Straatrenjaer verloor albei sy bene

Taufiq Carr se bene is geamputeer ná die botsing op die N1 in die Kaap. Foto: Facebook

Die Kapenaar wat tydens ʼn straatresies op die N1 beheer oor sy BMW M3 verloor het, se bene is albei geamputeer.

Taufiq Carr se ma, Moesna Carr, het Woensdagmiddag aan News24 gesê haar seun is steeds onder verdowing “en nie regtig by sy bewussyn nie”.

Op ʼn video van die voorval Maandagoggend kort ná middernag kan gesien word hoe ʼn motorfiets en twee motors teen ʼn ysingwekkende spoed op die snelweg oorkant Century City aangejaag kom toe die bestuurder van die motor blykbaar beheer oor die voertuig verloor en in ʼn ongeluk betrokke raak.

Carr is kritiek beseer nadat hy in die versperring op die N1 by Century City vasgejaag het. Foto: ER24

Russel Meiring, ER24-woordvoerder, het gesê die 26-jarige bestuurder van die BMW M3 is kritiek beseer. “Ons paramedici en dié van Life Healthcare het net ná 01:00 op die toneel aangekom toe die brandweer reeds na die pasiënt omgesien het.”

Moesna is dankbaar dat nie nog mense beseer is nie. “Kyk ʼn mens na die video, kan jy sien ander voertuie kon betrokke gewees het [in die ongeluk], maar hulle was nie.

“Dis ʼn les vir my seun en vir almal. Ons vra nie mense se simpatie nie, maar hul gebede. Dis vir ons uitgesit – ʼn beproewing van God. Ons is net baie dankbaar hy leef.”

Sosialemediagebruikers het flink op Taufiq se Facebook-profiel, wat wemel van motorverwante inskrywings, kommentaar op die ongeluk gelewer.

In reaksie op van die ongevoelige aanmerkings, het een gebruiker geskryf: “Ongeag die situasie, hetsy reg of verkeerd, sy familie lees dit en hy veg om sy lewe.

“Wees sterk. Harde lesse is geleer, maar sy naasbestaandes behoort dit nie te lees of deur die opmerkings te gaan terwyl dit onseker is of hy sal oorleef nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

159 Kommentare

leser ·

sterkte aan carr familie, mag taufig gou genees, simpatie met hom, jammer dat hy sy bene verloor het
baie van ons is en was spoedvrate, met min of geen gevolge
sterkte

Fast en Furious ·

Daar is elke nag n resies en gejaagery op die N1 Kaapstad toe en Plattekloof weg (beter bekend as die Autobahn). Veral motorfietse en karre wat gedrop is. Die show begin so 23h00 tot 3h00. Naweke is die uitdunne. Jy kan die show op die verkeerspolisie se kameras op die N1 kyk of van die brug af ook. Kaartjies is gratis. Almal is welkom.
Ry vuilg !

MissDemeanor ·

Hy kon ander mense doodgemaak het. Onskuldige mense. Ek hoop hy gebruik nou sy tweede kans op lewe om mense se lewens beter te maak. Sterkte.

Njerf ·

Ag asseblief miss demeanor. So preits soos iemand wat nog nooit aangejaag het nie. Wonder wat jou x’se sal sê. Die oordeel kom jou nie toe nie.

Leon ·

Sterkte aan die man en sy familie! Dis ‘n hartseer verhaal.

jacqueline ·

Dit is baie hartseer en n ogelooflike duur prys om te betaal – hoop dit maak die oë van ander jong mense oop!

Colleen ·

Dit is baie hartseer. Ek neem aan daar gaan nie ‘n eis teen die padongeluk vonds ingesit word nie, want dit sal baie onregverdig wees as hulle so ‘n eis moet uitbetaal.

tg ·

en as hy daai ander karre en hulle gesinne ook uitgehaal het hoe dan

Roberto Betta ·

I can’t understand why everyone is being sympathetic.

Eugene ·

Roberto: you wouldnt for you are a god with no mistakes….
tg: ja hoe dan…. wat is jou antwoord op jou sotlike vraag?

Skilpad ·

Korrek daarom is ek bly daai bene kan nie weer petrol trap nie

pieta ·

Roberta en th….speirwit engeltjies wat nog niks verkeerd gedoen het nie…God sal julle seen, hoor.

Anoniem ·

Roberto, it’s not a matter of sympathy, people have empathy. We are human beings, not desensitized robots without hearts. This young man is paying a very high price for his actions and his mother is handling it superbly. To the family, you are in my prayers.

willem Botha ·

Roberto,i am with you this person has no respect for the law or other people’s lives the afrikaner has been so brain washed over the last years some of them will feel guilty and blame apartheid.it is sad but true.

Abe ·

Roberto Betta,
I agree, I can’t understand why anyone is sympathetic. This man comitted a calculated crime. He must have foreseen that his actions could have caused someones death and yet he went on and did it. I regard it as premeditated murder.

Mv ·

@Willem en Skilpad, so julle het nog nooit ooe die spoed grens gery nie…NOOIT…al is dit net 10km/ph oor die grens het julle ook nie respek vir die wet nie, moet ons dan nou julle bene begin af sit?

Anni ·

MV, daar is ‘n verskil om die spoedgrens te oorskry en om te jaag, maar hierdie is ongelukkig totale waansinnige roekeloosheid! Soos almal kon sien op die video, loop dinge in ‘n breukdeel van ‘n sekonde skeef. Goddank hy het nie ander voertuie ook uitgehaal nie.

Baie gaan nou te kere oor die min simpatie, die ou het dan vrou en klein kindertjies, mens moet meer simpatie he. Wat soek ‘n pa van twee klein kindertjies daardie tyd van die nag in die strate, besig waarmee hy besig is? En kyk nou die gemors wat sy familie mee sit. Die drama het nie gestop toe daardie kar tot stilstand kom nie. Die drama hou ongelukkig aan. So vieslik soos ek klink, liewer hy wat sy bene verloor, en hier en nou in spore gestuit word, as wat hy more aangaan met sy streke en ‘n hele gesin uitwis.

Baie sterkte aan sy familie en sy vrou, want hulle lewens soos hulle dit ken, is onder hulle uitgeruk, en hulle moet nou elke dag met sy onverantwoordelikheid saamleef.

Riaan ·

Jy weet, meeste van julle het al goed aangevang waaroor mens spuit is na die tyd, ongelukkig moet sommige mense op die harde manier leer. Die klomp wat so kritiseer moet bietjie na gaan dink wat in hulle verlede gebeur het, almal maak foute. Sou julle so harteloos gewees het as dit jou kind was? Sterkte aan die familie en vriende.

Jurie Vermeulen ·

Sterkte aan die famielie. Hoop hy gaan herstel dat hy ander kan wys op die gevare van ” Street racing “.

