Swaar straf moet dronk bestuurders afskrik

Patrick Kennedy en Ursula Kors buite die hof nadat die beskuldigde gevonnis is. (Foto: Maroela Media)

Ruan Coen (26) en Jessika Kennedy (25), wie se lewe jare gelede deur ʼn dronk bestuurder geëis is, se geliefdes sê dronkbestuur kan in ʼn volslae epidemie verander indien daar nie sterk standpunt daarteen ingeneem word nie.

Daarom was hulle aangenaam verras deur die strawwe vonnis wat die landdros Donderdag vir Andrew Kagiso Malele opgelê het vir die dood van die jong verloofdes. Hy sal nou agt jaar tronkstraf moet uitdien, nadat hy vroeër vanjaar skuld beken het.

Landdros Kallie Bosch het tydens die vonnisoplegging gesê die straf sal dien as ʼn waarskuwing vir enigiemand wat dronk, roekeloos of nalatig bestuur dat hulle “swaar gestraf sal word”.

Coen se ma, Ursula Kors, meen die vonnis is verteenwoordigend van soveel meer as net die berusting wat dit veronderstel is om aan haar eie en Kennedy se familie te bring.

“Dit gaan nie oor wraak neem of die speelveld gelyk maak nie, dit gaan daaroor dat standpunt ingeneem is oor dronkbestuur. Daar is soveel mense daar buite wat dieselfde pad as ons gaan stap as niks aan dronkbestuur gedoen word nie,” sê sy.

Patrick, Kennedy se broer, deel Kors se standpunt hieroor en meen die feit dat die saak ʼn groter en belangriker boodskap verkondig, bring vertroosting.

“Dit is goed dat die landdros ʼn strawwer vonnis opgelê het en ʼn sterk standpunt hieroor ingeneem het,” sê hy.

Albei gesinne was aanvanklik verbaas oor Malele se straf, aangesien beskuldigdes wat teregstaan op aanklag van strafbare manslag dikwels ʼn opgeskorte vonnis kry.

“Ons het nie geweet wat om te verwag nie, maar ons het beslis nie die vonnis verwag wat eindelik opgelê is nie. Ons is gelukkig daaroor, maar geen soort vonnis kan ooit terugbring wat ons verloor het nie,” het Kors gesê.

Volgens Patrick het al die betrokkenes by die saak ʼn emosionele pad parallel aan die regsproses gestap.

“Ek dink nie ons óf hy gaan heeltemal vrede vind nie, maar hopelik sal die mede-onrus nou end kry.”

Patrick het Donderdag nadat die hof vir die laaste keer in hierdie saak verdaag het, Malele se huilende tannie genader en omhels. Dié tannie het glo ʼn hand daarin gehad om Malele groot te maak en die twee het skynbaar vir mekaar ook om verskoning gevra en vertroos.

Patrick het ʼn doelbewuste besluit geneem om te vergewe. Kyk hier wat hy daaroor te sê het nadat hy Malele se huilende tannie buite die hof genader en omhels het:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

KatjieDeKat ·

Lees ek nou reg? Agt jaar is n strawwe vonnis? REGTIG??????

Waarnemer ·

Agt jaar!En dit nadat hy 2 jongmense se dood veroorsaak het!In die ou SA sou die wetter gehang het…..sjoe wat n strawwe vonnis!

T-Man ·

Dit is waar straf te lig want gaan seker oor 2 jaar uitkom op parool… maar met terloops die ou regering het nie mense gehang vir strafbare manslag nie, net moord…

Fran ·

Ek weet nie waar kom hulle daaraan dat 8 jaar ‘n strawwe vonnis is nie??? Op watter planeet bly julle??? Moet seker dankbaar wees vir 8 jaar want volgens radioberigte (Pretoria FM) sou die skuim losgekom het as dit nie was vir Afriforum wat die dossier wat weggeraak het opgespoor het en aangekle het. Dit was nie die swak NPA wat so wonderlik is nie. Siek, siek land.

Oljetter ·

‘n Afgesette prokureur kry 10 jaar vir die verduistering van R900 000.00. Twee lewens kos 8 jaar. Dit maak perfekte sin.

Snuffelgids ·

Julle moet onthou, hy hoef net n sesde van die 8 jaar te sit…Dan kry hy parool. En dit vir 2 mense se lewens? Nee wat, my familie is baie meer kosbaar as dit…ek sou omgekrap gewees het oor die vonnis

Snuffelgids ·

Nee ongelukkig nie, korrektiewe dienste het wel n sê of perool toegestaan moet word…en jy weet hoe kyk hulle na sake, daar is n dubbel standaard, ongelukkig.

Harley Davidson ·

Nee Piet ek kan sien jy is ingelig oor die gevangenis

Pietertjie ·

Ná 18 maande is hy uit op borg. En in dié agtien maande hoef hy nie te werk of vir enige dienste te betaal nie.

Casper ·

Agt jaar? dis ‘n grap. Dit is moord en om net iemand raak te ry of n ongeluk te veroorsaak, is poging tot moord. dronk bestuurders moet besef dat hulle verander hulle voertuie in ‘n baie gevaarlike wapen.

Nicholaas ·

So dan is dit maklik, as ek nie van iemand hou gaan ek drink en hom doodry, 8 jaar is baie beter as 25 jaar oftewel lewenslank vir moord, want dan is die klag mos dronk bestuur.

Jean ·

Wie kry 25 jaar vir moord in die land? Die regters gee minder as dit.

Marianna ·

Agt jaar!!! Twee jong mense is dood! Hy moes lewenslank kry. Wat gaan aan met ons regsstelsel? Of is dit maar net weer dis twee wit mense wie se lewens deur ‘n swart man geeis is. Hoeveel van die 8 jaar gaan hy sit? Dalk 2. En watse boodskap stuur dit uit?

Johann ·

Swaar straf? Watse swaar straf? 4 jaar per lewe? En dan gaan die moordenaar se lewe gerieflik aan in n tronk waar hy kan slaap en vreet en kuier en met sy LEWE aangaan!

Groen-oog ·

8 jaar vir 2 Onskuldige mense se DOOD deur n swaap wat suip en bestuur.

ERMELO man wat PER ONGELUK 2 raak gery het sal seker LEWENSLANK kry. Want party word ammmper gestraf vir ERNSTIGE dade maar ander word ERNSTIG gestraf vir n eerlike ongeluk. Eerlik in die sin van dis nie n beplande of moedswillige ongeluk nie.

Karinda ·

Belaglik, hy vermoor 2 mense en kry 8 jaar se gratis kos, opleiding en verblyf! Hoe is dit regverdig?

Karinda ·

Transito rowers 30jaar tronk toe, moordenaar van 2 jongmense 8 jaar tronk toe, iets maak nie sin nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.