Die Vredefortkoepel is nie meer die grootste bevestigde impakkrater ter wêreld nie, nadat ’n nog groter impakkrater in Australië ontdek is.
Die Vredefortkoepel is 298 kilometer in deursnee, ’n raps groter as die Sundburykrater in Kanada wat 250 kilometer in deursnee is.
Die Australiese krater is sowat 416 kilometer in deursnee. Die impakkrater, sowat 700 kilometer noord van Adelaide, is reeds verlede jaar ontdek, maar sy grootte is toe op sowat 200 kilometer in deursnee geraam. Verdere ondersoeke het pas aan die lig gebring dat die nuwe krater uit twee dele bestaan, elk met ’n deursnee van sowat 200 kilometer. Die wetenskaplikes vermoed die asteroïed wat meer as 300 miljoen jaar gelede daar in die aarde vasgevlieg het, het oomblikke voor die impak in twee dele verdeel. Elke deel was vermoedelik meer as 10 kilometer in deursnee.
Daar is op die oppervlak van die aarde egter geen teken van die krater nie, wat weens tydsverloop nou sowat 200 kilometer ondergronds is. Die omgewing staan as die Cooper Basin bekend.
Die spore van die krater is ontdek toe ontledings gedoen is van rots wat tydens geotermiese toetse diep uit die aarde gehaal is. Glasagtige vervormings het verklap dat dit eens aan groot hitte blootgestel was.
Die Vredefortkoepel is na raming twee miljard jaar gelede gevorm. Hoewel die krater self lank reeds weggeërodeer het, kan die oorblyfsels van die gesmelte rotsmassa wat in die krater teruggestoot het nog op die oppervlak gesien word.
The Telegraph, The Guardian.
Dis die Sudbury-krater in Kanada, nie “Sundbury” nie.
Die Cooper-krater(s) kan nie 200km diep wees nie. Die aarde se kors is hoogstens 50km dik en daaronder is vloeibare magma.
Herman, na aanleiding van Paul se kommentaar – kan ons dalk bietjie meer duidelikheid kry? Is dit of is dit nou nie?
Die berig sê nie dis die diepte van die krater nie, maar die deursnee. Die tweede verwysing na 200 kilometer ondergronds was ‘n glips – moet 2 kilometer wees. Jammer, syfers is nie my ding nie, en hier werk mens met groot getalle. Nogmaals jammer.
Dankie Herman
Hehe Gelukig sal n mens nie eens weet wat jou tref as so iets op jou kop val nie.
Dis nou die impakkrater. Wat van persone wat kraters van hulself maak hier ter plaatse. Ek dink byvoorbeeld aan . . .