelies trek nie, maar een ding is ‘n gemene deler. Ons het nêrens om na heen te gaan nie. Altans ek het nie. Ek het ‘n geskiedenis hier. My voorsate kan ek sê van waar en wanneer hulle gekom het. Ek is nie ‘n siener of waarsêer nie. Ons wittes is nog nie in ‘n hoek nie. Ons tjank nog oor eenvoudige goed soos taal en regte ens. Die dag kom nader wanneer ons voortbestaan en oorlewing gaan bedreig word. Die ou storie. Moenie ‘n bang hond in ‘n hoek dryf nie. Hy byt vir jou dood. Ons moet kalm en rustig wees. Dit laat die mense ongerus voel. Ons sal die regte tyd die leiding ontvang wat en wanneer ons moet optree.

Vlugt de niet ·

Mooi gesê. Ek het ook nerens om heen te vlug nie, so as ons nie kan vlug nie dan is dit vanselfsprekend wat sal gebeur.

Annie ·

Dit is vir my totaal verkeerd dat daar ‘n saak van rassissme teen Steve gemaak word maar as mense soos Mandela, van Damme of selfs BLF se Andile rassistiese opmerkings maak dan word daar niks omtrent hul gedoen nie…? En wat van al hierdie boere wat so vermoor en aangeval en geteister word en dit oor gornd waarvoor hulle al hoe lank werk???? As ek Mandela of Van Damme was sou ek myself doodgeskaam het

wraggies ·

Steve is ‘n woordsmit en ‘n kenner van die politiek en geskiedenis, hy kon sekerlik sy mening baie beter gestel het.

Lana ·

Mense, tyd vir stilbly en stilsit is lankal verby. Dis nou tyd om te REAGEER. Jou woorde kan jy kies, maar reageer sal jy moet. Dit gaan oor lewe en dood.
Zindzi het uitgedeel. Dan moet sy maar ontvang ook.
Solank as wat mense in top politieke poste nie gaan stop met rassisme nie, sal die publiek beslis nie stop nie. Ons REAGEER.

Siener ·

Ek kry so lekker —ek koop sommer nog ‘n Ford Ranger en stop my buurman se DSTV

jc ·

Ek stem, as hulle Steve hof toe vat, dan stig ons ‘n fonds vir al sy regskoste. Ek sal ook betaal en 99% van ons ander “Suid Afrikaners” ook.

Ida ·

Jc ek sal verseker geld gee vir sy regskostes. Steve sê wat ek sou sê en dis die waarheid. Ek is regtig keelvol dat ons blankes soos vloerlappe behandel word.

Andre ·

JC, jy is reg. Daar is baie van ons wat aan Steve se reggskoste sal help betaal. As daar vir n voorbaan-assistent R500 000 ingesamel kan word, soveel te meer vir iemand wat ruggraat het.

Tanya ·

Almal mag rasisties wees en se wat hul wil maar o vet laat n wit person tog net iets se. Plaas Moore word nie op TV gewys nie want dis seker ook te wit en te erg om oorsee te wys want ons Mos vredeliewende land met geen plaasmoorde nie………..

Koos ·

Jyis reg Steve, as die ander partye goed kan kwyt raak en dan word dit skamtig deur die hof gese dit is nie haat spraak nie kan ons Suid Afrikaners ok mos se wat ons wil dit is mos n demokratiese land dan nie . Dankie Steve dat jy daarem opstaan en praat

Annamarie Olivier ·

Dankie Steve ons waardeer dit as jy jou mening lug want ons is almal moeg vir afgekraak word.

Linda ·

Ek stel voor dat die Regering, Polisie, ens, moet NOU liewers aandag begin gee aan Staatskaping, en die Zondo Kommissie moet nou wakker skrik, en dinge begin doen in plaas van praat en praat, en mense soos Steve en Kassie Nair hof toe wil sleep vir die waarheid !!! Ons land se ekonomie is in n patetiese toestand, daaraan moet nou dringend aandag gegee word !!! Wat het van ‘freedom of speech’ geword ? is dit nou geskraap ? Mens is te bang om nou iets te se !

Linda ·

Net een vraag, Steve is ons ooit nog burgers van hierdie land ??

