Studentehulpskema gaan amper R2 miljard afskryf

Voornemende studente in Limpopo wag om hul aansoeke vir finansiering vir die 2020-studiejaar in. (Foto: NSFAS/ Facebook)

Die nasionale studente hulpfondsskema (NSFAS) is tans besig om R1,9 miljard se historiese skuld af te skryf.  Só het dr.  Blade Nzimande, minister van hoër onderwys, wetenskap en tegnologie, Woensdag in antwoord op ʼn parlementêre vraag van die DA gesê.

Die DA vra nou dat die minister sê watter kriteria is gebruik om die skuld af te skryf en wie die koste van hierdie afgeskryfde skuld gaan dra.

“Indien die afskryf van slegte skuld bloot gebaseer is op vorige begunstigdes wat nie hul lenings afbetaal het nie, lê die blaam by NSFAS wat nie skuld behoorlik ingevorder het nie en voormalige begunstigdes wat nie betaal het nie,” sê prof. Belinda Bozzoli, die DA se skaduminister vir hoër onderwys.  Bozzoli sê die DA ondersteun die afskryf van skuld van huidige begunstigdes wat nie die skuld kan afbetaal nie omdat hulle nog studeer.  “Ons kan dit egter nie goedkeur indien die fonds die skuld van voormalige studente afskryf wat in ʼn posisie is om hul skuld te vereffen, maar dit bloot nie wíl vereffen nie.”

Sy het daarop gewys dat NSFAS nog nooit goed was daarmee om geld wat aan hom geskuld word, in te vorder nie.  “Belowende studente kry nie toegang tot hoër onderwys nie omdat individue wat ʼn goeie werk en inkomste het, nie gedwing word om te betaal nie,” sê Bozzoli.

Wat die tweede kwessie betref, het Bozzoli gevra of universiteite ook gedwing sal word om studenteskuld af te betaal.  “Indien wel, kan dit onbekostigbaar wees vir baie universiteite wat tans self finansieel sukkel.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Victor71 ·

As hulle die geld gaan afskryf dan behoord ek as n belastings betaller my geld ook kan avskryf vir my kinders se studnete koste wat se die regering hier oor??

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.