Nettie ·

Aan almal wat so onsimpatiek dinge soos “goed so, hy verdien dit” of “wat maak ‘n man en pa van kindertjies daai tyd van die nag op die pad” of “hy kon ander voertuie/mense ook uitgehaal het” sê: IS JULLE ALMAL sondeloos? Het niemand van julle – toe julle jonk was – enige iets onverantwoordeliks gedoen nie? Wel, ek het – toe ek daai ouderdom (en jonger) was. Soos baie van julle, het ek ook al ‘n stopstraat ge-“skip” of oor ‘n rooi robot gejaag (eenkeer so býna-býna in ‘n ander voertuig in, wat presies dieselfde gedoen het).

Ja, die laaitie was verkeerd om om 01:00 in die oggend “street racing” te doen, ja, dit was onverantwoordelik en ja, hy kon sy eie en ander mense se dood veroorsaak het. Maar dit het nie gebeur nie; wat in stede gebeur het, is dat hy sy bene verloor het en dus nou vir die res van sy lewe gestremd is – dit is vir hom en sy familie vir seker ‘n lewenslange “straf”. Diegene wat in glashuise woon, moet eerder nie klippe gooi nie.

Joe ·

@MV, simple redenasie. om 10km perongeluk oor te steek en 300km te gaan jaag in n straatwedren is helemal verskillend. Die laaitjie het al van vroeer ook so gejaag, ander se lewens in gevaar gestel net omdat hy dink dis cool.

Lorraine ·

Mense wat nog nie self seer dinge rondom hul kinders belèef het nie, sal nie werklik verstaan hoe dit voel nie en behòort geensins eers te dink aan kommentaar nie. Ek glo n baie wyer kring leer ook hieruit lesse oor die hantering van ouers se pyn rondom hul kinders se doen en late. Ons kinders leef in n geweldige moeilike omstandigheidsfase van die lewe hier. Dis so n mòoi seun. Sterkte .

willem Botha ·

My kinders is gedissiplineerd en weet wat reg en verkeerd is en omdat ek lief is vir hulle sal ek hulle nie n gelaaide vuurwapen gee in hierdie geval n bmw m3 om mee te speel nie.

Mara ·

Ai toe ek daai jong man sien het my hart gebloei vir hom…ek is ook n Ma en ouma….maar toe ek sien dat hy het di mooiste paar hande het….ek glo dat di Here hom sal spaar en hom sal gebruik om n storie te kan vertel wat ander jong mense kan inspireer….en dat hy volkome sal genees…sterkte aan al sy geliefdes

Marien ·

Stem saam met jou tg. Voel jammer dat hy sy bene verloor het, maar wat as onskuldige padgebruikers dalk hul lewe moes verloor.

Johan ·

As n mens nie jaag nie is jou kans baie minder om baie seer te kry.

Derick ·

En as hy in iemand anders vasgejaag het wat ledemate of selfs lewens verloor het, wat dan. My dogters ry beide snags en ek bekommer my daagliks dat sulke jaagduiwels hulle kwaad kan aandoen. Jammer mater, was jou keuse, geen simpatie.

Anoniem ·

Derick, jou kommentaar is uiters onsensitief teenoor sy ouers. Het hulle jou enige skade berokken dat jy voel dit aanvaarbaar is om sulke kommentaar op sosiale media te plaas? Jy stel ‘n pragtige voorbeeld aan jou dogters. ?

t ·

Derick, ek deel jou bekommernis. Ek myself is baie aande wanneer dit stiller is op die pad. Ek het al in Voortrekkerweg, Pretoria gery teen 60km/u wat die jaagduiwels verbykom teen waarskynlik meer as 200km/u. Hulle stop nie by ligte nie en ry met motors wat beslis nie baan voorbereid is nie. Dan dink ek by myself of ek enigsins sal stop en help indien daar ‘n ongeluk kom. Die antwoord is direk: Nee! As jy tender moet jy betaal as die bod toegeslaan word. Geen simpatie nie. Baie vir die familie, niks vir die renjaer nie.

Stuiwer ·

Ek het simpatie dat hy sy bene verloor het, en stem saam met van die ander kommentare oor “wat as onskuldige persoon moes boet met sy/haar lewe”.
Wel, my suster is op 21 oorlede as gevolg van ‘n spoedvraat wat ‘n ongeluk veroorsaak het. Spoedvraat ongedeurd, my suster oorlede.
Wat as die berig gelees het “spoedvraat verloor sy bene, in dieselfde ongeluk is ‘n onskuldige gesin van 5 uitgewis”
Maar nogtans, mag die Here die man seen.

WK ·

Almal se kommentaar oor simpatie / empatie teenoor die ouers is misplaas. As mens na al die “clips” van voor die ongeluk sal jy sien hoe hulle die uitdaging vir die resies aanvaar en self n keuse gee van karre waarteen gejaag kan word. Dit alles vanaf sy ouerhuis. So sy ouers het geweet waarmee hulle besig was. Na die ongeluk probeer sy broer nog die BMW se engine verkoop vir n miljoen rand. So hoekom moet ek dan my simpatie / empatie mors op mense wat weet wat hulle kinders doen en niks doen om dit stop te sit nie.

Nee empatie / simpatie gaan eerder aan mense wat nie altyd weet wat hulle kinders doen nie, en dit sluit alle ouers in, maar in die geval was dit nie so nie.

IK ·

Op daardie ouderdom het ek ‘n VW-kewer gery wat na ‘n ongeluk reggemaak was op so ‘n manier dat ek dit darem kon koop en ry. Die deure het op ‘n manier darem toegemaak. Die persoon het uitgeswaai vir ‘n kind wat oor die pad gehardloop het.
My volgende kar was ook ‘n VW waarvan ek die bakwerk vd onderstel moes verwyder om die voorste gedeeltes te herstel van sowel die bak en onderstel.
Nou hoor ek van ‘n matrikulant wat ‘n M3 binnekort gaan kry . . . Ek het ‘n M3 gaan kielie op Zwartkops en dit is nie speelgoed vir kinders.

Se maar net ·

IK… Ek stem saam met jou. Kinders hoort nie sleutels van karre of bikes te kry wat die spoed limiet kan oorskry nie. Heng, dit moet nie eers 100km/h kan ry nie. Eks jammer, ek was nog altyd lief vir spoed, maar saam met spoed kom verantwoordelikheid. Vinnig ry en veilig ry kan saam loop – maar wys my n kind agter n M-klas se stuur wat die konsep verstaan? Ek dink ons ouers wat lei aan die siekte om ons kinders se slegte gewoontes te voed, het net soveel hulp nodig soos die kinders wat ons groot maak.

Rabes ·

Voor ons almal vinger wys en verwyte uitdeel vra ek maar net. Wie van ons het nog nooit oor die spoedgrens gery nie? Sterkte aan die jongman en sy familie.