Bridget ·

Madam kan se wat sy wil maar Steve mag nie sy mening uit spreek nie well done Steve staan bank vas agter jou

Lize ·

Die feit van die saak is dat Steve nie in híérdie land ‘n regverdige verhoor sal kry nie. Ek wonder of daar ‘n internasionale hof is waartoe hy hom kan wend? Is daar enige regsgeleerdes op hierdie platform wat sal weet? Indien wel, sal ek met liefde finansieël bydra!!!

Maro ·

Dankie Jerry…vir eens stem ek saam. Almal is desperaat vir ñ leier, maar dink nie Steve gaan die lys maak nie. Hy raak heeltemal te gou kwaad.

Stormjaars ·

Ek voel die selfde as Steve. Ek sal myself vededig teen enige een wat my wil dood maak. Onthou net malema het mos gese dat hy die witmense sal doodmaak. As hy en sy mense vir my gaan kom moet hulle maat regmaak. Ek speel nie.

Ekke ·

Dis reg Steve. Maar jy stook hulle nou op en maak dit vir ons wittes baie moeilik en gevaarlik soveel so dat ons vir ons lewe gaan vrees. Jy gooi nou vet op die vuur wat onnodig is. Dis net asof jy hulle uitlok. Dink aan jou vrou en jou kinders en die res se veiligheid en nie net aan jouself nie.

Asjas ·

Dis inelkgeval vir ons onveilig en gevaarlik met al die dreigemente en moorde. Ons het nie n keuse as om onsself te verdedig nie.

Vissie ·

Nee wat Ekke, dis moeilik vir ons wittes alreeds en dit gaan net al hoe slegter word hoe meer ons hulle misdrywe laat oorsien. Hulle is lafaards soos enige ou wat hulle geveg het in Angola jou sal vertel. Hoe gouer ons begin ordentlik weerstand bied, hoe beter is dit vir ons wittes, moes al in 1994 begin het…..

T ·

Onthou altyd die sterke regeer in Afrika. Moenie dink mooi praatjie dwing respek en agting af in Afrika nie.

Martin ·

Dis baie arrogant van die ANC. Waar’s die kriminele sake teen Blf, eff & teen mandela?

Gemaskerde Sopbeen ·

Mense word wakker. Ons volk word daagliks vermoor. Dankie Steve jy het darem die moed om op te staan teen die oormag onderdrukkers in ONS LAND! Ek sal ook sterf om te beskerm wat myne is. Dis ons reg en niks met rassisme uit te waai nie.

Kallie ·

Steve jy het gereageer soos elke witte in hierdie land moet optree.

se net ·

Ek is moeg vir alle rasitiese opmerkings. Ek is moeg om dit van Swart en Wit Suid Afrikansers te hoor. Ek is moeg vir Steve Hofmeyer en sy nonsense. Hy gaan nie Suid Afrika red nie . Hy is nie n ridder op n wit perd nie al dink hy self so. Wat heirdie land gaan help is almal ophou haat en mekaar begin bystaan. Nie almal is soos Steve or Malema nie. Daar is mense in hierdie land wat hulle naaste liefhet en dink niks met die kleur van die persoon se vel te doen nie, So hou nou op! Genoeg is genoeg!

Heidi ·

Glo nie Steve se bedoeling is om te red nie. Hy se net hardop wat baie wit Afrikaners dink. Hy het die moed wat baie min egter het; se dit hardop vir ALMAL om te hoor. Steve jy is n Rock Star – ons support jou 1000%

Presies! Ai. ·

So wat is jou alternatief? Hou bek en word vermoor ,verkrag, gemartel,ontneem en ontreg? Jy sit nog so in jou stilswye tot jou kop afrol….Steve het nie gese hy is hier om iemand te red nie maar net soos ons is hy gatvol vir swart teen wit rassisme wat ongestraf bly…Niks wat hy gese net was rassisties nie wel feite..Hy toets ok die MRK om hulle vir hul dubbelstandaarde uit te wys! Waar in enige landswet is wat by gese het rassime? Geen kleur is na verwys geen direkte persoon,geen rassistiese woorde so waar se vir my? Hul kan maar op en af spring bulle het boggerol maar is wel boos oor hy Steve hulle op hulle neuse laat kyk! Blankes sal moet begin ophou lafhartig wees in Suid Afrika en begin opstaan saam met hul eie nasie soos een of n gewisse stille uitwising ervaar in donker Suid Afrika..

Kobus ·

Leierfigure in Afrikaner geledere kan nie eers saamwerk nie. Gaan elke Afrikaner in sy bakkie klim en begin skiet? Afrikaners sal dan blitsig uitgewis word. Trump sal ons nie kom red nie.

