Stigter van gewilde gewigsverliesprogram sterf

Mary Holroyd, stigter en voorsitter van die Weigh-Less-gewigsverliesprogram. (Foto: Verskaf)

Mary Holroyd, stigter en voorsitter van die Weigh-Less-gewigsverliesprogram, is Vrydag 27 Oktober in die ouderdom van 76 oorlede.

Dié nuus is Dinsdag op die program se amptelike Facebook-blad bevestig.

“Dit is met diepe hartseer dat Weigh-Less die afsterwe van Mary Holroyd, ons gewaardeerde stigter en voorsitter, aankondig. Mary, ʼn visioenêre leier en ʼn pionier in die gesondheid- en welstandbedryf, het vreedsaam aan natuurlike oorsake gesterf in die ouderdom van 76,” lui die inskrywing op Facebook.

Holroyd het Weigh-Less in 1975 op die ouderdom van 28 gestig en self 29 kg daardeur verloor. Haar eerste amptelike Weigh-Less-groep is in Durban met slegs agt lede gestig en het vandag takke en groepe regoor die land, sowel as aanlyngroepe vir internasionale lede.

“Terwyl die verlies van Mary diep gevoel word deur almal wat haar geken het, is haar familie vasbeslote om haar nalatenskap voort te sit en voort te gaan met die werk wat sy begin het. Hulle is daartoe verbind om die waardes en beginsels te handhaaf wat haar na aan die hart gelê het om sodoende te verseker dat Weigh-Less ʼn baken van hoop en ondersteuning bly vir diegene wat ʼn gesonder leefstyl soek,” het die maatskappy in ʼn amptelike verklaring oor Holroyd se afsterwe gesê.

Die Holroyd-familie het verder gevra dat hulle privaatheid gegun word om hul verlies te verwerk en lede van die Weigh-Less-gemeenskap aangemoedig “om voort te gaan om hul gesondheid- en welstandsdoelwitte na te streef”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Perdeby ·

Ek wonder of sy familie is van Dr Holroyd van Kimberley is? My ouma was met sy oom troud vir Baie jare.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.