Abe ·

Rabes,
Hierdie is nie die spoedgrens oorskry nie. Hierdie man het n berekende misdaad gepleeg. Hy moes voorsien het dat sy optrede die dood van mense kon veroorsaak. Dis moord.

What a joke! ·

Verskil tussen die spoedgrens oorskry met n paar kms en n paar 100kms en almal ander onskuldigge mense se lewens in gedrang bring…Hy het dit oor homself gebring…niks uit te waai met sondes nie..
Almal van jul wat so moan nier is n feit so gaan peusel daaraan,'” if you live by the sword you die by the sword”…Hy kan homself gelukkig ag….
Hopelik leer hy uit die duur les en probeer ander opvoed uit sy fout…

Jean ·

Hang af van jou spoed grens oorskry??. 10kms 20kms of 100kms !???
As jy dit oorskry dan loop jy die risiko en verhoog jou kanse ok dat dinge erg lelik skeef gaan loop…
Dit sal heelwaarskeinlik bepaal of ek lewend of dood daar gaan uit gaan kom…Hy kan homself gelukkig ag hy het net sy bene verloor en nie iemand anders wat wel by die spoedgrens hou dood gemaak het nie…Niks met sonde pleeg te doen nie…

Manie ·

Let net daarop asb, hy het nie maar net bo die spoedgrens gery nie, hy was in n onwettige resies op n deurpad betrokke en kon n klomp mense in die proses vermoor het. Gelukkig is net hy beseer

Jurie Vermeulen ·

Ja ja ja, wat gebeur het, het gebeur en moes gebeur het. Die rede hoekom dit gebeur het sal die toekoms leer. Hou tog op met aangaan, gelukkig is niemand anders beseer of betrokke in die ongeluk nie. Glo hy het sy les geleer, alhoewel dit n duur les is.

D P ·

Spyt, jammerte, moet in praat en medelye is ‘n baie goeie dinge maar is nie ‘n dokter óf twee bene.
Sterkte vir die toekom sonder twee bene maar proseteuse.

Anoniem ·

Nee, maar jy deel graag jou onsmaaklike kommentaar met die hele wêreld, nie waar nie?

willem Botha ·

Ek het verwag dat almal sou standpunt inneem en sê dit is verkeerd want dit is verkeerd , en ek verwag dat hy krimineel aangekla word en die wet sy gang gaan sodat hierdie tipe wetteloosheid stop voor onskuldige mense hul lewens verloor.

Net iets ·

Baie sterkte aan die familie en ny gebede vergesel julle.Mag u kind spoedig genees en dat hy teen volle sal hersrel.

Dan wonder ek altyd dan hoekom kar met so hoe spoed gemaak word as dit dan so on veilig is op op so spoed te ry in sa .
En dan aan al die bitter pille ek wil se dink voor julle op die aan val is .Wat as dit U kind of familie is wat daar gele het .Almal was jonk en het foute gemaak .En nie temeer nie self erger .Nie een van ons bly is huis van glas nie .

Francois Joubert ·

Die betrokke BMW word verkoop met ‘n beperking tot 250km/h. In die Street Race was die bike eerste onderdeur die brug (die wenstreep), die geel Porche was tweede op 302km/h onderdeur die brug. Die BMW kon die Porche dalk klop maar toe bars die regter voorband. Om te oorleef op ‘n openbare pad met ‘n ongeluk teen se 290km/h is jy gelukkig. Dit sonder valhelm en heel moontlik sonder veiligheidsgordel (Dit is mos die norm). Ek is mal oor motorsport maar kannie verstaan hoe jy dit kan doen waar ek, my kinders en ander op die pad is en netso weggevat kan word deur ‘n soortgelyke ongeluk. Daar is blykbaar ‘n video waar die betrokke BMW 313 km/h haal.

Hartseer ·

Ekke het nog nooit. Almal dink ek is mal omdat ek by my spoed en padreëls hou. En nee ek is nie ñ ou tannie wat almal ophou nie. Ek gee pad vir my mede padverbruikers en maak spasie wanneer nodig maar moenie my afdruk van die pad af nie. Jy kom dan net 2de.

MC Van Zyl ·

Daar is ‘n groot verskil!!! As jy sy facebook nagaan was dit nie sy eerste onverskillige optrede nie….
Hy het’ n duur prys betaal en moet vir die res van sy lewe boet vir sy oortreding.
Dank die Here dit was net hy alleen.

Linda ·

Dit kos ‘n mens niks om deernis (compassion) teenoor jou medemens te hê nie! Sterkte aan Taufiq en sy familie.

Kloekie ·

Deernis met onskuldige wetsgehoorsame burgers. Ek sien hom in dieselfde lig as iemand wat dwelms smous- hy het geen repek vir lewe

caroline ·

Ek stem saam Kloekie. En dis beslis nie die eerste keer wat die vent so jaag nie.

Anoniem ·

Is jy wetsgehoorsaam Kloekie? Mag jy oordeel? Spreek God se gebooie nie die teendeel nie? As almal dan nou so kru wil wees kan ons mos maar die vraag vra, nie waar nie? Sou dit God se guns dra dat mense so vieslik met hulle kommentaar is, die jongman se onverantwoordelike besluit ten spyte?

MC Van Zyl ·

Ek voel vir sy ouers, dit gaan nie ‘n maklike pad na herstel wees nie. Dat hy dit op’ n N1 gewaag het wat ekself en my familie gereeld gebruik, jammer geen simpatie van my nie.

Annelie Venter ·

Ek hoop regtig hy gebruik hierdie bitterlike duur les om sy vriende die gevaar van sulke onverantwoordelike besluite te laat besef sodat mense se lewens in die toekoms gespaar kan word. Moesna hierdie is nie ‘n beproewing van God, dit is die gevolg van menslike keuses.

Petro ·

Ek stem saam met jou. Hoop hy kan hierdie tragedie gebruik om ander te waarsku en dat daar darem iets goed daaruit kom. Sy slegte besluite het sy eie lewe verwoes. Nie God se skuld nie. Voel wel jammer vir sy mamma, sy is ‘n brawe dame.

Henri ·

‘n Motor is gevaarlik en bestuur mag nooit as ‘n speletjie beskou word nie. As gelisensieerde bestuurder is jou 1ste plig teenoor ander padverbruikers om die verkeersreels te volg. As jy onverantwoordelik optree soos in hierdie geval is daar ernstige nagevolge en baiekeer word onskuldige mense in die proses meegesleur en benadeel.

vmg ·

het iemand dalk di link van video… sterkte aan die män en familie

Francois Joubert ·

You en so ‘n ander tube met m3 cape town crash verwysing kan help.

