‘Stráf hulle’, sê Cele oor polisiemoordenaars

(Argieffoto: SA Polisie)

Die minister van polisie, Bheki Cele, het sy vroeëre oproep vir swaarder strawwer herhaal vir diegene wat polisiebeamptes aanval en vermoor.

Sy oproep kom nadat die polisie in die Wes-Kaap verskeie verdagtes aangekeer het wat volgens ondersoekers die moorde op twee Kraaifonteinse polisiebeamptes sal help oplos.

Sers. Mnakwazo Mdoko (46) en konst. Mninawa Breakfast (28) is Sondag in die vroeë oggendure tydens ʼn patrollie in Bloekombos in ʼn lokval gelei en doodgeskiet. Hul dienspistole is gebuit.

ʼn 32-jarige man het reeds in die hof verskyn in verband met die aanval en bly tot sy volgende hofverskyning in aanhouding.

Donderdagaand het ʼn intelligensiegedrewe operasie gelei tot die inhegtenisneming van nege verdagtes in Khayelitsha wat met ongelisensieerde vuurwapens betrap is, sê Lirandzu Themba, Cele se woordvoerder.

Twee van dié wapens behoort aan die vermoorde polisielede.

Cele het die polisie vir die jongste deurbraak geloof.

“Dit is die gevolg van gesamentlike pogings deur die Valke, die misdaadintelligensie-eenheid, die blitspatrollie en die taktiese reaksiespan wat nou vrugte afwerp. Ek voel bemoedig deurdat die polisie in die provinsie die taak om die polisiemoordenaars te vind, lewend of dood, uitgevoer het,” het die minister gesê.

Cele sê die klopjag beteken daar is nou boonop minder onwettige vuurwapens in Kaapstad se strate.

Altesame sewe polisiebeamptes is die afgelope 15 dae landwyd vermoor.

Cele het ʼn beroep op mense gedoen om saam met die polisie te werk en inligting te verskaf oor diegene wat misdade teen hulle én die polisie pleeg, sodat die boosdoeners voor stok gekry kan word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Boerkind ·

Swaarder straf vir polisiemoorde – regso, maar wat van plaasmoorde – wat van ALLE moorde?? Bring die doodstraf terug!!

Anel ·

En wat van die wat die wat gewone burgers, kinders en boere vermoor? Moet alle moordenaars nie dieselfde gestraf word nie? Hoe kan hy besluit wie se lewe is belangriker? Almal se lewens is ewe belangrik!!!

Chris ·

Mense wat gevang word vir moord op enige onskuldige persoon of verkragtings moet, soos in die Bybelse tyd in die openbaar tereggestel word. Laat die publiek hul stenig. As ‘n burger nie die land se wette gehoorsaam nie, moet hulle wat dit wel doen, die teregstelling behartig. Dit klink wreed, maar gaan baie probleme in ons lieflike land oplos.

marius ·

Hang alle moordenaars in die strate op . Korrupte belasting diewe , dwelmhandelaars , verkragters , perlemoen en renoster stropers ook . Binne ‘n week stop al die gemors . Dis afrika se regstelsel .

Eltan ·

Julle wat so gou skree bring die doodstraf terug…weet julle wat julle vra huh..?
Doodstraf as afskrik middel stem ek 100% saam mee..MAAR NIE ONDER DIE HUIDIGE ONVERANDWOORDELIKE REGERING NIE!

jzjz05 ·

Doodstraf is al straf wat moordenaars in hul spore sal stuit. Dit is al straf wat vir die mense sal help.Groot strawe by die hollyday inn sal nie werk nie

jacques ·

Cat in the Hat se uitsprake is net so entertaining en lagwekkend soos Peter de Villiers.

Casper ·

Nee oom met die hoed gee hulle medajes want hulle regeer die land.Hoekom vaar jy nie so uit teen plaasmoorde nie.’n Man wat deur vier rowers aangeval word skiet drie dood toe word hy gearresteer en toegesluit ten spyte van die feit dat hy steekwonde aan sy kop en nek opgedoen het.

Karel Kobus Kruger ·

Dis maklik om n groot deel van moorde op polisie te stop. Bly weg van gevaarlike misdadigers. Vang eerder mense wat die aandklokreël oortree en nie maskers dra nie. Baaaanja veiliger.

gatgogga ·

Cele, gaan smeek by jou vriend Malema. Dis Malema wat oorlog verklaar het teen die polisie.

Hennie J ·

Ek veroordeel moord op polisie, moord op landbouers, moord op vroue, ja moord in die algemeen. Nou skree die nar met die hoed uit volle bors dat sekere moorde erger is as ander moorde en swaarder strawwe moet he. Dis nou die simpelste ding wat hy en enige ander minister seker nog kwytgeraak het en is alles te wyte aan die piesangregering se onwilligheid en gebrek aan kundigheid/onvermoe om wetteloosheid behoorlik en ewewigtig vas te vat en om die polisiemag vir eens en altyd te stroop van misdadigers.

Persheks Adri ·

Cele jy moet by kom en gou ook, maar ek hou nie asem op nie. Jy kan nie eers na ons kyk nie so ons sal onsself verdedig! Jou polisie mag is 99% verrot en hulle lewens is beslis nie meer werd as ons s’n nie! Jy’s ‘n pateet van ‘n voorbeeld pffft tsssk net. Wat van ons blankes wat so vermoor word huh?

Ann ·

Dis ‘n grap.
Polisiemoordenaars: “Stràf hulle.”
Enige ander moord: “Lòs hulle.”

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.