Petrus ·

Oom Steve is eintlik ‘n ou sieklike man wat rustig moet lewe. Al hierdie tweets is nie goed vir sy gesondheid nie.

corne ·

Nou wonder ek gaam hier ook niks van kom soos al die haatspraak sake teen ANC EFF BLF esv nee hier kom n ding want steve is mos wit sterkte steve staan bankvas agter jou

Hendrik ·

Steve behoort van beter te weet as om sulke woorde te gebruik wat hy gebruik het. Hy behoort te weet dat dit totdie uiterste toe vertolk sal word om swartmense se siening dat hy ‘n rassis is, te versterk. Hy kon presies dieselfde boodskap oorgera het sonder om te praal van “SAL na my luister” en “doodmaak” en baie meer treffend gewees het. Ek kan sy vrystrasie verstaan, maar hy het niemand, insluitend homself, ‘n guns gedoen deur sy woordkeuse nie. Dit help nie om jou tot op diue ANC en EFF en BLF se vlak te laat daal nie.

Jimmy ·

Hoor hoor!!!!! Ondersteuners raak maklik opgesweep en tree dan onverantwoordelik op. Trane is dan te laat.

Jan ·

Ja ons nou gxt vol vir wat hulle se en doen aan ons mense. Mooi so Steve .

Koos ·

Ek stem Christa Hannelie wag jy maar vir beter dae wat nie gaan kom nie

Petrus ·

Ek stem saam Hannelie. Dit is nou tyd vir kophou. Baie swartmense is ook keelvol vir die politiek. Hulle wil nie by geweld betrek word nie, en net hul kinders groot maak.

Ekke ook ·

Nee dankie. Hy’s baie arrogant om te dink hy kan namens almal praat. Ek’s ook nou al verby gatvol vir almal se rassisme praatjies. Die land kort minder van sy soort net soos ons minder van die EFF en ANC soort benodig. Almal teen die kop geklap met dieselfde nonsens. Oorlog, mense met die dood dreig, anargie ens ens ens help niemand. Hierdie goed wat hierdie laventelhaan doen maak rêrig moeilikheid vir almal wat nie sy geld het om hulle te beveilig nie. Ek is ‘n vrou wat alleen woon. Jy tart ander wat nes jy dink uit. Dan kom haal dit op ons uit. Jy skuld ons wat jy so in gedrang bring ‘n verskoning.

Jimmy ·

Ekke ook, Hofmeyer is ‘n ryk man wat goed bewaak word. Die res van ons moet onsself oppas.

Ronél ·

Steve vir president!!!! Hulle kan enige uitlatings maak en daar word nie ‘n woord daaroor gerep nie, maar sodra ons daarop reageer wil hulle ons dreig met hofsake. Hou by jou standpunt Steve, haal my hoed af vir jou!

Ekke ook ·

Presies Jimmy. Laat hy kom bewys wat spandeer hy per maand aan sy eie en sy gesin se veiligheid. Laat hy vir ons wys hoe goed bewaak sy woning is. Maklik om op die internet en by konserte almal op te sweep. Waar gaan hy wees as sy uitspraak nog geweld en moorde aanhits. Hy dink nie aan gevolge van sy dade nie. Bietjie swak vir ‘n ouman.

Pierre ·

Ek dink ons moet weer n verkiessing gaan hou en dan vir Steve stem as President.. !!!! Ons nodig iemand soos hy om die leiding te neem.. Go Steve!!

Hannelie ·

N Steers of spur burger? Ugh, gee my n burger van King burger, dankie.

Israel ·

Steve is reg ,If i pay i say, Maar die anc wil hê die stert moet die hond swaai

Nelia van Zyl ·

GENOEG – Dit is beslis so dat duisende van ons in hierdie land met sy diverse nasie meer as genoeg gehad het van rassisme en diskriminasie, beledigings en vernederings, moorde en wreedheid, kaping, korrupsie ens. Maar die pad wat mnr. Hofmeyr in slaan is sy pad. En hy moet vir die keuses wat hy maak, verantwoordelikheid aanvaar. Vir ‘n groot gros Suid-Afrikaners is hy baie beslis nie óns spreekbuis nie. En ons distansieer ons van hierdie optredes en uitlatings.