Rocky Bell ·

Jammer, geen simpatie. Het geen respek vir ander se lewe. Ek vertrou dat die ander petrol-damp-breinne n les geleer het. Ek verkwalk ten sterkste die wetstoepassers wat blyk bang is om die euwel hok te slaan vir baie jare!!

Anoniem ·

Deur jou woorde maak jy jouself skuldig daaraan dat jy óók nie respek vir ander mense se lewens het nie. Jy is uiters onbedagsaam en onsensitief teenoor hierdie jongman se ouers.

Penellope Jones ·

Sjoe, dis verskriklik hartseer!!
Baie sterkte aan hom en sy familie.

Jax ·

Ek hoop almal sien nou wat te vinnig ry doen! Daar is n baie goeie rede waarom daar spoedbeperkings is!
Ek voel jammer vir sy ouers en familie maar, ek is jammer; ek het geen simpatie vir hom nie. Hy kan dankbaar wees dat ander nie by die ongeluk beseer was nie! Kan hierdie mense nie vir hulself dink nie?!!! Die mense wat op die brug staan en kyk het, moet ook hul koppe in skaamte laat sak!
Ek ry gereeld op daai gedeelte – ek hoop daar gaan iets gedoen word aan rygedrag op ons paaie!

Francois Joubert ·

Die mense het nie te vinnig gery nie, hulle het resies gejaag. 300km/h in ‘n 120km/h sone is beslis nie vinnig ry nie. Die mense op die brug is toeskouers want dit is ‘n street reace’.

Waarheid1 ·

Totaal onverantwoordelik gewees.Ander motoriste wat by padreels hou kon gesterf het weens hierdie ontverantwoordelike aksie.Ek het geen simpatie nie
Hopelik sal hierdie man straatrenne nou probeer stop en se dis nie die moeite werd nie.

Magda ·

Ek het die video gesien. Die man het ongelooflik vinnig gery en tussen motors deurgevleg. Ek is jammer vir sy familie maar hy moes gedink het. My seun ry gereeld daardie pad laat saans as hyoortyd werk. Dank die Vader daar was nie ander voertuie betrokke nie.

Ella ·

Orals op die hoofwee is maks spoed duidelik 120km/h gemerk….ek sien daagliks mense op die N4 wat gedink het hul kan net oor die snelweg hardloop, en dit nie maak nie…. Want wettelose padgebruikers se spoed is veel hoer as wat die wet voorskryf…geen simpatie aan mense wat dink nasionale paaie is speelplek, daar is genoeg plekke vir jul jaagduiwels om kragte te meet….

Vicky ·

Wat het spoed uit te waai met iemand wat onwettig op n highway is? Daar is mense wat 100km/uur aankaring en dan hardloop hulle nogsteeds en word getrap. Jou stelling maak niks sin nie.

Ella ·

@ Hierdie Ella: wIe is jy? Jy gebruik my naam.
Maroela, hierdie is nie my kommentaar.

Onderstaande is wel my kommentaar:
In daardie kringe is hy nou n held. Vir sy vrou en kinders en familie n lewenslange verantwoordelikheid.
Dit was georganiseerd, vinnige karre en motorfiets, daaroor die toeskouers op die brug. Dit was geen ongeluk wel uittarting van padwette en reels, wat ook maar swak toegepas word deur die owerhede in baie gevalle.
Live by the sword, die by the sword.
Ons het so “korrek” geword dat die “reg” in alles heeltyd gesoek en uitgewys word.
Ons leef in n siek land en siek samelewing.

bollie ·

Dis jammer dat die jongman sy bene verloor het. Meeste van ons mans het ook maar gevaarlike en onbesonne dinge aangevang toe ons jonk was, ons was net gelukkig om nie daaronder te ly nie.

Obserweer ·

Slim het sy baas gevang? Op n video spog die ou met sy vinnige karre en blykbaar vra hy die ander ou wat teen hom gaan jaag om een van sy karre te kies om teen te jaag. Hy moes aan sy vrou en twee kinders gedink het voor hy so gejaag het.

Jan pierewiet ·

Streetrace…. in die verkeer? Wat van hy kon verantwoordelik gewees het en na n stuk reguit pad waar geen verkeer is gegaan het. Ek aanvaar ons weet dat dit sovele kere al gebeur het dat die jaagduiwels niks oorkom en ander onskuldige lewens vewoes word in gevolglike ongelukke. Jammer familie julle sal na hom moet omsien. Ek hoop sy ‘buddies’ leer n beter gesindheid op openbare paaie aan nadat hulle hom in ICU gaan besoek.

Francois Joubert ·

Kannie meer met jou saamstem. Hier is mense wat reken dit was ‘n spoed oorteding. Verstaan nie resies jaag.

Spike ·

Geen simpatie. Wat van mense wie se lewens hulle kon vernietig. Hulle het geen verantwoordelikheid nie.

Ella2 ·

@Francois, dit was n street race op n nasionale pad, hy’t ander se lewens in gevaar gestel, as jy my vra is hierdie maar n baie ligte straf.

Abe ·

Francois Joubert,
Ek stem saam met jou. Hierdie was geen spoedoortreding nie. Dit was berekende gewetenlose misdaad. In dieselfde klas as moord.

Vanniekaap ·

Ek ry elke aand daai pad net na 12 want ek ry nag skof. Meer as een keer het hier die Street racers verby my gajaag en ek is 1 of 2 keer amper gestap Al ry ek in die stadige Baan. Ek het geen simpatie hier nie want daar is n groot verskil tussen 10-15km oor die spoed grens ry en resies jaag op die pad. Hulle voel OK vere en overtake nes hulle Wil sonder om aan duiding te gee in watter rigting of Baan hulle Wil ry. Née wat, hoop dis n les

Wonder net ·

As jy die versekeraar is…. en jy het die video en alles gesien…. gaan jy sommer so net uitbetaal? Die onaanvaarbaar raak al hoe dieper?

Anoniem ·

Hy het PERMANENT sy bene verloor en hier gaan jy tekere oor ‘n bestuurderslisensie wat hy nie maklik weer sal kan gebruik nie, indien ooit. Nog soutjies vir die wond nê? As ek na almal se vieslike kommentaar kyk (asook die “almal voel skuldig oor apartheid” snert) dan besef ek net hoe onmenslik mense kán wees! Wat sal die statistieke sê as ons na almal moet kyk wat jaag (waar geen kameras is nie ). Ek het nie geweet jaag het ‘n kleur en daarom moet dit aan apartheid gekoppel word nie maar kyk net, sommige mense dink menslikheid is jammerte. Die owerhede is al ‘n geruime tyd (JARE) bewus van hierdie street races in daardie areas asook Brackenfell Boulevard, R300 ens. en waar is hulle om die wette toe te pas? Hulle WEET van die gevare en doen NIKS.

marco polo ·

Watse bike was dit wat saamgejaag het? Gelukkig het die ander twee voertuie niks oorgekom nie, maar laat dit n les wees vir hulle ook

Ou Vlakvark ·

Geen simpatie. Hy en sy pêlle hoort nou in die tronk. Ook diegene wat gereeld in ons omgewing diep snags met hul brullende motors en motorfietse jaag en nie ‘n flenter omgee vir hul medemens of deel wil wees van ‘n omgee gemeenskap nie.

