Steve Hofmeyr op herstelpad van Covid-19

Steve Hofmeyr het Maandag sy aanhangers gerusgestel dat hy vir die eerste keer beter voel sedert hy 16 dae gelede positief vir Covid-19 getoets het (Foto: Steve Hofmeyr, Facebook)

Steve Hofmeyr het Maandag sy aanhangers gerusgestel dat hy vir die eerste keer beter voel sedert hy 16 dae gelede positief vir Covid-19 getoets het. Dié gewilde Afrikaanse sanger beskryf die twee weke as die “benoudste weke in sy lewe”.

Hofmeyr het op sy Facebookblad geskryf hoewel hy nog swak is, begin sy gesondheid darem nou ʼn wending ten goede neem.

Hy sê sy bloeddruk, koors, yster- en suurstofvlakke lol steeds en sy smaak en reuk is nog nie terug nie. Hy vertel dat sy eetlus ook nog heeltemal aangetas is.

Hofmeyr vertel dat die agt meter badkamer toe hom nou nog uitput en dat hy suurstof nodig het wanneer hy terugkeer na sy bed.

Maroela Media het vroeër berig dat Covid-19 Hofmeyr binne 48 uur sedert sy positiewe uitslag vir die koronavirus platgetrek het. Hy het vertel dat hy swak suurstoftellings, kouekoors, hoë temperature, nierpyn, duiseligheid en hoes as simptome ervaar het.

Hofmeyr het Maandag sy vrou, Janine, geloof dat sy so mooi na almal in die huis omgesien het terwyl sy self siek was.

“Self siek het sy nog omgesien na alles, kos gemaak, Romy-lee opgepas en in die buitekamer omgesien na ons huishulp, wat ook Covid-19 het,” skryf Hofmeyr.

“Sy was om die uur daar en het my stap vir stap deurgedra. Soms letterlik. En hoe meer sy ander dien, hoe mooier word sy,” skryf Hofmeyr.

Hofmeyr het ook almal bedank wat hom in hierdie tyd ondersteun het. Hy sê hy het elke boodskap wat mense vir hom gestuur het, gelees.

“Ek het tyd gehad. Duisende goeie, sinvolle notas. Ag, net om te weet ek was nooit alleen nie. Baie dankie. Dis duidelik dat 80% van die mense wat Covid-19 kry, skaars hoes en eintlik voort kan gaan met hul daaglikse aktiwiteite. Die res van ons skuif na die bodem van die hel toe.”

Hofmeyr sê daar was selfs twee aande waartydens hy in “sy bedwelmde geestesoog” sy testament, kerk, eulogie en begraafplaas oorweeg het.

Die sanger sê die virus het “ʼn lang swiepende stert” en dat hy goed gaan uitrus om gereed te wees vir die konserte en ʼn “jagtrippie” wat voorlê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

jou gewete ·

Baie dankbaar. Steve beteken vir die land soveel meer as net n sanger. Hoop jy is vinng totaal gesond

Francois Le Cochon ·

Jou gewete, brei bietjie meer uit wat Steve vir die land beteken.

Esme ·

Steve, Covid is ‘n duiwel, en sy herstelpad is lank. Net soos jy, was ek baie geseend tydens my herstel periode. Baie, baie, baie mense het vir my gebid. My geliefde was aan my sy, alhoewel ek byna ‘n maand lank in die hospitaal was. Sy geselsies het baie gehelp. Ja, daar was dae dat dit erger as erg gegaan het, maar ons het ‘n verhouding opgebou wat op God se fondamente gebou is. Baie dankie aan jou pragtige vroulief wat so deugsaam is en na alles, tel ons, elke dag ons seeninge. Ons gebede omvou julle as gesin en ook aan julle dierbare hulp wat ook nou siek is. Sterkte!

Frank John ·

Shoe ou Steve, ek weet dis erg, my broer is daardeur 90 dae in intensiewe sorg net gebed, geloof in die lewende God wat hemel en aarde geskape het in die Naam van Sy Seun, Jesus Christus het hom deur gedra. Dis nou al maande daar na en hy sterk nog by die huis aan. Nognie volkome homself nie. Byt vas, jy is viniger daardeur lyk dit my. God is groot.

Harley Davidson ·

Sterkte Steve,gou gesond word want jy is die naaste aan n Afrikaner leier wat sa het.

Francois Le Cochon ·

Jasper, ‘n leier sit nie op ‘n rusbank en lewer kommentaar. ‘n Leier stel hom/haar self verkiesbaar en word deel van die politieke stelsel om sodoende kiesers te verteenwoordig en hul spraakbuis te wees. Steve is nog ver daarvandaan.

Charl ·

Jou gese, vasbyt en geduld, bly jy’s op die pad na herstel Steve.

Barney ·

Mense moet ophou saniteerders gebruik met metanol en benzine in. Dit bou gif op in jou liggaam tot jou liggaam die simptome van covid ervaar. Covid simptome is niks anders metanol en benzine vergiftiging nie.

Helen ·

Ethyl Alcohol moet gebruik word want Methanol is toxic gaan soek maar op google

Anoniem ·

So bly om te hoor dit gaan beter! Steve jy moet vasbyt ons land kan nie sonder jou nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.