Petrus ·

Afrikaner leierfigure moet ook versigtig wees wanneer emisionele oop briewe aan swart leiers gerig word. Dit stook onnodige onrus, met geen resultate. Êrens gaan mense knak. Wie gaan dan geblameer word? Die laaste ding wat ons nou nodig het is meer Afrikaner mans wat bebloed langs ‘n blou Mercedes lê.

Valerie ·

Beslis, Nelia. Wil niks met hom te doen hê of geassisieer word nie. Nie my klas nie; thanks. Soos jy, het ek my eie mense; het nie ‘n aanhitser nodig nie.

PJC ·

Ten minste het hulle nou gehoor dat ons nie bang is vir wat hulle ookal beplan nie.

Christa ·

Mooi Steve, jy staan vir reg. Almal Kan sê net wat jul Wil, maar as jou vel wit is word jy vervolg. Daar Sal Niks aan Mandela se kind gedoen word nie, maar jy Sal vervolg word wat feite noem

At ·

Steve, jy’s slim, jy’t vir die anc ‘n tammeletjie gegee. As hulle ‘n klag teen jou lê, moet hulle ook so teen Mandela, en as hulle nie teen haar optree nie kan die wêreld dit sien, en jy’t nie eers rassistiese aanmerkings gemaak nie. Geen wonder hulle wil eers ‘n klag Maandag lê nie.
Dis tyd!!!!

Fanie ·

Steve, jy’s verkeerd. Afrikaners het met Lesufi en Mandela-twiets die morele hoëgrond gehad, toe gee jy dit weer terug met rente. Jy maak dit vir ons almal moeilik en selfs gevaarlik omdat jy skietgoed vir ons vyande gee. Jy weet mos die speelveld is ongelyk. Tree op volgens ons waardes- nie vgl Lesufi en kie se gebrek daaraan. Jy laat ons in die steek.

Anon ·

Nee, jý is verkeerd. Afrikaners het nog altyd die hoër grond aangesien die regering skynbaar nie tussen Afrikaners en Kolonialiste kan onderskei nie. Malema met sy “Kill a boer, kill a farmer” maak dit vir ons moeilik en gevaarlik en jy vaar teen Steve Hofmeyr uit? My waardes strook ooreen daarmee dat ek NIE die leuens aanvaar nie, nog minder ons regering se blatante opsweping teenoor ons en ons kinders aanvaar. As jy dink Steve Hofmeyr maak dit moeilik en onveilig, dink weer want ANC beplan al sedert die 80s om te doen presies wat hulle nou doen. Wie het jy toe die skuld gegee?

Anne ·

Dankie Fanie. Beter kon ek dit nie self sê nie. Hy operate baie verkeerd. As hy rêrig so dapper is sal hy vir ALMAL sê waar hy woon. Pasop as julle hom so bewonder. Dink julle hy gaan vir julle kom verdedig as julle nou aangeval word? Of gaan hy net sê ja kyk, nog ‘n witte is vermoor? Dan kry hy publisiteit. Dink bietjie verder. Sy sêgoed klink op die oog af goed, maar op die lange duur maak hy dit moeilik vir ALMAL. Ai tog.

SJ ·

DA ANC VF+…eff….Die hele spul – Die LP’s sit in die parlement….wat deur die staat betaal word…..wat deur die ANC beheer word….. He who pays the piper, calls the tune..

BESEF julle dit?

Ons land se oplossing sit nie by die spul in die parlement nie – want hulle word almal deur die staat belaglike salarisse betaal.

Die oplossing vir ons land le in gewone burgers wat oopkop en kalm moet wees – los die LP’s om in hulle eie sous te kook.

Al skietgoed wat hulle het is om rasisme te skree en mense aan te hits – dit gee hulle bestaansreg, en dan kan hulle tog so lekker kommitee’s saamstel om te ondersoek waarom dinge skeef loop.

Gewone burgers deur die kleur, gelooofs, ekonomiese, en kultuur spektrum is keelvol vir die situasie. Die probleem is dat as ‘n burger soos Steve sy stem dikmaak, hy uit geskel word as ‘n rasis deur die politici. Die res van die bevolking stem of saam of nie, maar as ‘n reel het hulle nie ‘n saak met wat wie se nie – solank jy net jou medemens respekteer.

En politici respekteer niks behalwe hulle salaris nie.