LH ·

Wat as? As is verbrande hout . . . Hierdie ouer vra gebede vir haar kind, nie judgement nie. Mag God sy hand oor hierdie pragtige seun hou, en sy paaie vorentoe gelyk maak . . .

Dries du Toit ·

Wonder nou maar net. Hieveel drugs en drank was betrokke.Julke ou klomp fariseers moet ophou feins en aanvaar dat hy gekry het wat hy soek

Anoniem ·

Attie, God het ons almal vrye wil (eie keuse) gegee en selfs as ons foute begaan is Sy genade groot. Is jy verhewe bo jou Leermeester en is jou lewe blaamloos?

Kommentaar ·

Anoniem, het MM jou aangestel om kommentaar op almal se “posts” te lewer? Elke ou kan seker maar voel soos wat hy voel, wonder of jy anders sou geredeneer het as die kalant in jou kind vasgejaag het en dit jou kind is wie sy bene verloor het?

Sê ook ma net ·

Die man het ‘n keuse gemaak waarvoor hy nou duur betaal. Aan al die wat so kritiek lewer: dit kon jou kind ook gewees het wat nou vir die rede in die nuus was.
So graag soos jy wil dink jou kind is ‘n engeltjie, hy is heel waarskynlik nie. Resies jaag gaan oor baie meer as net om die spoedgrens te oortree. Daar is ‘n tipe eer daaraan, ‘n tipe “skill” wat jy moet hê, en dan natuurlik die adrenalien. So enige goed opgevoede “engeltjie” wat uit ‘n huis vol liefde kom kan daaraan deelneem.
Die mannetjie het duur skoolgeld betaal, en sy gewete sou hom heel waarskynlik opgevreet het as ‘n onskuldige motoris agv hom lelik seergekry het. Hou tog net op in julle selfsugtige kleinlike oogklappe vaskyk.

Elsa Vorster ·

Baie sterkte hoop jy herstel volkome bid vir jou en jou ours

No, no!!! ·

Dear Moesna,
It was NOT God who decided this or brought this upon you. Your son knew what he was doing. It was his own decision. and yes, I do feel sorry for him because he’s a young man and his life is now gone.

corne ·

Al wat tragies is is dat sy pelle nie sal leer nie en aanhou ander mense se lewens ingevaar sit hoop die lang arm van die gereg kry jou ook beet want jy het hoefeel ander geliefdes se lewens al in gevaar hestel

Elna ·

Ek stem saam met Ella. Dit kon verhoed gewees het as hulle net gedink het voor hulle gedoen het. Kom ons hoop net namens die familie dat hy dit sal aanvaar en goed herstel en aanpas sonder sy bene en dat hy n baie goeie medies het wat alles 100% sal dek en 100% sal betaal. Prostese is belaglik duur en dis nie maklik om sonder jou bene te lewe nie veral nie met die permanente konstante pynne wat lewenslank saam dit gepaard gaan nie. Ek kan maar net bid dat sy familie en gesin hom sal bystaan vir lewens lank. Sterkte aan almal wat hierby betrokke is. Laat dit vir elke wintie op die pad n les wees om uit te leer. DINK voor jy DOEN!! Dink aan die nagevolge!!!

Niklaas ·

Sy lewe het nou ingrypend verander en hy sal verewig spyt hê. Net dankbaar hy leef nog en dat geen ander mense getref is nie. Hierdie tipe kompetisies lei tot niks goed nie , dis heeltemal onnodig en baie gevaarlik. Kyk nou wat is die gevolge

Willem Grobler ·

Reg óf verkeerd – ons almal doen soms onnosel dinge. Ek persoonlik voel baie jammer vir dié ou en dankbaar dat daar nie meer mense saam met hom in die hospitaal lê nie.

ES ·

@Francois Joubert en Dom

Straatren of nie, om die spoedgrens oor te steek IS TEEN DIE WET – dit was ‘n straatren op ‘n openbare pad – nie ‘n resiesbaan wat gepas is vir renjaers nie. Julle kan dit noem net wat julle wil, dit was ONWETTIG.

Sterkte aan hom en sy familie, dis ongelooflik hartseer om met jou lewe weg te kom en so geskend te word.

Diefie ·

Van wanneer kan ‘n jongmens dink? Vandat ‘n motor ontwerp is tot daar ver in die toekoms, sal ‘n jongmens resies jaag. (en grootmense) Dit is in die meeste jongmense se aard. Ja dit kon baie erger gewees het, maar dit is nie. Mense moenie so gevoeloos wees nie. Jou kind kan ook op ‘n dag besluit om te jaag en iets gebeur, wat gaan jy dan sê. Hy was verkeerd en hy gaan dit die res van sy lewe onthou.

DewaldS ·

Dis is seker meestal jong mans. Maar ek onthou by die eerste plek waar ek gewerk het was ‘n jong dame wat met ‘n opgewarmde Mini in straatrenne gejaag het. En dis die enigste straat-renjaer wat ek nog ooit persoonlik geken het. So – laat ons nie veralgemeen nie.

bren ·

Meeste van ons is roekeloos as ons jonk is; paaie het verander; voertuie ook! Jammer dit moes gebeur met die mooi jong man; my bloed word yskoud as ek na die video kyk! dis net tragies;te veel Vin Diesel movies ook.

Sonet ·

My hart bloei vir sy ouers, ons kinders bly ons kinders, foute en al. Al wat ek wil regstel Mamma, dis nie God se beproewing nie, Rafiq het ‘n fout gemaak, God sal hom van hier af verder neem. Baie sterkte en julle is in ons gebede.

wilma ·

Dat so ‘n pragtige jongman deur sy eie toedoen nou op die harde manier moes leer! Hoop van die ander renjaers sal dalk ‘n les hieruit kry. Sterkte aan sy familie en hopelik is die ander jaers asook toeskouers dankbaar dat hulle uit genade nie ook soiets of erger oorgekom het nie.

Sjoe ·

Pasop eerder vir die motors met “baby onboard” tekens. Tien teen een het die bestuurder nie goed gerus nie, (Ek slaap al vir drie jaar nie deur nie), en ‘n minimum van 20% van jou konsentrasievermoeens word jou ontneem as jou baba huil terwyl jy bestuur. Hierdie jong man was aan die natuurlike toppunt van sy motoriese vaardighede (26 jaar oud).

Willie ·

Kom ons gee die mannetjies weer plek om te jaag. Toe ons nog jonk was, met die Coopers en Cordini’s, was daar die ‘oopdae’ op Kyalami waar mens al jou jaag lus kon gaan uit jaag het. So skep weer vir die mannetjies plek om te jaag. Keer gaan mens dit nie keer nie, probeer dit liewer beheer.

Anoniem ·

All my sympathy to his family and friends and my prayers are with him, while he is fighting for his life. Being young and reckless is no excuse to go out and break the law. This young man was very well aware of the dangers and consequences this could possibly result to. I, however, feel that, having lost your legs and fighting for your life, are not a relevant reason and social media not a relevant platform to decide whether he deserved this or not. Nobody wants to loose a child to tragedy, nobody deserved a child having his legs amputated. What the hell happened to humanity. THIS BOY HAS NOW PAID THE PRICE DEARLY, IS THAT NEVER ENOUGH FOR YOU INHUMAN PEOPLE?? Rather go on your knees and thank the Lord that nobody else has gotten hurt in the process and rather pray for integrity, so police will be find less excuses and attend to their jobs more so tragedies like this will never happen again!!

$ ·

He should go down on his knees and thank the Lord that noone else got hurt.

Nadia ·

sjoe wat ‘n manier om ‘n les te leer! Sterkte aan almal. Ek het toevallig sondag aand op ‘n ander plek gaan petrol ingooi ook waar daar straat racing gehou word (Pretoria)… wat my mal kwaad gemaak het is dat daai ouers daar staan met hulle kinders! Daar is nie ‘n heining of iets tussen jou en die straat nie… die oop… Besef hulle nie dat enige iemand kan beheer verloor en deur die skare gaan nie? Dis nie ‘n show om te kyk nie, as jy wil racing kyk gaan na n profesionele plek waar daar veiligheid maatreels toegepas word.

Mimi ·

Mense is onvolmaak MAAR kan nie die situasie as n ” beproewing van God af sien nie” ! ! Mense is soms impulsief en neem verkeerde besluite….daarom moet ons mooi dink….want di “waarskuwing” is daar …..wat jy saai sal jy maai. Die beste is om te leer uit ons foute en vorentoe te kyk.

Louis ·

Jammer vir die familie maar geen simpatie vir die bestuurder. So ‘n resies op ‘n snelweg is nie bewys van bestuurvernuf nie maar van voertuig vermoë en stel onskuldige mense in lewensgevaar

WIEBO ·

Dit maak my so hartseer om te dink dat n mens so n mooi kar kan opdinges, vir wat? Ek is vandag 52 jaar oud en kan nie eers n kar bekostig nie. Loop waar ek wil wees. Jammer ook dat die ou nie meer sal kan loop nie……………..

$ ·

Ek wonder net of al die kommentators wat ander wat nie simpatie toon nie so slegsê, steeds so simpatiek sou wees as een van hul geliefdes (man/vrou, seun/dogter, ma/pa, verloofde) gesterf het of ledemate verloor het of breinskade opgedoen het weens hierdie straatrenjaer(s) se onverskillige optrede.

My simpatie lê by sy ouers/gesin/familie wie se lewens ook nou onherroeplik verander is deur sy onbesonne optrede, en wat waarskynlik nou ‘n groter prys as hy moet betaal weens finansiële impak en sy versorging wat nou hul verantwoordelikheid word. Vir hulle is ek bitter jammer.

Anoniem ·

Ja, hulle sou want dis menslik. Kom ons vra wéér die vraag, waar is die wetstoepassers wat DEEGLIK bewus van hierdie “streetracing hotpots” is? Is hulle nie ook skuldig aan hierdie jongman se “roekeloosheid” nie? Sou dit nie regverdig wees om hulle ook verantwoordelik te hou nie? Nee, kom ons jubel en juig oor ‘n jongman wat sy bene kwyt is omdat wetstoepassers afwesig is en hy dus ‘n kans kon vat. Soos dit maar in SA gaan. Dis net walglik

Mimi ·

Die situasie is NIE n beproewing van God nie, maar mense wat verkeerde besluite maak. Die waarskuwing is duidelik, ” jy sal maai wat jy saai”. Dus leer uit ons foute en kyk vorentoe.

Meisiemens ·

Wat my verstand te bowe gaan, is dat die ‘n gereelde resies is? Hoe is almal bewus daarvan behalwe die owerhede???

Gee vir die ouens ‘n plek waar hulle kan gaan jaag, met die nodige veiligheids dinge in plek?

Hoe laat die owerhede toe dat die dinge op ‘n snelweg gebeur>

DC ·

Goeie punt, maar die owerhede sal ook die verantwoordelikheid moet dra indien hulle aan jaagduiwels ‘n plek gee om te jaag en hul sodoende die drywers se lewens in gevaar stel.

Anna ·

Ek kan net nie verstaan nie. Soms as daar n berig is dan word daar gese… moet nie oordeel nie, dan net die volgende een oordeel daai selfde mense. Pas hulle net aan by wat hulle wil glo. Dis verkeerd om te jaag maar ook verkeerd om mense pyn toe te wens.

Hennie ·

En as jy ‘n wenner is met straat wedrenne, wat dan?? Is daar regtig niks belangriker in die lewe waarmee hulle hulself besig kan hou nie, iets met meer langtermyn waarde?

Jean ·

….ek is vinnig, my ou. Op ‘n reguit stuk pad. Check my kar! Jammer dat hierdié vinnige knape zero indruk maak as hul tussen regte renjaers, op ‘n regte baan beland. Dink daaraan, my ou, dan is daar mos ook draaie en 10 of 20 ander ouens wat saam ry.

Roger ·

Ek sien die man se motors word wyd vertoon op Facebook….sien nie ook dit is meestal sonder nommerplate. My vraag aan die “owerhede”…wat doen julle om blatante oortreders van die paaie af te haal? Ek dink aan gewoonte-oortreders o.a. taxis. Die antwoord is duidelik NIKS. NUL. NADA. Bloed is aan die hande van die politici en portefeulje-hoofde (by owerhede) wat verantwoordelik is vir padveiligheid. Dit is die mense wat aandadig is as onskuldiges sterf in ongelukke waar roekelose bestuur en wetsminagting betrokke is. Jul het geen werklike plan om wetteloosheid op paaie te stop nie. SA is ‘n sosiopatiese samelewing, want daar is geen respek en geen plan met wettelose mense nie.

sv ·

al jul mense wat nie simpatie het met die ou nie. hou jul monde, oppas wat jul se , dit kan jul kinders of iemand na jul ook oorkom, wat dan. Elke mens kan n fout maak dis menslik. en om te se dit of dat kon gebeur het , dit het nie. , Julle ken hom nie eers , so sies vir julle ek sal my dood skaam as ek so ongevoelig is. Wat dink jul hoe voel sy ouers , ek is n buite stander en my bloed kook vir elkeen wat hier skryf hul het nie simpatie met hom nie.