Antie Kader ·

Nou toe nou. Ek vermoed die ANC gaan tot Maandag wag want die klag hou nie water nie en die regte vervolger moet gevind word om klagtes te fabriseer. Hulle soek nog ‘n bietjie rond. Sterkte my Kaders.

Antie Kader ·

Ek sal baie graag my familie hier wil uitvat. Genoeg onskuldiges het klaar gesterf. Die ANC is ‘n mafia bende, die EFF en DA snag daarna. Waar is die uitkoms.

Muffin ·

Ek wonder wat gaan met ons land gebeur as alle blanke belastingbetalers wat hulle eie besighede bedryf vandag moet saam staan om elke maand belasting belasting oor te betaal. Dieselfde met plaaslike Munisipaliteite om erfbelasting en basiese fooie oor te betaal.

Jan Botha ·

Volksmoorde ontstaan uit rassistiese haatspraak. Dink aan Nazi Duitsland, Ruanda Volksmoorde. Die Turke wat die Romene uitgemoor het.

n Persoon ongeag van ras wat rassehaat aanhits bensdeel sy/haar mede landsburgers.

Koos de Meyer. ·

Hulle moet maar kyk na hulle swart rassisme. Hulle kan sê en doen wat hulle wil maar pik op ons blankes. Siek klomp.

Al ·

Mooi so Steve! Die ANC koop nie jou CD’s nie.
Ons sat van hul dubbele standaarde en hul antagonisme teen ons.

LHS ·

Baie goeie tydsberekening Steve. Die ANC sit met hulle eie tammeletjie genaamd Mandela wat baie meer direk op die man af die blankes beledig en beswader het. Steve se bewoording is eintlik baie goed gekies, baie fyn op die grenslyn maar nerens oor die lyn nie. As die skoen pas trek dit aan comrades. Steve het presies die reaksie gekry wat hy wou kry. Die Afrikanervolk staan voor die grootste besluit ooit, voortgaan soos skape na die slagpale of in woord en daad omdraai. Daar is net 2 opsies. Voortbestaan of totale vernietiging.

L ·

Ons waardes word vewys na hierbo. Ons het lankal geen waardes meer nie anders sou ons nie in die gemors gewees het waar ons nou is nie. As ons volgens die waardes van ons voorouers voortgebou het sou ons verseker nie toegelaat het dat die land uitverkoop sou word, nog minder dat dinge gebeur soos huidiglik gebeur.

Meraai ·

Mooi so Steve! Jy is baie dapper! Ek ken geen huidige gewone WIT SA burger wat sy grond en huis verniet gekry het nie. Ons het almal ons plekke ten duurste gekoop en wurg aan die betaling daarvan. Waarom moet die huidige WIT gewone man op straat gehaat word oor dinge wat die apartheids regering n kwart eeu gelede gedoen het? Ons huidige wit mense is tog nie daaraan skuldig nie en waarom moet ons tevrede wees om ons swaar verdiende grond te verloor? Nou kry anderskleuriges hul huise spotgoedkoop en baie kry dit gratis. DIT is omgekeerde diskriminasie en rassisme! Verkeerd kan nie met verkeerd reggemaak word nie. Ons WIT jongmense moet meer belangstel in die nuus en politieke gebeure. Ongelukkig lyk dit op SABC of daar nie meer blankes in SA woon nie! Lees maar eerder die nuus op Maroelamedia of Misdaad en info!

kolla ·

Hy kon sy saak beter gestel het in ander woorde, was ook nie nodig om so uitdagend te wees nie.

Ai. ·

Oë en wat van Malema en kie ? So hul mag se hul gaan ons moor maar ons moet stil bly, hulle verkrag ons vrouens hul wil ons kinders as kompos gebruik askuus???? Ek sien soos hul kom in die nag soos n demoon en vat ons mense een vir een !… Wat die rassistiese lot moet mooi verstaan is daar is baie van ons in die buiteland wat sal kom van ver en oral om vir ons families en vriende te sterf in Suid Afrika. Eens was dit vir jou my Suid Afrika, dit is my ontneem maar wees baie versigtig met my familie en vriende daar. Dit voel al amper as of dit my lewensdoel is.. Weet en verstaan mooi die Anc die Eff die dekselse BLF veg nie net teen wit Suid Afrikaners in Suid Afrika nie ons sien wat aangaan vanaf regoor die wereld! Ons sal sien ons hou dop die Here sal met ons wees!