Roger ·

As jy die noodlot tart en boonop ander mense se lewens in gevaarstel, moet jy ongelukkig die gevolge dra. Sal mens empatie toon as jou naasbestaande of geliefde gedood word deur iemand so roekeloos? Dink verder…

Lindtjies ·

Sulke goed is nie veronderstel om te gebeur nie maar dit doen tog. Ek weet van ‘n geval waar 2 mans op ‘n Sondag middag resies teen mekaar gejaag het. Die een het beheer oor sy motor verloor en in drie fietsryers ingeploeg. Nodeloos om te sê maar ‘n pragtige jong vrou in die fleur van haar lewe het gesterf. Sy was nie lank getroud nie en haar pa en man wat saam met haar gery het moes dit aanskou. Haar man het ook seergekry maar het die voorval oorleef. Die 2 mans wat resies gejaag het dien tans tronkstraf uit.

Erich ·

Ek dink almal van ons oorskry die spoedgrens van tyd tot tyd – maar om 130 of selfs 140 km n uur te ry is n groot verskil teen 250 of 300 km n uur. Hierdie mense sou geen simpatie gehad het as onskuldige – mede pad gebruikers iets oorgekom het nie.
Die bestuurder betaal bloot die prys vir sy eie onverskilligheid, nalatigheid en kriminele gedrag. Hy het willens en wetens so opgetree en moet nou nie huil oor verspilde kanse nie.
Empatie – ja Simpatie – nee

JudgementalMuch ·

Mense julle kan maar aanhou kritiseer en lelik wees ja Taufiq was verkeerd en hy gaan virewig die nagevolge dra van die ongeluk en die besluite wat geneem was. Maar he darem respek vir sy familie hoekom moet hulle al julle ongevoelige lelike kommentare lees hulle verdien mos nie dit nie hulle gaan deur n moeilike tyd. Mense is so gou om te judge maar ek wonder hoeveel van julle is netso skuldig aan onverskuldig ry ek bedoel nie onwettige resies nie maar hoeveel van julle het al oor die wettige spoed limiet gery?? want niemand maar niemand is perfek nie almal maak voute. Ek sal Taufiq en sy familie in my gebede hou deur die moeilike tyd.

broos ·

ja hy was stupid maar hy betaal nou ‘n baie baie swaar prys, en meer so ook sy familie. baie sterkte vir hulle almal :(

Karien ·

Wat gebeur het; die feit dat hy beide sy bene verloor het is vreeslik, dit kon sy lewe gewees het. Het hy dit onder sy knieë verloor, makliker as wat dit is as hy dit bo sy knieë verloor het. Hy kan amper n normale lewe lei as dit onder sy knieë geamputeer is, hy sal ook weer n kar kan ry, al is dit met sy hande. Sy ouers het seker bitter seer om hul kind nou so te sien, maar punt bly staan, dis omdat ons nie by die reëls bly nie en dink ons is verhewe bo wette en nou praat almal dit goed en kies hul woorde reg om gevoelens te spaar. Dis nie net hy wat jaag nie en ons praat nie in die geval van net 10km bo die spoedgrens nie. Duidende ry oor hul spoed, flikker ligte vir mens as jy 120km ry, sodat jy in die geelstreep moet kom sodat hulle verby kan gaan. Baie daar buite is net so skuldig en hou nie by padreëls nie, want almal kort iemand om oor hul skouer te loer anders hak hulle uit. Wat as n onskuldige gesin uitgewis was deur hierdie ongeluk. Was dit in n ander land, was sy lisensie opgeskort en het hy moontlike tronkstraf in die oë gestaar. Mens moet seker besef as mens so iets doen, jy gaan of jou lewe verloor of dit verander, die kans vir dit is hoog.

Nico ·

Die verkeers owerhede dra ook skuld want hulle is bewus van die onnoselheid wat al jare duur maar daar word niks aan gedoen nie. Daar us ook ‘n verskil om vinnig te ry en so onnooslik op te tree soos renne hou.

Shaun ·

Net my eie redinasie. Daar is renbane met marchals en reels. Hoekom kan die ouens nie eerder daar gaan jaag nie en hou op die oop pad by jou spoed. Ek is ook mal oor motorsport en spoed maar elke ding op sy tyd en plek. Sê maar net.

Frans C ·

My innigste simpatie met die jong man en sy familie.Hy is egter nie die enigste skuldige in die verhaal nie.Die grootste sondebokke is die motor industrie met hul advertsensies,waar klem dikwels op werkverrigting van veral sg sportmotors val.

As jy ‘n lisensie en geld het kan jy van die vinnigste motors op die mark koop.Dat jy dit kan doen maak nie van jou ‘n vaardige bestuurder nie.Die feit is ,ongeag al die ingeboude veiligheidmaatreëls is ‘n hoë werkverrigting motor in die hande van ‘n jong
onervare bestuurder ‘n gevaarlike projektiel.

Hoeveel jong mense weet bv dat die oppervlakte van ‘n band op ‘n pad net so groot as ‘n groot man se hande is.Ja vier groot hande ,diis al.Doen jouself ‘n guns ,plaas jou hande op ‘n tafel en probeer so vinnig as wat moontlik is,jou hande oor mekaar te verwissel.

So het jy ‘n idee van wat besig is om onder jou te gebeur,vier hande wat teen ongelooflike spoed jou voertuig op die pad probeer hou en as jy hul klouvermoë oorskry gebeur daar goed wat net ‘n baie ervare bestuurder onder beheer kan kry.

Van ons wat met ‘banana branches’ en ‘weber side draught carburettors’ groot geword het om die laaste bietjie krag uit die enjin te tap, het dikwels op ‘n harde manier geleer:
‘drive like Lightning and you’ll crash like thunder’.

DC ·

Die lewe gaan oor keuses. Jy moet altyd bereid wees om die gevolge van jou keuse te dra. MAW as jy kies om 300 kph te ry moet jy bereid wees om die gevolge te dra. Of daar nou gevolge is al dan nie. Ek voel empatie met sy ouers, maar kan ongelukkig nie simpatie vir hom he nie aangesien hy die keuse gemaak het terwyl hy goed geweet het wat die gevolge kan wees.

Frans C ·

Ek stem nie saam nie. Vandag se motors skep die illusie van veiligheid,dikwels word sg veiliheidsmaatreëls in advertensies opgehemel. Jong mense dink hul is veilig in motors omring deur die jongste tegnologie ens.

My raad aan enige jong mens is.Voordat jy jou keuse uitoefen,besoek ‘n ‘srapyard’ en kyk hoe lyk die motor van jou keuse na ‘n ernstige ongeluk.Dit mag net keer dat jy in jou
jeudige voortvarendheid die petrol pedal te diep intrap ,onder omstandighede wat jy nie kan beheer nie.

Anti-Haas ·

Hy het niks gevoell vir ander se lewe nie op die pad daardie aand.
Hy was die gevaar op die pad.
Kyk na die video van IK se verwysing op You Tube.
Wag vir opvolg op sy krimenele saak deur MM.

Gforce ·

Geen Simpatie nie!! Kon onskuldige mense dood gemaak het.
Lekker stoeltjie ry!

DewaldS ·

Een van my skoolvriende se 16 jarige dogter is so paar jaar gelede dood nadat so ‘n voertuig haar getref het. Sy het nie eers na die straatresies gaan kyk nie – was net uit vir die aand. Straatrenne is ‘n simpel speletjie wat net verloorders oplewer…

Superbike ·

Onpadwaardige voertuie, gekoopte bestuurder-lisensies, selfone en dronk bestuurders is die euwels op die paaie. Almal wat so kommentaar lewer, Mnr/Mev, weet jy altyd waar is jou kind en wat jou kind doen ? Geen kommentaar oor die motorfiets ryer nie ?

Superbike ·

Jammer oor die jong man se beserings. Ongelukkig is daar van ons wat spoed-vrate is, wettig of nie. Bestuurders-lisensie is nie gekoop nie en het nog nooit met ‘n drank-asem agter die stuur ingeklim, ook nie op ‘n motorfiets nie. Geen kommentaar oor die motorfiets ryer nie ? of is julle arms moeg met al die klippe wat gegooi word !

RC ·

Hierdie jong man saam met sy familie het nou ‘n baie, baie lang en moeilike pad wat vir hulle uitgele is.
Mag hulle die krag en bystand kry wat nodig is.
Daar gaan baie meer wees as net om gesond te word.
Daar sal hofsaak wees met baie kostes.
Versekering sal glad nie uitbetaal.
Mediese hulp en behadeling gaan baie en lank wees: Baie uitgawes al is daar ‘n mediesefonds.
Persoonlik en finansieel baie groot stryd.

Mag hulle hierdie hele beproewing aanpak en deurwerk.

As hy kan deurdruk en so dan verkondig wat met hom gebeur het en dit doen indruk op die mensdom, sodat ons almal veiliger kan wees op ons paaie.
Dan sal ek vir hierdie man die grootste respek kry, maar op die oomblik nee, nie vir hom of die ander wat saam hierdie tipe dinge doen en toelaat nie.

Geen simpatie ·

Ek hoop hy word vervolg. Die bewyse is op kamera en dit behoort nie n moeilike saak te wees om te bewys nie. Geen respek vir ander se veiligheid of lewens nie.
Ek is net dankbaar dat hy gestop is voor hy onskuldige lewens geneem het.

Sê maar net ·

Wat vir my ironies is is die feit dat hy nie die betrokke resies sou wen nie. Hy was agter die ander twee. Alles verniet.

Anita ·

hy het verkeerd gehandel, dit is net genade dat onskuldige mense nie dood is nie, miskien id die les aan die ander jaers die in die nag dieselfde doen. Sy jong lewe is meteens geriuneer. My simpatie gaan na sy familie, vrou die met hierdie situasie in die toekoms moet saam leef. “Wat jy saai sal jy maai”

A Mac ·

Bitter moeilik vir my om enige simpatie met iemand in hierdie situasie te hê. Net bly dat daar nie onskuldige mense gesterf het as gevolg van hulle onbesonne dade nie.

Snowflake ·

Hierdie was n keuse..en hy het daai keuse gemaak.. dis nie sy eerste straat resies nie, jammer vir ouers wat nou met probleem sit, wees dankbaar daai straat resies het nie ontaard in n slagting nie…. wees realisties

Not perfect ·

Dit verstom my hoeveel volmaakte mense toe klaarblyklik in hierdie wereld is. My hele lewe het ek nog altyd geglo dat NET GOD ALLEEN volmaak is. Grootste probleem met mense is: Min verstaan wat die verskil tussen Empatie en Simpatie is, Mense dink ook dat daar n verskil is tussen klein sonde en groot sonde!!!! Nee toe nie – Sonde is sonde!! Daar bestaan ook gladnie is soos ‘n witleuntjie nie. Lieg is Lieg!!

Leah ·

Not perfect, Om empatie en simpatie met iemand te hê vat nie die verkeerd weg wat die persoon gedoen het nie. Mens kan jammer wees vir die persoon, maar hy was selfsugtig en onverantwoordelik. Is jy ook een van daardie skynheiliges wat nog nooit ‘n dooie persoon met foute geken het nie? Almal (insluitend jy) het foute – aanvaar dit en werk daaraan.

GRIET ·

@ not perfect…jaaa…niémand is volmaak nie…en almal wéét vani Vader se Genade ook vir dié man…

MÁÁÁÁR… ONS MÁG ÁLMAL ÁNDERS HIEROOR VOEL EN REDENEER
SONDER vir JOU om ‘ons’ te wil oordeel,of te kritiseer, wat nié jammer voel vir ñ misdadiger,wat al HERHAALDELIK dié ONWETTIGE SPOEDRESIES DOEN EN DANKBAAR
IS, SÝ GEJAAG OP PUBLIEKE PAAIE IS NOU GESTUIT,voordat hý ONS lewens neem…!!!!

Heksie ·

buiten die feit dat hy sy bene kwyt is, hoop mens net hy aanvaar sy omstandighede … sonder bene …
Duur les wat hy geleer het, en waaruit baie mense kan leer

Just a Thought ·

Remember this day he will.
All of us have made mistakes in our life and some of us came out with no harm on the other side. Are We Lucky… Maybe I don’t know. Where we protected… I don’t know.
God gave us all the power to make choices, sometimes we make the wrong ones and in a split second everything can change for good or for bad. But everything in life happens for a reason, what the reason is at that stage we might not immediately know. But in every mistake we make or success we reach there is a lesson, and I can assure you this man has a lesson to learn or he has already, what comes from the choice he made to turn right and not left, only he will have control over what comes next.
But we as commentators should remember that we all are not the same and we all don’t see things, do or handle things in the same way. So yes our opinions will all differ some might feel sympathy and some not. But the most important thing we must remember is that we are not God and therefore we can not judge this man or his circumstances neither his choices. We can wonder and speculate because we are human and that is what we do. But never judge and wish misfortune onto others. This world is cruel enough.

Johan H. ·

Bele in n goeie klavier, Jys jonk,jy kan nog hoe, hoogtes beryk,moet netnie jammer raak vir jouself nie, Groete

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.