Dina ·

Ek wonder wat gaan gebeur as al die blanke belastingbetalers ophou betaal?

Petrus ·

Die wat formele werk het se belasting word van hul salarisse verhaal.

Anna ·

Steve gebruik die word doodgaan. Volgens my is dit ‘n STELLING menende – almal loop maar die pad van doodgaan. Niemand spring dit vry nie – ongeag. Dreigement moes dan die woord DOODMAAK insluit, wat sou beteken iemand wil iemand anders se lewe neem. Wie stem saam?.

Piet ·

Ek sal wat gee om bietjie in oorlog te wees teen die malemas blf’s en al die groot bek anc koppe , Ken julle n boer , wel julle sal hom leer ken hou aan

Kobus ·

Wil jy ook soos die drie gewonde AWB lede lê langs ‘n blou Mercedes êrens in stowwerige straat Boputhastwana? Dít is wat sal gebeur. Oom Stevie sal MIA wees.

Yster ·

Regtig? doodsdreigemente Steve het so pas n blik wurms oopgemaak hy klink dan nou presies soos Julius wat van die wat weerbaar is? Punt is hy dink glad nie en praat net het ons as volk dan niks geleer uit die verlede

Ai. ·

Die balans moet herstel word yster! Laat ons sien wat nou gebeur! Ons weet dit is tans eensydig maar laat ons sien…

sweis ·

Dankie Steve saam sal ons hierdie diskriminasie uitwis ,mense doen aan jou wat jy hulle toelaat.

Hanlie ·

Aan almal wat Steve veroordeel die volgende:- Het jy al by ‘n graf gestaan van ‘n vermoorde boer en ‘n week later word sy vrou begrawe? En waar is die moordenaars, saak word nog ondersoek want die moordenaars het uit die tronk ontsnap!!! Het jy al die stukke weer moes optel na ‘n wrede verkragting en jy weet nie hoe om te begin nie? Glo my dit is nie maklik nie, ek weet, want ek was daar!!! Dan veroordeel julle vir Steve omdat hy ook gatvol is soos baie van ons is? Ek se ook maar net!! Dankie Steve vir jou “guts”.

Anne ·

Ja ek het. En wat hy nou doen help net so min as wat die ANC en EFF doen. Wat hy nou gedoen het, gaan maak dat daar nog geweld is. So maak julle maar gereed. Ek weet hoe dit voel om by so ‘n graf te staan en ek weet Steve help ons wittes regtig glad nie. Maar publisiteit kry hy wel.

Arne ·

Die bottom line is as sy nie haar rassistiese tweet gemaak het nie sou sy nie reaksie gekry het nie en ons sou nie vandag kommentaar gelewer het nie. Aangesien sy nou n klagte gaan le teen Steve glo ek al ons blankes moet n klag gaan le teen haar. Sy het mos al ons wit mense onder dieselfde kam geskeer.

vania ·

Klink na twee stelle reels in die land… as daar tweets is oor “wit diewe lafaards” ens is dit niks en is dit “freedom of speech” As Steve stelling maak wat eintlik feite is “wit burger en hy belasting betaaler” is dit rasisme??? nie net is die “wit diewe cowards” NIE feite nie maar valse stelling en haat spraak nie, dit is rasisties. Steve as daar iets gese word tree jy op en kap terug en ek is seker dat as daar iets gedoen word sal jy optree, so almal wat se jy raas net, nee jy staan vir jou stand punt. Mooi!

Anne ·

Steve, jy het geen reg om namens alle wittes te praat nie. Hou jou by jou “werk”.
Eks seker verveelde huisvrouens sien uit na jou volgende album. Almal wat hom so ondersteun moet mooi dink. Gaan hy en julle ons beskerm as hy al wat leef nou goed die hel in gemaak het en moord toeneem? Hy aard so baie na Malema. Sien hy en julle nie die ooreenkoms nie? Niks beter nie! Steve gee jou adres dat hulle vir jou kom. Almal wat so agter hom staan, doen dieselfde asseblief. Dan kan julle kyk of julle uittarting nou vir julle werk.

bella ·

Aai .. en toe malema meer ass eenkeer op tv en oral se hy gaanmense doodmaak.. dit is nie dreigement nie.. die land die taal die watookal.. maak oo julle minds … word groot. En kyk op na bo..

Petrus ·

Al die Skiet Piete en hul susters. Baie bek, min binnegoed.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.